Vandag se sportnuus

sportnuus-attooh
Gholf

In die Europese Reeks is die Wêreld Super 6-kompetisie in Perth afgehandel.

sport1

In die Amerikaanse PGA-reeks is die Genesis Ope in Kalifornië voltooi.

sport2
Op George in die Suid-Kaap het die Dimention Data Pro-Am gister op Fancourt ten einde geloop.

sport3

Vrouegholf 

Die Dimension Data-toernooi by die Sonskynreeks vir Vroue is ook voltooi.

sport4

Internasionale krieket

Die Proteas het die eerste Eendagwedstryd van die reeks teen Nieu-Seeland gister in Hamilton gewen. Die wedstryd was beperk tot 34 boulbeurte weens reën.

Nieu-Seeland 207/7 (34 bb)

Suid-Afrika 210/6 (33.5/bb ov)

SA wen met 4 paaltjies (met 1 bal oor).

Quinton de Kock is as speler van die wedstryd aangewys vir 69 lopies van 64 balle. Met die oorwinning het die Proteas hulle rekord van 12 agtereenvolgende oorwinnings geëwenaar. Die tweede wedstryd in die reeks word Woensdag gespeel.

Gister is die tweede Eendagkragmeting tussen Afghanistan en Zimbabwe in Harare gespeel.

Afghanistan 238/9 (50 bb)

Zimbabwe 184 (42.1/bb ov)

Afghanistan wen met 54 lopies.

Australië en Sri Lanka het mekaar getakel in hul tweede T20-wedstryd.

Australië 173 (20 bb)

Sri Lanka 176/8 (20 bb)

Sri Lanka wen met 2 paaltjies.

Vrouekrieket

In Colombo het Suid-Afrika se Vroue vir die Wêreldbeker vir later vanjaar in Groot-Brittanje gekwalifiseer toe hulle Sri Lanka geklop het.

Plaaslike krieket

In die Momentum-eendagreeks is drie wedstryde die naweek gespeel:

 

sport6

Rugby

Die voormalige Wallaby-slot Dan Vickerman is onverwags op die ouderdom van 37 jaar oorlede. Vickerman het 63 toetse vir sy land gespeel.

Kanovaart

Die 65ste Dusi-kanomarathon het die naweek ten einde geloop.

 sport5

Sokker

Gister se Engelse FA-bekeruitslae lyk so:

Blackburn Rovers    1 – 2    Manchester United

Fulham                      0 – 3    Tottenham Hotspur

Vandag speel Sutton United teen Arsenal.

In die Plaaslike Premierliga is daar gister een wedstryd gespeel:

Bloemfontein Celtic 2 – 0    Chippa United

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.