- Die 21ste Statebondspele het Sondag aan die Goue-kus van Australië ten einde geloop en Suid-Afrika het algeheel sesde op die medaljeleer geëindig. Suid-Afrika was in een stadium selfs vierde, maar het stoom verloor oor die laaste twee dae.
Die grootste teleurstelling was in die sewesrugby waar die Blitsbokke in die uitspeel om die brons medalje ʼn voorsprong van 14-0 verspeel het en die knie gebuig het voor Engeland. Engeland het met 21-14 gewen. Nieu-Seeland het vir Fidji in die eindstryd met 14-0 geklop om goud te wen en ook by Suid-Afrika verby te skuif op die medaljeleer.
In 2014 was Suid-Afrika sewende op die medaljeleer. Vanjaar eindig ons sesde uit 71 deelnemende lande.
Land | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
Australië | 80 | 59 | 59 | 198 |
Engeland | 45 | 45 | 46 | 136 |
Indië | 26 | 20 | 20 | 66 |
Kanada | 15 | 40 | 27 | 82 |
Nieu-Seeland | 15 | 16 | 15 | 46 |
Suid-Afrika | 13 | 11 | 13 | 37 |
Wallis | 10 | 12 | 14 | 36 |
Skotland | 9 | 13 | 22 | 44 |
Oorhoofs gesien het Suid-Afrika puik gevaar in die swembad met 12 medaljes (6-3-3) en op die atletiekbaan het ons 14 medaljes verower (5-4-5).
Motorwedrenne
- Die Chinese Formule Een Grand Prix is gister gejaag en Red Bull het al die aandag getrek. Die wedren is deur Red Bull se Daniel Ricciardo gewen met Valterie Bottas (Mercedes) tweede, Kimi Raikkonen (Ferrari) was derde met Lewis Hamilton (Mercedes) vierde en Max Verstappen in die ander Red Bull vyfde.
Sebastian Vettel (Ferrari) kon nie ʼn driekuns van oorwinnings behaal nie en moes tevrede wees met die agste plek.
Superrugby
- Die naweek se uitslae lyk só:
14 | Sharks | 10 – 40 | Bulls | Jonsson Kings Park-stadion |
14 | Waratahs | 37 – 16 | Reds | Sydney-krieketterrein |
14 | Highlanders | 43 – 17 | Brumbies | Forsyth Barr-stadion |
14 | Rebels | 22 – 25 | Jaguares | AAMI Park |
14 | Sunwolves | 10 – 24 | Blues | Prince Chichibu-stadion |
13 | Hurricanes | 25 – 13 | Chiefs | Westpac-stadion |
Pro14
- SA Rugby se Jurie Roux en Rassie Erasmus is in die raad van die Pro14-reeks opgeneem.
- Die Cheetahs en Kings was die naweek in aksie.
14 | Kings | 12 – 45 | Cardiff Blues | Nelson Mandelabaai |
13 | Cheetahs | 17 – 19 | Munster | Toyota Stadion |
13 | Edinburgh | 52 – 14 | Scarlets | Myreside |
13 | Glasgow Warriors | 35 – 22 | Connacht | Scotstoun Stadion |
13 | Leinster | 15 – 17 | Benetton | RDS Arena |
13 | Ulster | 8 – 0 | Ospreys | Kingspan Stadion |
13 | Zebre | 34 – 32 | Newport Gwent Dragons | Stadio Lanfranchi |
Varsitybeker
- Die eindstryd van vanjaar se kompetisie word vanaand tussen Maties en die Pukke gespeel. Die wedstryd vind om 19:00 op die Danie Craven Stadion plaas.
Gholf
- Die Spaanse Ope is in Madrid afgehandel.
Pos | Speler | Tel | Put | Dag | Rnd1 | Rnd2 | Rnd3 | Rnd4 | Tot |
1 | Jon Rahm | -20 | F | -5 | 67 | 68 | 66 | 67 | 268 |
2 | Paul Dunne | -18 | F | -1 | 66 | 65 | 68 | 71 | 270 |
3 | Nacho Elvira | -17 | F | -1 | 68 | 66 | 66 | 71 | 271 |
4 | George Coetzee | -16 | F | -9 | 72 | 66 | 71 | 63 | 272 |
5 | Brett Rumford | -15 | F | -1 | 68 | 66 | 68 | 71 | 273 |
Marc Warren | -15 | F | -3 | 66 | 69 | 69 | 69 | 273 | |
Jorge Campillo | -15 | F | -3 | 70 | 67 | 67 | 69 | 273 | |
Henric Sturehed | -15 | F | E | 67 | 68 | 66 | 72 | 273 | |
9 | Jacques Kruyswijk | -14 | F | -3 | 69 | 70 | 66 | 69 | 274 |
- In Amerika is die RBC Heritage Classic in Hilton Head afgehandel.
Pos | Speler | Tel | Put | Dag | Rnd1 | Rnd2 | Rnd3 | Rnd4 | Tot |
1 | Satoshi Kodaira | -12 | F | -5 | 73 | 63 | 70 | 66 | 272 |
2 | Si Woo Kim | -12 | F | E | 68 | 65 | 68 | 71 | 272 |
3 | Bryson DeChambeau | -11 | F | -5 | 68 | 64 | 75 | 66 | 273 |
Luke List | -11 | F | +1 | 70 | 64 | 67 | 72 | 273 | |
5 | Webb Simpson | -10 | F | -3 | 69 | 68 | 69 | 68 | 274 |
Billy Horschel | -10 | F | +1 | 66 | 69 | 67 | 72 | 274 | |
23 | Tyrone Van Aswegen | -6 | F | -1 | 73 | 69 | 66 | 70 | 278 |
Rory Sabbatini | -6 | F | +3 | 64 | 70 | 70 | 74 | 278 |
Krieket
- Twee wedstryde is gister in die Indiese Premierliga afgehandel.
15 | Kings XI Punjab | v | Chennai Super Kings | T20 | Punjab wen met 4 lopies |
15 | Royal Challengers Bangalore | v | Rajasthan Royals | T20 | Bangalore wen met 19 lopies |
Vandag word daar een wedstryd gespeel.
16 | Kolkata Knight Riders | v | Delhi Daredevils | Kolkata | 16:30 |
17 | Mumbai Indians | v | Royal Challengers Bangalore | Mumbai | 16:30 |
18 | Rajasthan Royals | v | Kolkata Knight Riders | Jaipur | 16:30 |
19 | Kings XI Punjab | v | Sunrisers Hyderabad | Indore | 16:30 |
20 | Chennai Super Kings | v | Rajasthan Royals | Chennai | 16:30 |
Sokker
- In die Engelse Premierliga het Man City verseker dat hulle die kampioene gaan wees nadat Man United gister verloor het.
Manchester United 0 – 1 West Bromwich Albion
Newcastle United 2 – 1 Arsenal
- In die plaaslike Premierliga is daar gister vier wedstryde gespeel.
Chippa United 1 – 1 Ajax Cape Town
Baroka FC 0 – 2 Maritzburg United
Kaizer Chiefs 1 – 0 Platinum Stars
AmaZulu FC 1 – 2 Orlando Pirates