Vandag se sportnuus

Superrugby

  • Geskiedenis word môre gemaak wanner al drie die Du Preez-broers vir die Sharks in Durban uitdraf. Robert, Jean-Luc en Dan is almal in die beginspan van die Sharks vir hul wedstryd teen die Stormers. Cameron Wright sal skrumskakel speel vir die Sharks.
  • Vir die Stormers is Dewaldt Duvenage terug op skrumskakel terwyl Dillyn Leyds heelagter sal speel. Sikhumbuzo Notshe sal op agtsteman uitdraf.
  • Die Bulls het een noodgedwonge verandering gemaak vir hul kragmeting teen die Rebels. Hanro Liebenberg is beseer en Marco van Staden skuif nou na agsteman terwyl Roelof Smit terug is in die no. 6-trui.

Bepalings:

20BluesvHighlandersEden Park09:35
20WaratahsvLionsAllianz-stadion11:45
21CrusadersvSunwolvesAMI-stadion09:35
21RedsvChiefsSuncorp-stadion11:45
21BullsvRebelsLoftus Versfeld15:05
21SharksvStormersJonsson Kings Park17:15
22BrumbiesvJaguaresGIO-stadion08:05

Sewesrugby

  • Kyle Brown sal die Blitsbokke in Singapoer aanvoer wanneer die agtste toernooi van die wêreldreeks aanstaande week gespeel word. Suid-Afrika is ʼn skrale drie punte voor Fidji op die punteleer. Neil Powell het ses jong spelers ingesluit vir die toernooi. Hulle is Heino Bezuidenhout, Ryan Oosthuizen, Zain Davids, Selvyn Davids, Stedman Gans en Muller du Plessis. James Murphy is die reserwe. 

Krieket

  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga Chris Gayle het ʼn honderdtal gemoker.
19Kings XI PunjabvSunrisers HyderabadT20Punjab wen met 15 lopies

Vandag word daar een wedstryd gespeel.

20Chennai Super KingsvRajasthan RoyalsChennai16:30

Tennis

In die Federasiebeker vir vroue het Suid-Afrika gister teen Malta in die uitspeelfase gespeel en met 2-1 geseëvier. Met die oorwinning word Suid-Afrika gepromoveer na die Euro-Afrika sone twee.

  • Enkelspel

Katie Poluta (RSA) verloor teen Francesca Curmi (MLT) 1-6 en 0-6
Chanel Simmonds (RSA) klop Elaine Genovese (MLT) 6-1 en 7-6

  • Dubbelspel

Madrie le Roux / Chanel Simmonds (RSA) klop Francesca Curmi / Elaine Genovese (MLT) 6-1 en 6-1

Die twee halfeindwedstryde van die Wêreldgroep word dié naweek gespeel. Duitsland speel teen die Tsjeggiese Republiek terwyl Frankryk en die VSA kragte meet.

  • By die Monte-Carlo Meesters vir mans het die volgende spelers almal na die kwarteind deurgedring: (1) Rafael Nadal, (2) Marin Čilić, (4) Gregor Dimitrov asook (5) Dominique Thiem (klop vir Novak Djokovic in drie stelle). 

Gholf

  • Die toernooi om die Hassan II-trofee het gister in Marokko begin.
PosSpelerTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Alvaro Quiros-5F-56767
Bradley Dredge-5F-56767
3Lorenzo Gagli-4F-46868
Oliver Fisher-4F-46868
Joakim Lagergren-4F-46868
Erik van Rooyen-4F-46868
  • In die VSA is die eerste ronde van die Texas Ope in San Antonio voltooi.
PosSpelerTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Grayson Murray-5F-56767
2Chesson Hadley-4F-46868
Billy Horschel-4F-46868
Ryan Moore-4F-46868
Keegan Bradley-4F-46868
Matt Atkins-4F-46868
64Ernie Els+1F+17373
Retief Goosen+1F+17373
  • In Harare het die Zimbabwe Ope ook gister begin.
PosSpelerTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1JC Ritchie-6F-66666
2Martin Rohwer-5F-56767
Andrew Van der Knaap-5F-56767
Vaughn Groenewald-5F-56767
5Trevor Fisher Jnr-4F-46868
Alex Haindl-4F-46868
Jonathan Agren-4F-46868

Moto GP

  • Die Grand Prix van die Amerikas word Sondagaand Suid-Afrikaanse tyd afgehandel. Die sogenaamde COTA-baan spog met 20 draaie en volgens die renjaers bied dit min kans om werklik voluit te jaag. Tegnies gesproke is dit een van die moeilikste bane. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is daar gisteraand twee wedstryd afgehandel.

Leicester City           0 – 0    Southampton
Burnley                     1 – 2    Chelsea

  • Die halfeindwedstryde in die FA-beker word dié naweek gespeel.

Saterdag 21 April

Manchester UnitedvTottenham HotspurWembley-stadion18:15

Sondag 22 April

ChelseavSouthamptonWembley-stadion16:00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.