Vandag se sportnuus

Spelenuus

  • Suid-Afrika se medaljewenners, by die pas afgelope Statebondspele, is gister in Pretoria vereer. Die deelnemers en hul afrigters het ook finansiële aansporings vir hul prestasies ontvang. 

Superrugby

  • Die Lions is weer voor op die punteleer nadat hulle die Waratahs in Sydney geklop het.
PosSpanGWGeVPvPtPverPte
1Lions96033212517030
2Crusaders86022461529429
3Waratahs85122482074124
4Hurricanes76012241309427
5Chiefs86022491826726
6Highlanders75022101555524
7Rebels84042392142521
8Bulls8404213205819
9Sharks9315258277-1918
10Jaguares9405214272-5816
11Brumbies8305175206-3115
12Stormers9306231280-4914
13Reds8305143219-7613
14Blues8206212268-5612
15Sunwolves8008162327-1652
  • Pierre Schoeman van die Bulls is deur Sanzaar uitgewys dat hy blykbaar ʼn speler gebyt het in hul wedstryd die naweek teen die Rebels. Daar word gewag vir die uitslag van sy verhoor. Die Bulls het bekend gemaak dat Schoeman nie die komende naweek in die Bulls se span sal wees teen die Highlanders nie.

Sewesrugby

  • Die agtste toernooi van die wêreldreeks word komende naweek in Singapoer gespeel. Op die jongste punteleer is Suid-Afrika steeds eerste. 
  1. Suid-Afrika 126
  2. Fidji 123
  3. Nieu-Seeland 107
  4. Argentinië 90
  5. Australië 89 

Krieket

  • KSA het die program van die Proteas bekend gemaak vir die 2018-’19-seisoen.
    • Suid-Afrika sal van 30 September af teen Zimbabwe in drie T20- en Eendagwedstryde speel.
    • Pakistan kom toer in Desember tot Februarie vir drie toetse, vyf Eendagwedstryde en drie T20’s.
    • In Februarie en Maart toer Sri Lanka in Suid-Afrika vir twee toetse, vyf Eendagwedstryde en drie T20’s. 
  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga gespeel.
23Delhi DaredevilsvKings XI PunjabT20Punjab wen met 4 lopies

Vandag word daar een wedstryd afgehandel.

24Mumbai IndiansvSunrisers HyderabadMumbai16:30
25Royal Challengers BangalorevChennai Super KingsBangalore16:30
26Sunrisers HyderabadvKings XI PunjabHyderabad16:30
27Delhi DaredevilsvKolkata Knight RidersDelhi16:30
28Chennai Super KingsvMumbai IndiansPune16:30

Tennis

  • Die Federasiebeker se eindstryd tussen die Tsjeggiese Republiek en die VSA sal op 10 en 11 November gespeel word.
  • Die Monte Carlo Meesters vir mans is die naweek voltooi en die koning van die kleibaan, Rafael Nadal, is steeds eerste op die wêreldranglys. Suid-Afrika se Kevin Anderson beklee die agtste posisie.
PosBewegingSpelerPunte
10Rafael Nadal8770
20Roger Federer8670
31Alexander Zverev5195
4-1Marin Cilic4985
50Grigor Dimitrov4950
60Juan Martin Del Potro4470
70Dominic Thiem3775
80Kevin Anderson3390

Moto GP

  • Die Grand Prix van die Amerikas is Sondag afgehandel met Marc Marques wat vir ʼn sesde agtereenvolgende keer die wedren gewen het. Op die punteleer is Marquez nou net een punt agter Andrea Dovizioso.
PosRenjaerSpanTyd
1Andrea DoviziosoDucati46
2Marc MarquezRepsol Honda45
3Maverick VinalesYamaha41
4Cal CrutchlowLCR Honda38
5Johann ZarcoTech 338
6Andrea IannoneSuzuki31
7Valentino RossiYamaha29
8Jack MillerPramac26
9Tito RabatReale Avintia22
10Danilo PetrucciPramac21

In Moto2 is Suid-Afrika se Brad Binder nou agtste op die punteleer. In die Moto3-afdeling is Darryn Binder 22ste. 

Sokker

  • In Eufa se Kampioeneliga word die twee halfeindstryde die week gespeel.

Vanaand

LiverpoolvRomaAnfield20:45

Môre

Bayern MünchenvReal MadridAllianz-Arena20:45
  • In die Engelse Premierliga is daar gister een wedstryd gespeel.

Everton          1-0      Newcastle United

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Frans C ·

Die posisie wat die spanne beklee is mi misleidend omdat die aantal punte wat behaal is nie altyd aanduidend van ‘n span se sukses is nie.’n Kolom met wen persentasie sal meer insiggewend wees.
Die Lions se wen persentasie is 66.7 % (6 uit 9).Die Hurricanes wen 6 uit 7, ‘n wen persentasie van 85.7%. Die Crusaders en Chiefs se persentasie is 75%, met die Highlanders op 71.4%. Uit al die NZ-spanne is dit slegs die Blues wat ‘n baie swak % van 25% het.Die Waratahs het ondanks hul verloor nog steeds ‘n wen persentasie van 62.5%.

Persentasies is mi meer aanduidend van hoe goed of sleg ‘n span vaar.

Trotse LION ·

Frans C is seker ‘n Bloubul ondersteuner. Die dat hy glad nie eers hul prestasie wil aanwys nie, maar vinnig om vinger te wys na die Beste Span in Suid-Afrika!!! Word ‘n Leeu!!!

Neels ·

Frans , daar staan tog duidelik in die kolomme hoeveel wedstryde n span gespeel het en hoeveel hy gewen of verloor het. So ek glo nie iets daar is misleidend nie. Daarvolgens is dit maklik om sommetjies te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.