Vandag se sportnuus

Spelenuus

  • Die 21ste Statebondspele het gister op luisterryke wyse met die openingseremonie afgeskop. Die deelnemers uit 71 lande het vandag begin meeding in 18 sportsoorte. Daar is vandag reeds 19 goue medaljes op die spel. Suid-Afrikaners is vandag in aksie in swem, fietsry, driekamp, rolbal, pluimbal asook hokkie. 

Gholf

  • Die Amerikaanse Meesters se pretgevulde syferdriekompetisie is gister gespeel. Die drie veterane het die horlosie teruggedraai en uitstekend gevaar. Tom Watson het die oudste speler (68) nog geword om die kompetisie te wen. Hy was op -6. Jack Nicklaus het op -4 gesamentlik vierde geëindig terwyl die 82-jarige Gary Player onder die top-10 spelers was op -2.

Die hooftoernooi begin vandag om 14:30 op Augusta met 87 spelers wat mekaar die stryd aansê om die gesogte groen baadjie. Dylan Frittelli is die eerste Suid-Afrikaner wat sal afslaan en hy is om 15:03 op die bof. Van die driebalgroeperings lyk só: Branden Grace speel saam met Zack Johnson en Martin Kaymer (16:31). Charl Schwartzel sal saam met Webb Simpson en Yuxin Lin uitstap (18:54). Louis Oosthuizen sal op sy beurt saam met Alex Norén en Jordan Spieth speel (19:49). 

Motorwedrenne

  • Die tweede wedren in die Formule Een-kampioenskapsreeks word komende naweek in Bahrein aangebied. Die eerste wedren in Melbourne is deur Ferrari oorheers. Sebastian Vettel en Kimi Raikkonen het eerste en derde geëindig om die jaar op ʼn hoë noot af te skop. Net sewe sekondes het die topvier motors geskei terwyl 15 van die 20 motors wat weggespring het, die wedren voltooi het.

Die oefenrondes vir die Bahrein Grand Prix begin môre terwyl die kwalifisering vir die wegspringrooster Saterdag afgehandel word. Die hoofwedren word Sondag gejaag. 

Superrugby

  • Ses wedstryde word die naweek gespeel. Die Sharks het ʼn onveranderde span aangewys vir môre se kragmeting teen die Hurricanes.
6HurricanesvSharksMcLean Park09:35
7SunwolvesvWaratahsPrince Chichibu Memorial Stadion07:15
7ChiefsvBluesFMG Stadium Waikato09:35
7BrumbiesvRedsGIO Stadion11:45
7LionsvStormersEmirates Airlines Park17:15
7JaguaresvCrusadersEstadio Jose Amalfitani23:40

Pro14

  • In die Pro14-reeks word daar die naweek sewe wedstryde gespeel.
6EdinburghvUlsterMyreside20:35
6OspreysvConnachtLiberty Stadion20:35
7LeinstervZebreRDS Arena15:00
7CheetahsvCardiff BluesToyota Stadion15:00
7ScarletsvGlasgow WarriorsParc Y Scarlets17:15
7BenettonvNewport Gwent DragonsStadio Comunale di Monigo18:00
7KingsvMunsterOuteniqua Park, George19:35

Sewesrugby

  • Die Hongkong-toernooi word die naweek gespeel en Suid-Afrika se “B-span” sal in aksie wees. Die topspelers is natuurlik in Australië vir die Statebondspele. Die Blitsbokke is tans die voorlopers op die punteleer in die wêreldreeks. Ons eerste wedstryd is môre om 13:10 teen Suid-Korea. Saterdag speel ons teen Skotland om 06:22 en teen Engeland om 10:24.

Sokker

  • Twee eerstebeen-kwarteindstryde is gisteraand in die Eufa-kampioeneliga

Barcelona     4-1      Roma
Liverpool       3-0      Manchester City

  • In die plaaslike Premierliga is daar gisteraand ses wedstryde gespeel.

Cape Town City FC            0-0      Golden Arrows
Platinum Stars         0-0      Baroka FC
Polokwane City       1-0      SuperSport United
Free State Stars       0-1      Kaizer Chiefs
Sundowns                2-0      Chippa United
Orlando Pirates       2-1      Bloemfontein Celtic

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.