- Die 21ste Statebondspele se openingsgeleentheid vind vandag plaas en die spele duur tot Sondag 15 April. Die spele word elke vier jaar aangebied met nagenoeg 6 000 deelnemers van 71 lande wat in 18 sportsoorte en sewe para-sportkodes sake uitspook. Daar word verwag dat 1,5 miljard mense wêreldwyd die spele op televisie sal volg. Suid-Afrika se eerste wedstryde vir die mans- en vrouehokkiespanne is môre (5 April).
Gholf
- Die eerste groot toernooi van die jaar, die Amerikaanse Meesters, begin vandag op Augusta met die syfer drie- kompetisie wat gespeel word.
Die hooftoernooi begin môre.
Tiger Woods is weer een van die groot trekpleisters maar die spelers wat op hul stukke is, is Justin Thomas, Justin Rose en Rory McIlroy. Daar is net 87 spelers in vanjaar se veld wat die kleinste is sedert 1997.
Vyf Suid-Afrikaners sal hul stokke op Augusta swaai: Dylan Frittelli, Branden Grace, Trevor Immelman, Louis Oosthuizen en Charl Schwartzel.
Krieket
- Die vierde toets tussen Suid-Afrika en Australië het vroeg op dag vyf in ʼn reuse-oorwinning vir die Proteas geëindig. Australië het ʼn massiewe teiken van 612 lopies gejaag en het die dag op 88/3 begin. Suid-Afrika het hulle egter vir net 119 lopies uitgeboul en ʼn oorwinning van 492 lopies behaal (die grootste sedert 1934). Dit was Suid-Afrika se eerste reeksoorwinning oor Australië sedert 1970 en wen die reeks gemaklik met 3-1. Vernon Philander was die speler van die wedstryd en het amok gemaak met 6 paaltjies vir slegs 21 lopies.
- Die tweede toets tussen Nieu-Seeland en Engeland het onbeslis geëindig.
Engeland 307 & 352/9 verklaar
Nieu-Seeland 278 & 256/8 (124.4 bb, die teiken was 382)
Superrugby
- Op die jongste punteleer is die Rebels die voorlopers.
Pos | Span | G | W | Ge | V | Pv | Pt | Pver | Pte |
1 | Rebels | 6 | 4 | 0 | 2 | 207 | 161 | 46 | 20 |
2 | Lions | 7 | 4 | 0 | 3 | 240 | 220 | 20 | 20 |
3 | Hurricanes | 5 | 4 | 0 | 1 | 161 | 80 | 81 | 19 |
4 | Crusaders | 6 | 4 | 0 | 2 | 173 | 127 | 46 | 19 |
5 | Chiefs | 5 | 4 | 0 | 1 | 179 | 126 | 53 | 17 |
6 | Waratahs | 5 | 3 | 1 | 1 | 161 | 133 | 28 | 14 |
7 | Highlanders | 5 | 3 | 0 | 2 | 133 | 122 | 11 | 14 |
8 | Reds | 5 | 3 | 0 | 2 | 94 | 101 | -7 | 13 |
9 | Stormers | 7 | 3 | 0 | 4 | 183 | 204 | -21 | 13 |
10 | Sharks | 6 | 2 | 1 | 3 | 187 | 182 | 5 | 13 |
11 | Brumbies | 5 | 2 | 0 | 3 | 93 | 117 | -24 | 9 |
12 | Bulls | 6 | 2 | 0 | 4 | 145 | 185 | -40 | 9 |
13 | Jaguares | 6 | 2 | 0 | 4 | 150 | 190 | -40 | 8 |
14 | Blues | 5 | 1 | 0 | 4 | 153 | 203 | -50 | 6 |
15 | Sunwolves | 5 | 0 | 0 | 5 | 112 | 220 | -108 | 2 |
Intussen het die Lions bekendgemaak dat hulle die dienste van die voormalige Stormers-skrumskakel, Nic Groom, bekom het.
Sewesrugby
- Die Hongkong-sewestoernooi word komende naweek gespeel as deel van die wêreldreeks. Suid-Afrika speel in Groep C. Ons eerste wedstryd is Vrydag om 13:10 teen Suid-Korea, dan Saterdag teen Skotland om 06:22 en teen Engeland om 10:24.
Varsitybeker
- Die eindstryd tussen Maties en die Pukke word Maandag 16 April op Stellenbosch gespeel.
Sokker
- Twee wedstryde is gisteraand in die Eufa-kampioeneliga gespeel.
Sevilla 1 – 2 Bayern München
Juventus 0 – 3 Real Madrid
Vanaand om 20:45 speel Barcelona teen Roma en Liverpool teen Manchester City.
- In die Absa-premierliga is daar ook gisteraand twee wedstryde gespeel.
Bidvest Wits 2 – 1 Maritzburg United
AmaZulu FC 2 – 1 Ajax Cape Town