Vandag se sportnuus

vandag-se-sportsnuus-01

Krieket

Na dag 3 van die tweede kriekettoets teen Sri Lanka op Nuweland in Kaapstad, is Suid-Afrika steeds stewig in die saal.

Die Proteas het 392 lopies aangeteken en Sri Lanka vir net 110 lopies uitgehaal.

In die Proteas se tweede beurt het hulle verklaar met hul telling op 224/7, vir ʼn algehele voorsprong van 507 lopies. In Sri Lanka se tweede beurt was hulle met uitskeityd op 130/4. Dit is nog 377 lopies agter hul teiken.

Australië

In die derde en laaste toets tussen Australië en Pakistan, het die Aussies hul eerste beurt op 538/8 verklaar (135 bb). Aan die einde van dag 2, was Pakistan op 126/2 in hul eerste beurt. Hulle het vanoggend voortgekolf, nadat spel lank deur reën onderbreek is en gevorder tot by 147/2.

T20 Krieket

NZ en Bangladesh speel more in die tweede T20-wedstryd van hul reeks. NZ loop met 1 – 0 voor.

Provinsiale Krieket

In die Sunfoil-Meerdagreeks begin 3 Wedstryde vandag

  • Hollywoodbets Dolphins v Warriors, Sahara Stadium Kingsmead, Durban  09:00
  • VKB Knights v Multiply Titans, Mangaung Oval, Bloemfontein                     10:00
  • BuildNat Cape Cobras v Bizhub Highveld Lions, Boland Park, Paarl           10:00

Rugby

Engeland se afrigter, Eddie Jones, het Dylan Hartley behou as kaptein van Engeland se rugbyspan vir die Ses Nasies-kampioenskap. Jones het die keuse gemaak, hoewel Hartley al vir 2 maande buite aksie is.

TydrenNuus

Die 38ste Dakartydren se moordende derde skof oor 789km is afgehandel.

Motorafdeling:

Stephane Peterhansel in sy Peugeot het die skof gewen, met Carlos Sainz, die 2010 kampioen, in die 2de plek.

Geniel de Villiers het 18de geëindig na tegniese probleme en is nou algeheel 14de.

Sebastien Loeb is steeds die algehele voorloper.

Motorfietsafdeling:

Joan Bareda op sy Honda loop voor in die motorfietsafdeling.

Vierwiel-motorfietse:

Casale op sy Yamaha is hier tans nommer 1.

Tennis

By die jaarlikse  Hopman-bekerkompetisie vir  gemengde spanne in Perth, het Frankryk se Richard Gasquet en Kristina Mladenovic die Britse span met 3-0 getroef. Hulle sal nou teen Switserland speel om te bepaal wie in die eindstryd teen die VSA te staan sal kom.

Vrouetennis

By die Auckland Classic het Madison Brengle, wat 72ste op die wêreldranglys is, Serena Williams in die 2de rondte uitgeskakel.

Gholf

Die Amerikaanse PGA reeks se Toernooi van Kampioene begin vandag in Hawaii.

Branden Grace is die enigste Suid-Afrikaner onder die 32 spelers.

Die voormalige Suid-Afrikaanse gholfster, Wayne Westner (55), is gister oorlede nadat hy sy eie lewe geneem het. Hy het die SA Ope in 1988 en 1991 gewen.

Vrouegholf

By die SuperSport Vroue Uitdaging op Huddle Park is die eerste rondte gister afgehandel.

  • Bertine Strauss         RSA    -3         69
  • Monique Smit           RSA    -3         69
  • Nicole Garcia            RSA    -2         70
  • Kim Williams             RSA    -2         70

Sokker

Een wedstryd is gisteraand in die Engelse Premierliga gespeel.

Chelasea het weer verloor, toe Tottenham Hotspur hulle met 2 – 0 geklop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.