Vandag se sportnuus

Superrugby

  • Ses wedstryde word die naweek gespeel en al vier Suid-Afrikaanse spanne sal in aksie wees.
  • Marnus Schoeman sal in die beginspan van die Lions wees vir hul wedstryd môreoggend om 09:35 teen die Hurricanes in Wellington. Sewe veranderinge en twee skuiwe is aan die Lions se span gemaak. Nic Groom sal skrumskakel speel en Aphiwe Dyantyi is terug op vleuel.
  • Siya Kolisi, die kaptein van die Stormers, sal môre in sy 100ste wedstryd speel wanneer hulle die Bulls op Nuweland in Kaapstad om 15:05 takel. Scarra Ntubeni sal op sy beurt in sy 50ste wedstryd van die bank af speel.
  • Nuus uit Durban is dat die Sharks se Beast Mtawarira terug is ná sy besering en teen die Highlanders in Durban op die veld sal draf. Daardie wedstryd begin om 17:15.
4ChiefsvJaguaresRotorua International Stadion09:35
4RebelsvCrusadersAAMI Park11:45
5HurricanesvLionsWestpac Stadion09:35
5WaratahsvBluesBrookvale Oval11:45
5StormersvBullsDHL Nuweland15:05
5SharksvHighlandersJonsson Kings Park Stadion17:15

Pro14

  • Die Cheetahs speel môreaand in ʼn kwalifiseringswedstryd teen die verdedigende kampioene, die Scarlets, vir ʼn plek in die Pro14-halfeind. Die wedstryd begin om 19:35.

Atletiek

  • Die eerste van 14 Diamantliga-byeenkomste in 2018 word vanaand in Doha aangebied. Verskeie wêreld- en Olimpiese kampioene sal in aksie wees. Caster Semenya sal in die 1 500 m vir vroue haar staal toon. Pieter Conradie sal aan die 400 m vir mans deelneem en Cornel Frederics aan die 400 m-hekkies vir mans.

Gholf

  • In Amerika is die eerste ronde van die Wells Fargo-kampioenskap in

Noord-Carolina voltooi. John Peterson loop met twee houe voor ná ʼn eerste ronde van 65 wat ses onder die baansyfer is. Charl Schwartzel is op -1.

  • In die Europese reeks begin die Gholf-sesse môre in Engeland. Sestien spanne sal aan die putjiespel oor ses putjies per wedstryd deelneem.

Motorwedrenne

  • Die vierde Moto GP van die seisoen word Sondag in Spanje gejaag. Marc Marques is die jaer met die momentum wat dopgehou moet word. Die eerste oefenrondes begin vandag terwyl die kwalifisering môre plaasvind. Die wedrenne begin Sondag om 11:00 vir die Moto3-jaers, 12:20 vir die Moto2-afdeling terwyl die groot kanonne om 14:00 op die wegspringrooster sal aantree vir die Moto GP.

Krieket

  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga

Kolkata Knight Riders 180/4

Chennai Super Kings 177/5

Kolkata Knight Riders wen met 6 paaltjies.

Vandag word daar een wedstryd afgehandel en môre twee.

4Kings XI PunjabVMumbai IndiansStadium, Indore16:30
5Chennai Super KingsVRoyal Challengers BangalorePune12:30
5Sunrisers HyderabadVDelhi DaredevilsHyderabad16:30


Tennis
 

  • By die Estoril Ope in Portugal het Suid-Afrika se (1) Kevin Anderson in die ronde van 16 pak gekry. Die ongekeurde Stefanos Tsitsipas het hom met 6-7, 6-3 en 6-3 kafgedraf.

Hokkie

  • Die Varsitybeker van 2018 begin vandag by die veld van Wits en die eerste vier rondes sal tot Maandag gespeel word. Aanstaande naweek word rondes vyf tot agt op Stellenbosch afgehandel. Die eindstryd word op 23 Mei gespeel. Daar is agt vrouespanne wat vanjaar sake uitspook.

Sokker

  • In die Europese liga is twee wedstryde gisteraand gespeel.

Atlético Madrid het Arsenal met 1-0 geklop om deur te dring na die eindstryd.

Salzburg het op sy beurt vir Marseille met 2-1 geklop.

  • In Engeland se Premierliga word daar vanaand een wedstryd gespeel. Brighton & Hove Albion kom om 21:00 teen Manchester United te staan.
  • Môre word daar ses wedstryde gespeel:
  1. Stoke City teen Crystal Palace
  2. Watford teen Newcastle United
  3. Leicester City teen West Ham United
  4. AFC Bournemouth teen Swansea City
  5. West Bromwich Albion teen Tottenham Hotspur
  6. Everton teen Southampton

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.