Vandag se sportnuus

Spelenuus

  • By die 21ste Statebondspele in Australië het span Suid-Afrika Dinsdag nog drie medaljes bymekaar gemaak.

Op die atletiekbaan het Caster Semenya puik gehardloop en die goue medalje in die 1 500 m in ʼn nuwe byeenkomsrekordtyd van 4:00.71 sekondes verower. Dit verbeter ook Zola Budd se Suid-Afrikaanse rekord van 1984.

In die swembad het Suid-Afrika die Spele met 12 medaljes afgesluit. Brad Tandy het silwer in die 50 m-vryslag (21.81) gewen. Chad le Clos het sy 17de Spelemedalje van sy loopbaan verower toe die Suid-Afrikaanse 4×100 m-wisselslagspan met die brons medalje beloon is.

  • Suid-Afrika is tans vyfde op die medaljeleer.
LandGoudSilwerBronsTotaal
Australië503842130
Engeland24292174
Indië114621
Nieu-Seeland910726
Suid-Afrika 96621
Kanada8211544
Wallis78722
Skotland6101228
  • Vandag is alle oë op die verspring vir mans waar Ruswahl Samaai en Luvo Manyonga goud gaan jaag. 

Gholf

  • Dié week val die kollig in die Europese Reeks op die Spaanse Ope in Madrid. 
  • In Amerika slaan die spelers môre af in die RBC Heritage in Hilton Head.

Motorwedrenne

  • Die Chinese Formule Een Grand Prix word komende Sondag gejaag. Die wedren sal op die Sjanghai- internasionale baan afgehandel word.
  • In die MOTO GP-reeks is Cal Crutchlow ná twee wedrenne die voorloper.
PosRenjaerSpanPte
1Cal CrutchlowLCR Honda38
2Andrea DoviziosoDucati35
3Johann ZarcoTech 328
4Maverick VinalesYamaha21
5Marc MarquezRepsol Honda20

Superrugby

  • Net twee Suid-Afrikaanse spanne is die naweek in aksie. Die Sharks en die Bulls pak mekaar Saterdag om 17:15 in Durban. 
  • Die Lions het goeie nuus gekry voor hul oorsese toer van vier weke. Warren Whiteley, Rohan Janse van Rensburg, Ross Cronje en die jong vleuel Aphiwe Dyantyi het almal van hul beserings herstel en sal saam na Australasië toer. 

Pro14

  • In die Pro14-reeks speel die Cheetahs Vrydag en die Kings Saterdag hul onderskeie wedstryde.
13CheetahsvMunsterToyota Stadion19:35
14KingsvCardiff BluesNelson Mandela Bay Stadion19:35

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke sal die naweek by die Statebondspele in aksie wees. Suid-Afrika verdedig sy goue medalje wat hy in 2014 in Glasgow gewen het.

Krieket

  • Een wedstryd is gisteraand in die Indiese Premierliga

Die Chennai Super Kings klop die Kolkata Knight Riders met vyf paaltjies met net een bal oor. 

Vandag word daar een wedstryd gespeel.

11Rajasthan RoyalsvDelhi DaredevilsJaipur16:30
12Sunrisers HyderabadvMumbai IndiansHyderabad16:30
13Challengers BangalorevKings XI PunjabBangalore16:30
  • Intussen het die Graafskapspan, Surrey, bekend gemaak dat Morne Morkel ʼn tweejaarkontrak met hulle geteken het. 

Sokker

  • Twee wedstryde is gister in Eufa se kampioeneliga gespeel. Dit was albei tweedebeen-halfeindstryde. Roma het ʼn 4-1-agterstand van die eerste been uitgewis met ʼn 3-0-oorwinning oor Barcelona en hulle verseker sy plek in die halfeind. Liverpool het ʼn wegoorwinning van 2-1 oor Man City behaal en ook sy plek in die halfeind bespreek met ʼn saamgestelde telling van 5-1.

Vanaand word die ander twee halfeindstryde gespeel.

Bayern MünchenvSevillaAllianz-Arena20:45
Real MadridvJuventusEstadio Santiago Bernabéu20:45
  • In die plaaslike Premierliga word daar vanaand twee wedstryde afgehandel.
SuperSport UnitedvOrlando PiratesMbombela Stadion19:30
Ajax Cape TownvBidvest WitsAthlone Stadion19:30

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nic ·

Pieter, hierdie inligting is presies wat ek wil weet. kan ons asb elke week so uiteensetting kry. Dankie.

Pieter ·

Vandag se Sportnuus is elke weeksoggend nuut en vars op Maroela.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.