Vandag se sportnuus

Rugby

  • Bryan Habana het gister sy uittrede uit alle fasette van die spel aangekondig. Habana het 124 wedstryde vir die Bokke gespeel en hy hou die rekord met 67 drieë. 

Superrugby

  • Ses wedstryde word die naweek gespeel. Twee word Vrydag afgehandel en vier Saterdag.
27HurricanesvSunwolvesWestpac Stadion09:35
27StormersvRebelsDHL Newlands15:05
28RedsvLionsSuncorp Stadion07:05
28BluesvJaguaresEden Park09:35
28BrumbiesvCrusadersGIO Stadion11:45
28BullsvHighlandersLoftus Versfeld17:15
  • Pierre Schoeman van die Bulls is deur Sanzaar skuldig bevind dat hy ʼn speler van die Rebels die naweek tydens hul wedstryd gebyt het. Schoeman het skuld erken en hy is vir ses weke geskors. Hy sal tot en met 2 Junie langs die kantlyn deurbring.

Sewesrugby

  • Die agtste toernooi van die wêreldreeks word komende naweek in Singapoer gespeel. Die Blitsbokke is in Groep C ingedeel. In die groepfase speel hulle Saterdag teen Samoa, Kanada en Argentinië. 
  • Intussen is Rasta Rasivhenge en Ben Crouse ingesluit as skeidsregters vir die 2018 Rugbywêreldbeker vir sewes. Die toernooi vir mans en vroue word van 20 tot 22 Julie in San Francisco gespeel. 

Gholf

  • Op die jongste gholfranglys is Dustin Johnson steeds die voorste speler in die wêreld.
PosSpelerToernooie Punte
1Dustin Johnson459.6364
2Justin Thomas509.5191
3Jordan Spieth488.6279
4Jon Rahm468.6107
5Justin Rose457.4240
30Louis Oosthuizen433.3375
35Branden Grace523.1020
52Dylan Frittelli522.3821

Motorwedrenne

  • Die fokus is die week op Formule Een. Die Grand Prix van Azerbaidjan word Sondag gejaag. Sebastian Vettel is na drie wedrenne nege punte voor Lewis Hamilton op die punteleer.
PosRenjaerSpanPunte
1Sebastian VettelFerrari54
2Lewis HamiltonMercedes GP45
3Valtteri BottasMercedes GP40
4Daniel RicciardoRed Bull37
5Kimi RaikkonenFerrari30
6Fernando AlonsoMcLaren22
7Nico HulkenbergRenault22

Krieket

  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga gespeel.
24Mumbai IndiansvSunrisers HyderabadHyderabad wen met 31 lopies

Vandag word daar een wedstryd afgehandel.

25Royal Challengers BangalorevChennai Super KingsBangalore16:30
26Sunrisers HyderabadvKings XI PunjabHyderabad16:30
27Delhi DaredevilsvKolkata Knight RidersDelhi16:30
28Chennai Super KingsvMumbai IndiansPune16:30

Tennis

  • Van gister se uitslae by die Barcelona Ope lyk só:
    • David Goffin (Spa) klop Marcel Granollers 4-6 7-6 6-2
    • Feliciano Lopez (Spa) klop Dusan Lajovic 6-4 2-6 6-4
    • Malek Jaziri klop Ernesto Escobedo 6-4 6-3
    • Roberto Bautista Agut klop Ivo Karlovic 6-7 6-2 6-4
    • Adrian Mannarino klop Pablo Cuevas 6-4 7-6

Sokker

In Eufa se Kampioeneliga is een halfeindstryd  se eerste been gisteraand gespeel. Liverpool het vir Roma met 5-2 geklop.

Vanaand

Bayern MünchenvReal MadridAllianz-Arena20:45
  • In die Engelse Premierliga het Man City reeds die liga ingepalm en hulle is met sestien punte voor Man United.
PosSpanGWGeVerDvDtDgPte
1Manchester City34293298257390
2Manchester United34235665263974
3Liverpool352011480374371
4Tottenham Hotspur34208666313568
5Chelsea34196959342563
6Arsenal341761166462057
7Burnley351411103532353
  • In die Plaalike Premierliga is drie wedstryde gisteraand afgehandel.

Bloemfontein Celtic            0 – 0    Chippa United
Ajax Cape Town      1 – 0    Baroka FC
Golden Arrows         3 – 1    Kaizer Chiefs

Vanaand word daar vyf wedstryde gespeel.

SuperSport UnitedvFree State StarsLucas Moripe Stadion19:30
Maritzburg UnitedvMamelodi SundownsHarry Gwala Stadion19:30
Platinum StarsvAmaZulu FCRoyal Bafokeng Stadion19:30
Orlando PiratesvBidvest WitsOrlando Stadion19:30
Polokwane CityvCape Town City FCOu Peter Mokaba Stadion19:30

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Haat superrugby ·

waar is die pro 14 rugby inligting? $uoerrugby is dood

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.