Vandag se sportnuus

Spelenuus

  • Span Suid-Afrika se eerste goue medalje by die 21ste Statebondspele is op dag een deur Henri Schoeman verower.
    • Schoeman het in die driekamp-kompetisie met goud weggestap. Richard Murray was sesde.
    • In pluimbal het Australië vir Suid-Afrika met 5-0 in die gemengdeparekompetisie geklop.
    • Suid-Afrika se vrouehokkiespan is met 2-0 deur Engeland getroef terwyl Skotland ons manspan met 4-2 geklop het.
    • Colleen Piketh het ʼn goeie oorwinning op die rolbalbaan behaal deur Catherine Beattie (NIR) met 21-13 te klop. Die mans het hul parewedstryd teen Wallis gewen, maar vasgeval in die driespel.
    • In die swembad het Chad le Clos en Ryan Coetzee albei vir die eindstryd van die 50 m-borsslag gekwalifiseer. 

Engeland het vyf goue medaljes op dag een gebuit.

LandGoudSilwerBronsTotaal
Engeland5117
Australië2439
Kanada1236
Indië1102
Maleisië1001
Bermuda1001
7. Suid-Afrika 1001

Span Suid-Afrika is vandag in aksie in pluimbal, fietsry, swem, boks, netbal en rolbal. 

Gholf

  • Die Amerikaanse Meesters se eerste ronde is afgehandel en sal onthou word vir die verdedigende kampioen, Sergio Garcia, wat 13 houe op die syfer vyf se vyftiende putjie aangeteken het. Hy was vyf keer in die water op hierdie putjie en het die eerste ronde op +9 afgesluit.

Die voorloper is Jordan Spieth wat vyf agtereenvolgende voëltjies op die tweede nege behaal het.

PosSpelerTelRnd 1Rnd 2Rnd 3Rnd 4Tot
1Jordan Spieth-66666
2Tony Finau-46868
Matt Kuchar-46868
4Hao Tong Li-36969
Rory McIlroy-36969
Rafael Cabrera-Bello-36969
Henrik Stenson-36969
16Louis Oosthuizen-17171
21Charl SchwartzelE7272
29Branden Grace+17373
Tiger Woods+17373

Motorwedrenne

  • Die Bahrein Formule Een Grand Prix word Sondag gejaag. Die oefenrondes vir die wedren begin vandag terwyl die kwalifisering vir die wegspringrooster môre afgehandel word. 

Superrugby  

  • Die bepalings vir die naweek lyk só:
6HurricanesvSharksMcLean Park09:35
7SunwolvesvWaratahsPrince Chichibu Memorial Stadion07:15
7ChiefsvBluesFMG Stadion Waikato09:35
7BrumbiesvRedsGIO Stadion11:45
7LionsvStormersEmirates Airlines Park17:15
7JaguaresvCrusadersEstadio Jose Amalfitani23:40

Pro14

In die Pro14-reeks word die naweek sewe wedstryde gespeel.

6EdinburghvUlsterMyreside20:35
6OspreysvConnachtLiberty Stadion20:35
7LeinstervZebreRDS Arena15:00
7CheetahsvCardiff BluesToyota Stadion15:00
7ScarletsvGlasgow WarriorsParc Y Scarlets17:15
7BenettonvNewport Gwent DragonsStadio Comunale di Monigo18:00
7KingsvMunsterOuteniqua Park, George19:35

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke speel vanmiddag in Groep C by die Hongkong-toernooi om 13:10 teen Suid-Korea. Môre speel ons teen Skotland om 06:22 en teen Engeland om 10:24 om die groepfase af te sluit.

Die samestellings van die ander groepe is:

A: Nieu-Seeland, Fidji, Samoa, Rusland
B: Kenia, Australië, Spanje, Kanada
D: Argentinië, VSA, Wallis, Frankryk

Junior rugby

  • Die Junior Springbok-oefengroep trek Maandag op Stellenbosch saam vir die vierde oefenkamp met die oog op Wêreldrugby se o.20-kampioenskap wat in Mei afskop. Die span sal twee opwarmingswedstryde teen Georgië speel voordat die toernooi op 30 Mei begin. 

Krieket

  • Die 2018- Indiese Premierliga begin môre wanneer die eerste wedstryd in Mumbai gespeel word. Die toernooi loop op 27 Mei ten einde.
7Mumbai IndiansvChennai Super KingsMumbai16:30
8Delhi DaredevilsvKings XI PunjabDelhi12:30
8Kolkata Knight RidersvRoyal Challengers BangaloreKolkata16:30
9Sunrisers HyderabadvRajasthan RoyalsHyderabad16:30
  • Intussen is daar bekend gemaak dat die snelbouler van die Proteas, Kagiso Rabada, vir drie maande op die kantlyn sal wees weens ʼn laerugbesering. 

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga lyk die punteleer só:
PosSpanPWGVDvDtDverPte
1Mamelodi Sundowns24144639201946
2Orlando Pirates25129433231045
3Kaizer Chiefs2591242115639
4Maritzburg United25108730171338
5Free State Stars2510782424037
6Cape Town City FC25105102323035

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.