Vandag se sportnuus

Gholf

  • Die Amerikaanse Meesters is afgehandel en die groen baadjie is vir die eerste keer deur Patrick Reed gewen. Reed het die dag met ʼn drie houe voorsprong begin en het uiteindelik met net een hou oor Rickie Fowler geseëvier.
PosSpelerTel PutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Patrick Reed-15F-169666771273
2Rickie Fowler-14F-570726567274
3Jordan Spieth-13F-866747164275
4Jon Rahm-11F-375686569277
5Cameron Smith-9F-671727066279
Bubba Watson-9F-373696869279
Henrik Stenson-9F-269707070279
Rory McIlroy-9F+269716574279
12Louis Oosthuizen-6F-371717169282
24Branden Grace-1F-573737467287
32Tiger Woods+1F-373757269289

Spele-nuus

  • By die 21ste Statebondspele het Suid-Afrika sy aantal medaljes opgestoot na nege.
    • Chad le Clos het gister ’n silwer medalje los geswem in die 100 m vryslag. Saterdag het Le Clos goud gewen in die 200 m vlinderslag terwyl Cameron van der Burgh brons in die 100 m borsslag gewen het. Tatjana Schoenmaker het met goud weggestap in die 200 m borsslag.
    • Op die rolbalbaan het Colleen Piketh die brons medalje in die enkelspel vir vroue gewen.
    • Intussen het Henricho Bruintjies (10.26) en Akani Simbine (10.12) vir die eindstryd van die 100 m gekwalifiseer.

Australië is die voorlopers op die medaljeleer met 84 medaljes.

LandGoudSilwerBronsTotaal
Australië31252884
Engeland1919947
Kanada7151032
Indië72312
Skotland671023
Nieu-Seeland47617
7. Suid-Afrika4149

Motorwedrenne

Die tweede wedren in die Formule Een-kampioenskapsreeks is gister in Bahrein afgehandel en Sebastian Vettel (Ferrari) het van die begin tot die einde voor gejaag en hy het die wedren net-net voor die neus van Valterri Bottas (Mercedes) weggeraap. Lewis Hamilton in die was derde in die ander Mercedes. 

Superrugby  

  • Die uitslae van die naweek lyk só:
7Jaguares14 – 40CrusadersEstadio Jose Amalfitani
7Lions52 – 31StormersEmirates Airlines Park
7Brumbies45 – 21RedsGIO Stadium
7Chiefs21 – 19BluesFMG Stadium Waikato
7Sunwolves29 – 50WaratahsPrince Chichibu Stadium
6Hurricanes38 – 37SharksMcLean Park

Pro14

  • In die Pro14-reeks was twee Suid-Afrikaanse spanne in aksie.
7Kings22 – 39MunsterOuteniqua Park, George
7Cheetahs29 – 27Cardiff BluesToyota-stadion
7Benetton29 – 27Newport DragonsStadio Comunale di Monigo
7Scarlets26 – 8Glasgow WarriorsParc Y Scarlets
7Leinster41 – 6ZebreRDS Arena
6Ospreys39 – 10ConnachtLiberty-stadion
6Edinburgh20 – 32UlsterMyreside

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke was die naweek in die Hongkong-toernooi in aksie en die jong span het uitstekend gevaar en derde geëindig om hul voorsprong op die punteleer te behou. Die Blitsbokke het Suid-Korea, Skotland en Engeland in die groepfase geklop. In die kwarteind het Suid-Afrika vir Spanje met 38-5 afgeransel. In die halfeind het die Blitsbokke byna die onmoontlike vermag en Fidji het hulle net-net met 26-24 geklop. In die uitspeel om die derde posisie het Suid-Afrika vir Nieu-Seeland met 29-7 afgestof. Fidji het die toernooi vir die vierde keer in ʼn ry gewen toe hulle Kenia in die eindstryd met 24-12 geklop het.

Krieket

  • Twee wedstryde is gister in die Indiese Premierliga gespeel.
8Kolkata Knight RidersvRoyal Challengers BangaloreKolkata wen met 4 paaltjies
8Kings XI PunjabvDelhi DaredevilsPunjab wen met 6 paaltjies

Vandag:

9Sunrisers HyderabadvRajasthan RoyalsHyderabad16:30

Sokker 

  • In die Engelse Premierliga Man United Saterdag vir Man City met 3-2 geklop. Gister was daar twee wedstryde.

Chelsea        1 – 1    West Ham United
Arsenal          3 – 2    Southampton

  • In die plaaslike Premierliga is twee wedstryde gister gespeel.

Bloemfontein Celtic            1 – 1    AmaZulu FC
Baroka FC                1 – 2    Mamelodi Sundowns

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.