Vandag se sportnuus

Krieket

  • Die vierde toets tussen Suid-Afrika en Australië loop vandag op die Wanderers in Johannesburg ten einde. Die Proteas staan op die drumpel van ʼn reeks-oorwinning. Die Proteas het hul tweede beurt op 134/3 hervat en uiteindelik gesluit verklaar op 344/6. Dit het aan Australië ʼn massiewe teiken van 612 lopies gestel om die wedstryd te wen. Teen uitskeityd op dag vier was Australië op 88/3. Dit is nog 524 lopies kort van hul teiken met net sewe paaltjies staande.
  • Die tweede T20-wedstryd tussen Pakistan en die Wes-Indiese Eilande is gister in Karachi gespeel.

Pakistan         205/3 (20 bb)
West Indies     123 (19.2/20 bb)

Pakistan het met 82 lopies gewen.

  • Die Rajasthan Royals het die Suid-Afrikaanse paaltjiewagter, Heinrich Klaasen, as plaasvervanger vir Steve Smith aangewys vir die 2018-uitgawe van die Indiese Premierliga (IPL).

Spele-nuus

  • Die Statebondspele begin môre aan die Australiese Gouekus met die openingseremonie. Suid-Afrika sal onder meer verteenwoordig word in atletiek, rolbal, boks, fietsry, hokkie, 7’s-rugby, swem en netbal. Die spele duur tot 15 April. 

Superrugby  

  • Ses wedstryde is die afgelope naweek gespeel. Net twee Suid-Afrikaanse spanne het hul wedstryde gewen.
1Lions8 – 14CrusadersEmirates Park
31Bulls33 – 23StormersLoftus Versfeld
31Brumbies17 – 24WaratahsGIO Stadion
31Blues40 – 63SharksEden Park
30Rebels19 – 50HurricanesAAMI Park
30Chiefs27 – 22HighlandersWaikato

Varsitybeker

  • Die twee halfeindstryde is gister afgehandel en die Pukke en Maties is deur na die eindstryd.
FNB Maties65 – 18FNB WitsDanie Craven Stadion
FNB NWU60 – 31FNB UJFanie du Toit Sportgronde

Gholf

  • In die Amerikaanse PGA is die Houston Ope in Texas afgehandel.
PosSpelerTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Ian Poulter-19F-573646567269
2Beau Hossler-19F-565686967269
3Jordan Spieth-16F-668677166272
Emiliano Grillo-16F-469686768272
5Sam Ryder-15F-466687168273
6Henrik Stenson-14F-368686969274
Keith Mitchell-14F-367716769274
  • Die eerste major van die jaar, die Amerikaanse Meesters, word dié week op Augusta afgehandel. 

Tennis

  • By die Miami Ope het John Isner met die titel weggestap. Isner het Alexander Zverev met 6-7, 6-4 en 6-4 in die eindstryd geklop.

In die Vroue-afdeling het Sloane Stephens met Jelena Ostapenko afgereken en met 7-6 en 6-1 geseëvier om die titel in te palm.

Op die jongste wêreldranglys is Rafael Nadal terug in die eerste plek.

PosVeranderingSpelerPunte
11Rafael Nadal8770
2-1Roger Federer8670
30Marin Cilic4985
41Alexander Zverev4925
5-1Grigor Dimitrov4635
60Juan Martin Del Potro4470
70Dominic Thiem3665
80Kevin Anderson3390
98John Isner3125
10-1David Goffin3110

Sokker

  • Die kwarteindwedstryde van die Nedbank-uitdaagreeks is die naweek gespeel.

Kaizer Chiefs                         1 – 0                Baroka FC
Maritzburg United                  2 – 1                Bloemfontein Celtic
Ubuntu Cape Town          (2) 1 – 1 (4)           Free State Stars
Cape Town City FC               1 – 2                Mamelodi Sundowns

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.