Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Cheetahs-stut, Ox Nche, is ook uitgenooi na die laaste Springbok-belyningskamp wat Sondag in Durban begin. Hy sal hom by 15 spelers van die Sharks aansluit vir die kamp. 

Superrugby

  • Die Waratahs het een verandering aan hul span gemaak vir die wedstryd teen die Lions. Tom Staniforth sal slot speel saam met Rob Simmons.
  • Kom ons loer na die naweek se bepalings.
20BluesvHighlandersEden Park09:35
20WaratahsvLionsAllianz Stadion11:45
21CrusadersvSunwolvesAMI Stadion09:35
21RedsvChiefsSuncorp Stadion11:45
21BullsvRebelsLoftus Versfeld15:05
21SharksvStormersJonsson Kings Park Stadion17:15
22BrumbiesvJaguaresGIO Stadion08:05

Krieket

  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga Die Kolkata Knight Riders is nou die voorlopers op die punteleer.
18Rajasthan RoyalsvKolkata Knight RidersT20Kolkata wen met 7 paaltjies

Vandag word daar een wedstryd gespeel.

19Kings XI PunjabvSunrisers HyderabadIndore16:30
20Chennai Super KingsvRajasthan RoyalsChennai16:30

Tennis

  • In die Federasiebeker vir vroue word die twee halfeindstryde van die Wêreldgroep die naweek gespeel. Duitsland speel op klei teen die Tsjeggiese Republiek in Stuttgart. Die VSA speel in ʼn wegwedstryd teen Frankryk in die ander halfeind.

Gister het Suid-Afrika teen Finland gespeel en met 2-1 geseëvier.

  • Enkelspel

Katie Poluta (RSA) verloor teen Piia Suomalainen (FIN) 7-6(4) 0-6 en 3-6.

Chanel Simmonds (RSA) klop Mia Eklund (FIN) 6-0, 5-7 en 6-1.

  • Dubbelspel

Madrie le Roux / Chanel Simmonds (RSA) klop Mia Eklund / Emma Laine (FIN) 6-3 en 7-6(4).

Vandag speel Suid-Afrika in die uitspeelfase teen Malta.

  • By die Monte Carlo Meesters vir mans was daar oorwinnings vir (1) Rafael Nadal wat Bedene Aljaz met 6-1 en 6-3 afgeransel het. (2) Marin Čilić het Fernando Verdasco met 6-3 en 7-6 afgestof. Die negende gekeurde Novak Djokovic het Borna Ćorić met 7-6 en 7-5 geklop. 

Gholf

  • Vandag begin die Trophee Hassan II-toernooi in Marokko. Justin Walters en Eric van Rooyen is onder die Suid-Afrikaners wat in aksie sal wees. 
  • In Amerika sal Ernie Els en Retief Goosen later vandag afslaan in die Texas Ope in San Antonio. 
  • In Harare begin die Zimbabwe Ope ook vandag.

Moto GP

  • Die Grand Prix van die Amerikas word Sondagaand Suid-Afrikaanse tyd afgehandel. Die eerste oefenrondes word môre gejaag terwyl die kwalifisering vir die wegspringrooster Saterdag sal plaasvind. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is gisteraand een wedstryd afgehandel.

AFC Bournemouth 0-2      Manchester United

Vandag word daar twee wedstryde gespeel.

BurnleyvChelseaTurf Moor20:45
Leicester CityvSouthamptonKing Power Stadion20:45

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.