Vandag se sportnuus

Superrugby

  • Die eerste twee wedstryde van die naweek word reeds môre gespeel.
4ChiefsvJaguaresRotorua International Stadion09:35
4RebelsvCrusadersAAMI Park11:45
5HurricanesvLionsWestpac Stadion09:35
5WaratahsvBluesBrookvale Oval11:45
5StormersvBullsDHL Nuweland15:05
5SharksvHighlandersJonsson Kings Park Stadion17:15
  • Glen Jackson van Nieu-Seeland sal die fluitjie hanteer in die kragmeting tussen die Stormers en Bulls. 
  • André Warner, ʼn voormalige WP-o.21-speler, sal Saterdag vir die Bulls teen die Stormers op skrumskakel uitdraf. Warner speel in die plek van Ivan van Zyl, wat op die bank sal wees. 

Pro14

  • Die Cheetahs speel Saterdag in ʼn kwalifiseringswedstryd teen die verdedigende kampioene, die Scarlets, vir ʼn plek in die Pro14-halfeind. Die wenspan sal op 18 Mei teen die Glasgow Warriors te staan kom.

Gholf

  • Die fokus in Amerika val die week op die Wells Fargo-kampioenskap in

Charlotte, Noord-Carolina. Sewe Suid-Afrikaners sal in aksie wees wat insluit: Retief Goosen, Charl Schwartzel, Ernie Els, Louis Oosthuizen en Dylan Frittelli.

  • In die Europese reeks sal Haydn Porteous en George Coetzee Suid-Afrika verteenwoordig in die Gholf-sesse in Engeland. Sestien spanne sal aan die putjiespel oor ses putjies per wedstryd deelneem. Daar is ook vrouespanne wat deelneem.

Motorwedrenne

  • Die vierde Moto GP van die seisoen word Sondag in Spanje gejaag. Net vyf punte skei die voorste drie renjaers.
PosRenjaerSpanPte
1Andrea DoviziosoDucati46
2Marc MarquezRepsol Honda45
3Maverick VinalesYamaha41
4Cal CrutchlowLCR Honda38
5Johann ZarcoTech 338

Krieket

  • Engeland het Indië onttroon as die voorste eendagspan in die wêreld. Suid-Afrika is nou derde op die IKR se eendag-ranglys.

1 Engeland 125
2 Indië 122
3 Suid-Afrika 113
4 Nieu-Seeland 112
5 Australië 104
6 Pakistan 102

  • In T20 is Pakistan eerste op die wêreldranglys met Suid-Afrika sesde.
  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga

Delhi Daredevils 196/6
Rajasthan Royals 146/5

Daredevils wen met 4 lopies (D/L-metode) 

Vandag word een wedstryd afgehandel.

3Kolkata Knight RidersvChennai Super KingsKolkata16:30
4Kings XI PunjabvMumbai IndiansStadium, Indore16:30
5Chennai Super KingsvRoyal Challengers BangalorePune12:30
5Sunrisers HyderabadvDelhi DaredevilsHyderabad16:30

Tennis

  • By die Estoril Ope in Portugal sal Suid-Afrika se (1) Kevin Anderson vandag teen Stefanos Tsitsipas van Griekeland te staan kom. Die tweede gekeurde Pablo Carreño Busta sal op sy beurt sake uitspook teen Nicolas Kicker. 

Hokkie

  • Die Varsitybeker van 2018 begin môre by die veld van Wits. In die eerste wedstryd speel Tuks om 13:30 teen UJ. Die Pukke en Kovsies sal om 15:15 kragte meet waarna die wedstryd tussen die Madibaz en Maties om 17:00 begin. In die laaste wedstryd sal Wits en UCT swaarde kruis. 

Sokker

  • In Eufa se Kampioeneliga is die ander tweedebeen-halfeindstryd gisteraand gespeel.
    • Roma en Liverpool het kragte gemeet en Roma het met 4-2 gewen. Liverpool is egter deur na die eindstryd met ʼn saamgestelde oorwinning van 7-6.
    • Real Madrid het eergister reeds die eindstryd bereik.
  • In Engeland se Premierliga word môre een wedstryd gespeel. Brighton & Hove Albion kom om 21:00 teen Manchester United te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.