Vandag se sportnuus

Spelenuus

  • By die Statebondspele in Australië het Suid-Afrika Woensdag nog vyf medaljes gewen.
    • Suid-Afrika se mans-verspringers Luvo Manyonga en Ruswahl Samaai, het goud en brons in die verspring gewen. Manyonga het ʼn nuwe Spele-rekord van 8,41 m opgestel en Samaai het die brons medalje gewen met ʼn sprong van 8,22 m.
    • Die 35-jarige Sunette Viljoen het ʼn brons medalje met ʼn afstand van 62,08 meter in die spiesgooi
    • Die rolbalspelers Nozipho Schroeder en Flippie Walker het in die gemengde B2/B3 pare-kompetisie silwer verower nadat hulle in die eindstryd teen Australië met 12-9 verloor het.
    • Reinhardt Hamman het ʼn brons medalje in die mans F38 gewigstoot-kompetisie gewen met ʼn afstand van 13,15 m.
  • Suid-Afrika het gister na die vierde plek op die medaljeleer opgeskuif. 
LandGoudSilwerBronsTotaal
Australië574345145
Engeland25302176
Indië124824
Suid-Afrika 107926
Nieu-Seeland910827
Kanada8221747
Skotland7111432
Wallis78722
  • In die 200 m halfeind het Clarence Munyai en Ananso Jobodwana gister albei vir die finaal gekwalifiseer. Ná die wedloop is Jobodwana egter die voorreg ontneem om in die finaal te hardloop omdat hy aanvanklik vroeg weggespring het in die halfeind. Die finaal word vandag om 13:56 gehardloop. Wenda Nel sal ook haar staal in die 400 m hekkies toon.

Gholf

  • Dié week val die kollig in die Europese Reeks op die Spaanse Ope in Madrid. Van die Suid-Afrikaners wat deelneem sluit in George Coetzee, Brandon Stone en Dean Burmester.
  • In Amerika slaan die spelers vandag af in die RBC Heritage in Hilton Head.

Charl Schwartzel en Dylan Frittelli sal ook hul staal toon.

Motorwedrenne

  • Die Chinese Formule Een Grand Prix word komende Sondag gejaag. Lewis Hamilton (Mercedes) sal alles in sy vermoë doen om Sebastian Vettel (Ferrari) daarvan te weerhou dat hy ʼn driekuns van oorwinnings behaal. Vettel het die eerste twee wedrenne gewen. Hamilton het egter die Chinese Grand Prix al vyf keer ingepalm.

Rugby

  • Die nuwe Bokafrigter, Rassie Erasmus, het gesê hy is tevrede met die tweede Bok-oefenkamp wat gister in Vanderbijlpark ten einde geloop het. Die derde kamp begin op 22 April in Durban.

Superrugby  

  • Die naweek se wedstryde begin reeds môre:
13HurricanesvChiefsWestpac-stadion09:35
14SunwolvesvBluesPrince Chichibu-gedenkstadion05:05
14RebelsvJaguaresAAMI Park07:15
14HighlandersvBrumbiesForsyth Barr-stadion09:35
14WaratahsvRedsSydney-krieketterrein11:45
14SharksvBullsJonsson Kings Park-stadion17:15

 Pro14

  • In die Pro14-reeks speel die Cheetahs reeds môre hul wedstryd.
13CheetahsvMunsterToyota-stadion19:35
14KingsvCardiff BluesNelson Mandelabaai-stadion19:35

Sewesrugby

  • Suid-Afrika se mans- en vrouespanne sal dié naweek op die Statebondspele in aksie wees. Suid-Afrika se vrouespan se eerste twee wedstryde is môre teen Kanada en Nieu-Seeland. Die Blitsbokke sal Saterdag hul eerste drie wedstryde speel.

Krieket

  • Een wedstryd is gisteraand in die Indiese Premierliga
Rajasthan RoyalsvDelhi DaredevilsRajasthan wen met 10 lopies (D/L metode)

Vandag word daar een wedstryd gespeel.

 
12Sunrisers HyderabadvMumbai IndiansHyderabad16:30
13Challengers BangalorevKings XI PunjabBangalore16:30

Sokker

  • Twee tweedebeen-kwarteindstryde is gister in Eufa se kampioeneliga gespeel.

Real Madrid (Kwalifiseer vir die halfeind)                      1 – 3    Juventus

Bayern München (Kwalifiseer vir die halfeind)  0 – 0    Sevilla

  • Roma en Liverpool het reeds na die halfeind deurgedring.
  • In die plaaslike Premierliga is daar gisteraand twee wedstryde afgehandel.

Ajax Cape Town      1 – 0    Bidvest Wits

SuperSport United  0 – 0    Orlando Pirates

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.