- Die vierde toets tussen Suid-Afrika en Australië loop vandag op die Wanderers in Johannesburg ten einde. Die Proteas staan op die drumpel van ʼn reeks-oorwinning. Die Proteas het hul tweede beurt op 134/3 hervat en uiteindelik gesluit verklaar op 344/6. Dit het aan Australië ʼn massiewe teiken van 612 lopies gestel om die wedstryd te wen. Teen uitskeityd op dag vier was Australië op 88/3. Dit is nog 524 lopies kort van hul teiken met net sewe paaltjies staande.
- Die tweede T20-wedstryd tussen Pakistan en die Wes-Indiese Eilande is gister in Karachi gespeel.
Pakistan 205/3 (20 bb)
West Indies 123 (19.2/20 bb)
Pakistan het met 82 lopies gewen.
- Die Rajasthan Royals het die Suid-Afrikaanse paaltjiewagter, Heinrich Klaasen, as plaasvervanger vir Steve Smith aangewys vir die 2018-uitgawe van die Indiese Premierliga (IPL).
Spele-nuus
- Die Statebondspele begin môre aan die Australiese Gouekus met die openingseremonie. Suid-Afrika sal onder meer verteenwoordig word in atletiek, rolbal, boks, fietsry, hokkie, 7’s-rugby, swem en netbal. Die spele duur tot 15 April.
Superrugby
- Ses wedstryde is die afgelope naweek gespeel. Net twee Suid-Afrikaanse spanne het hul wedstryde gewen.
1 | Lions | 8 – 14 | Crusaders | Emirates Park | |
31 | Bulls | 33 – 23 | Stormers | Loftus Versfeld | |
31 | Brumbies | 17 – 24 | Waratahs | GIO Stadion | |
31 | Blues | 40 – 63 | Sharks | Eden Park | |
30 | Rebels | 19 – 50 | Hurricanes | AAMI Park | |
30 | Chiefs | 27 – 22 | Highlanders | Waikato |
Varsitybeker
- Die twee halfeindstryde is gister afgehandel en die Pukke en Maties is deur na die eindstryd.
FNB Maties | 65 – 18 | FNB Wits | Danie Craven Stadion |
FNB NWU | 60 – 31 | FNB UJ | Fanie du Toit Sportgronde |
Gholf
- In die Amerikaanse PGA is die Houston Ope in Texas afgehandel.
Pos | Speler | Tel | Put | Dag | Rnd1 | Rnd2 | Rnd3 | Rnd4 | Tot |
1 | Ian Poulter | -19 | F | -5 | 73 | 64 | 65 | 67 | 269 |
2 | Beau Hossler | -19 | F | -5 | 65 | 68 | 69 | 67 | 269 |
3 | Jordan Spieth | -16 | F | -6 | 68 | 67 | 71 | 66 | 272 |
Emiliano Grillo | -16 | F | -4 | 69 | 68 | 67 | 68 | 272 | |
5 | Sam Ryder | -15 | F | -4 | 66 | 68 | 71 | 68 | 273 |
6 | Henrik Stenson | -14 | F | -3 | 68 | 68 | 69 | 69 | 274 |
Keith Mitchell | -14 | F | -3 | 67 | 71 | 67 | 69 | 274 |
- Die eerste major van die jaar, die Amerikaanse Meesters, word dié week op Augusta afgehandel.
Tennis
- By die Miami Ope het John Isner met die titel weggestap. Isner het Alexander Zverev met 6-7, 6-4 en 6-4 in die eindstryd geklop.
In die Vroue-afdeling het Sloane Stephens met Jelena Ostapenko afgereken en met 7-6 en 6-1 geseëvier om die titel in te palm.
Op die jongste wêreldranglys is Rafael Nadal terug in die eerste plek.
Pos | Verandering | Speler | Punte |
1 | 1 | Rafael Nadal | 8770 |
2 | -1 | Roger Federer | 8670 |
3 | 0 | Marin Cilic | 4985 |
4 | 1 | Alexander Zverev | 4925 |
5 | -1 | Grigor Dimitrov | 4635 |
6 | 0 | Juan Martin Del Potro | 4470 |
7 | 0 | Dominic Thiem | 3665 |
8 | 0 | Kevin Anderson | 3390 |
9 | 8 | John Isner | 3125 |
10 | -1 | David Goffin | 3110 |
Sokker
- Die kwarteindwedstryde van die Nedbank-uitdaagreeks is die naweek gespeel.
Kaizer Chiefs 1 – 0 Baroka FC
Maritzburg United 2 – 1 Bloemfontein Celtic
Ubuntu Cape Town (2) 1 – 1 (4) Free State Stars
Cape Town City FC 1 – 2 Mamelodi Sundowns