Vandag se sportnuus

Rugby

  • Vyftien Sharks is uitgenooi om die derde Springbokoefenkamp by te woon. Dit sluit spelers in soos Robert du Preez, Thomas du Toit en Akker van der Merwe. Die kamp word van 22 tot 25 April in Durban aangebied. 

Superrugby

  • Die Lions het op hul oorsese toer na Australasië vertrek en speel reeds komende Vrydag teen die Waratahs. Hul kaptein, Warren Whiteley, kon nie sy fiksheidstoets slaag nie en sal saam met Aphiwe Dyantyi en die skrumskakel Ross Cronje tuisbly. Dillon Smit sal Vrydag skrumskakel speel met Nic Groom op die bank.
  • Die Bulls speel die naweek teen die Rebels terwyl die Sharks en die Stormers swaarde sal kruis in Durban. 

Krieket

  • Colin Bland is die naweek in die ouderdom van 80 jaar aan kolonkanker oorlede. Bland het uitgeblink as veldwerker en met die kolf het hy ʼn gemiddeld van byna 50 lopies per beurt behaal in die 21 toetse wat hy vir Suid-Afrika tussen 1961 en 1966 gespeel het. Bland het in die era van Eddie Barlow, Denis Lindsay en Graeme Pollock gespeel.
  • Nic Pothas het sy kontrak as veldwerkafrigter van Sri Lanka se nasionale span laat vaar. Pothas wil meer tyd met sy jong gesin deurbring. 
  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga afgehandel.
17Mumbai IndiansvRoyal Challengers BangaloreMumbai wen met 46 lopies

Vandag word daar een wedstryd gespeel.

18Rajasthan RoyalsvKolkata Knight RidersJaipur16:30
19Kings XI PunjabvSunrisers HyderabadIndore16:30
20Chennai Super KingsvRajasthan RoyalsChennai16:30

Tennis

  • Dié week is die fokus op die Federasiebeker vir vroue.

Die naweek sal die twee halfeindstryde van die Wêreldgroep gespeel word. Duitsland speel op klei teen die Tsjeggiese Republiek in Stuttgart. Die VSA speel in ʼn wegwedstryd teen Frankryk in die ander halfeind.

Gister het Suid-Afrika vir Kenia met 3-0 geklop.

  • Enkelspel

Katie Poluta (RSA) klop Judith Muraa (KEN) 6-1 en 6-0

Chanel Simmonds (RSA) klop Angella Okutoyi (KEN) 6-2 en 6-2

  • Dubbelspel

Minette van Vreden / Madrie le Roux (RSA) klop Judith Muraa / Faith Nyabera Omurunga (KEN) 6-1 en 6-1

Vandag speel Suid-Afrika teen Finland.

  • By die Monte Carlo Meesters vir mans moes Dominic Thiem ʼn wedstrydpunt afweer om sy tweederondewedstryd teen Andrey Rublev te wen. Daar was ook oorwinnings vir (4) Gregor Dimitrov en (3) Andre Zverev. Die eerste gekeurde Rafael Nadal is vandag in aksie. 

Gholf

  • Dié week val die fokus in Europa op die Trophee Hassan II-toernooi in Marokko.
  • In Amerika slaan die spelers môre af by die Texas Ope in San Antonio.
  • In die Sonskynreeks swaai die spelers van môre af hul stokke in Harare, waar die Zimbabwe Ope gespeel word.

Motorwedrenne

  • Die derde Moto GP van die jaar word die naweek gejaag. Die Grand Prix van die Amerikas word Sondagaand Suid-Afrikaanse tyd afgehandel. Op die punteleer is die voorste twee jaers net drie punte uiteen.
PosRenjaerSpanPte
1Cal CrutchlowLCR Honda38
2Andrea DoviziosoDucati35
3Johann ZarcoTech 328
4Maverick VinalesYamaha21
5Marc MarquezRepsol Honda20

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is gisteraand een wedstryd afgehandel.

Brighton & Hove Albion     1-1      Tottenham Hotspur

  • In die plaaslike Premierliga is een wedstryd gisteraand gespeel.

Mamelodi Sundowns         1-0      Golden Arrows

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.