Vandag se sportnuus

Spelenuus

  • Die 21ste Statebondspele het Sondag aan die Goue-kus van Australië ten einde geloop en Suid-Afrika het algeheel sesde op die medaljeleer geëindig. Suid-Afrika was in een stadium selfs vierde, maar het stoom verloor oor die laaste twee dae.

Die grootste teleurstelling was in die sewesrugby waar die Blitsbokke in die uitspeel om die brons medalje ʼn voorsprong van 14-0 verspeel het en die knie gebuig het voor Engeland. Engeland het met 21-14 gewen. Nieu-Seeland het vir Fidji in die eindstryd met 14-0 geklop om goud te wen en ook by Suid-Afrika verby te skuif op die medaljeleer.

In 2014 was Suid-Afrika sewende op die medaljeleer. Vanjaar eindig ons sesde uit 71 deelnemende lande.

LandGoudSilwerBronsTotaal
Australië805959198
Engeland454546136
Indië26202066
Kanada15402782
Nieu-Seeland15161546
Suid-Afrika 13111337
Wallis10121436
Skotland9132244

Oorhoofs gesien het Suid-Afrika puik gevaar in die swembad met 12 medaljes (6-3-3) en op die atletiekbaan het ons 14 medaljes verower (5-4-5).

Motorwedrenne

  • Die Chinese Formule Een Grand Prix is gister gejaag en Red Bull het al die aandag getrek. Die wedren is deur Red Bull se Daniel Ricciardo gewen met Valterie Bottas (Mercedes) tweede, Kimi Raikkonen (Ferrari) was derde met Lewis Hamilton (Mercedes) vierde en Max Verstappen in die ander Red Bull vyfde.

Sebastian Vettel (Ferrari) kon nie ʼn driekuns van oorwinnings behaal nie en moes tevrede wees met die agste plek. 

Superrugby 

  • Die naweek se uitslae lyk só:
14Sharks10 – 40BullsJonsson Kings Park-stadion
14Waratahs37 – 16RedsSydney-krieketterrein
14Highlanders43 – 17BrumbiesForsyth Barr-stadion
14Rebels22 – 25JaguaresAAMI Park
14Sunwolves10 – 24BluesPrince Chichibu-stadion
13Hurricanes25 – 13ChiefsWestpac-stadion

Pro14

  • SA Rugby se Jurie Roux en Rassie Erasmus is in die raad van die Pro14-reeks opgeneem. 
    • Die Cheetahs en Kings was die naweek in aksie.
14Kings12 – 45Cardiff BluesNelson Mandelabaai
13Cheetahs17 – 19MunsterToyota Stadion
13Edinburgh52 – 14ScarletsMyreside
13Glasgow Warriors35 – 22ConnachtScotstoun Stadion
13Leinster15 – 17BenettonRDS Arena
13Ulster8 – 0OspreysKingspan Stadion
13Zebre34 – 32Newport Gwent DragonsStadio Lanfranchi

Varsitybeker

  • Die eindstryd van vanjaar se kompetisie word vanaand tussen Maties en die Pukke gespeel. Die wedstryd vind om 19:00 op die Danie Craven Stadion plaas. 

Gholf

  • Die Spaanse Ope is in Madrid afgehandel.
PosSpelerTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Jon Rahm-20F-567686667268
2Paul Dunne-18F-166656871270
3Nacho Elvira-17F-168666671271
4George Coetzee-16F-972667163272
5Brett Rumford-15F-168666871273
Marc Warren-15F-366696969273
Jorge Campillo-15F-370676769273
Henric Sturehed-15FE67686672273
9Jacques Kruyswijk-14F-369706669274
  • In Amerika is die RBC Heritage Classic in Hilton Head afgehandel.
PosSpelerTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Satoshi Kodaira-12F-573637066272
2Si Woo Kim-12FE68656871272
3Bryson DeChambeau-11F-568647566273
Luke List-11F+170646772273
5Webb Simpson-10F-369686968274
Billy Horschel-10F+166696772274
23Tyrone Van Aswegen-6F-173696670278
Rory Sabbatini-6F+364707074278

Krieket

  • Twee wedstryde is gister in die Indiese Premierliga afgehandel.
15Kings XI PunjabvChennai Super KingsT20Punjab wen met 4 lopies
15Royal Challengers BangalorevRajasthan RoyalsT20Bangalore wen met 19 lopies

Vandag word daar een wedstryd gespeel.

16Kolkata Knight RidersvDelhi DaredevilsKolkata16:30
17Mumbai IndiansvRoyal Challengers BangaloreMumbai16:30
18Rajasthan RoyalsvKolkata Knight RidersJaipur16:30
19Kings XI PunjabvSunrisers HyderabadIndore16:30
20Chennai Super KingsvRajasthan RoyalsChennai16:30

Sokker

  • In die Engelse Premierliga het Man City verseker dat hulle die kampioene gaan wees nadat Man United gister verloor het.

Manchester United 0 – 1    West Bromwich Albion

Newcastle United    2 – 1    Arsenal

  • In die plaaslike Premierliga is daar gister vier wedstryde gespeel.

Chippa United         1 – 1    Ajax Cape Town
Baroka FC                0 – 2    Maritzburg United
Kaizer Chiefs                       1 – 0    Platinum Stars
AmaZulu FC            1 – 2    Orlando Pirates

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.