Vandag se sportnuus

Superrugby

  • Ses wedstryde is die naweek gespeel waarvan twee deur Suid-Afrikaanse spanne gewen is. 

Sharks 38 – 12 Highlanders
Stormers 29 – 17 Bulls
Hurricanes 28 – 19 Lions
Waratahs 21 – 24 Blues
Rebels 10 – 55 Crusaders
Chiefs 19 – 23 Jaguares 

Pro14

  • Die Cheetahs het ʼn groot pakslae in die kwalifiseringswedstryd vir ʼn plek in die halfeind gekry. Die Scarlets het hulle met 43-8 geklop.

Atletiek

  • Die eerste van veertien Diamantliga-byeenkomste is Vrydag in Doha aangebied. Carina Horn het in die 100 m vir vroue ʼn nuwe SA rekord opgestel toe sy deur die elf sekonde merk gebars het. Carina se nuwe SA rekord staan nou op 10.98 sekondes. Caster Semenya het in die 1 500 m vir vroue ʼn tyd van onder vier minute aangeteken. Caster het daarmee ook ʼn nuwe nasionale rekord en haar persoonlike beste tyd van 3:59.92 opgestel. 
  • Twee SA rekords het ook die naweek in stap Natalie le Roux het ʼn nuwe SA rekord in die 50 km-item by die IAAF se Wêreldspankampioenskap in China opgestel. Die junior, Francois Jacobs, het in die 10 km-wedloop die ou rekord met sestien sekondes verbeter. 
  • Die Spar Grand Prix 10km-wedloop vir vroue is gister in Port Elizabeth deur Kesa Molotsane in 33 minute en 46 sekondes gewen. Christine Kalmer het sesde geëindig. 

Motorwedrenne

  • Die vierde Moto GP van die seisoen is gister in Spanje gejaag. Die wedren is op die Jerez-baan deur die verdedigende wêreldkampioen, Marc Marques, gewen. Sy spanmaat, Dani Pedrosa, was egter in ʼn groot ongeluk betrokke wat die uitslag van die wedren ernstig beïnvloed het toe beide Ducatis saam met Pedrosa geëlimineer is. Die twee ander renjaers op die podium was Johann Zarco (Monster Yamaha Tech 3) en Andrea Iannone (Suzuki). 

Hokkie

  • Die Varsitybeker van 2018 het die naweek by die velde van Wits afgeskop. In gister se derde ronde is vier wedstryde voltooi:

UJ 3 – 2 Pukke
Madibaz 2 – 4 Kovsies
UCT 2 – 6 Maties
Wits 5 – 6 Tuks

Vandag word die vierde ronde afgehandel. 

Gholf

  • In Amerika is die Wells Fargo Kampioenskap in Noord-Carolina voltooi. Jason Day het twee voëltjies oor die laaste drie putjies aangeteken om met twee houe te seëvier.

272 – Jason Day (AUS) 69-67-67-69
274 – Aaron Wise 68-68-70-68, Nick Watney 72-67-66-69
276 – Bryson DeChambeau 75-65-66-70
277 – Phil Mickelson 72-72-64-69, Paul Casey (ENG) 69-68-69-71, Peter Uihlein 72-72-62-71
278 – Patrick Reed 71-71-67-69
279 – Emiliano Grillo (ARG) 68-71-71-69, Luke List 70-72-67-70, Sam Saunders 70-69-68-72, Charl Schwartzel (RSA) 70-67-70-72

  • In die Europese reeks is die Gholf-sesse in Engeland afgehandel. Die putjiespel-toernooi is deur Ierland gewen toe hulle in die eindstryd koning gekraai het deur Frankryk met 2-0 te klop. 

Krieket

  • Twee wedstryde is gister in die Indiese Premierliga gespeel.

Kings XI Punjab 155/4
Rajasthan Royals 152/9

Kings XI Punjab wen met 6 paaltjies.

Mumbai Indians 181/4
Kolkata Knight Riders 168/6

Mumbai Indians wen met 13 lopies. 

Vandag word daar een wedstryd gespeel.

Sunrisers Hyderabad speel om 16:30 teen die Royal Challengers Bangalore.

Die Rajasthan Royals kom môre teen die Kings XI Punjab te staan om 16:30. 

  • Suid-Afrika se vroue het die tweede eendagwedstryd teen Bangladesj op Potchefstroom met nege paaltjies gewen en ʼn voortou van 2-0 in die reeks van vyf wedstryde geneem. Die volgende twee wedstryde word op Kimberley gespeel. 

Sokker

  • Hier is gister se uitslae in die Engelse Premierliga:

Arsenal 5 – 0 Burnley
Manchester City 0 – 0 Huddersfield Town

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frans C ·

‘n Mens moet werklik vir die Cheetahs jammer kry want die span moet vir die soveelste keer span bou vir die 2018/19 seisoen nadat volgens news 24 die volgende 11 spelers die span verlaat:
“Captain Francois Venter and Duncan are off to join the Worcester Warriors in England while others to leave are Torsten van Jaarsveld (Bayonne, France), Fred Zeilinga (Canon Eagles, Japan), Carl Wegner, Reniel Hugo, Clinton Swart (all Verblitz, Japan), Uzair Cassiem, Clayton Blommetjies (both Scarlets, Wales), Tom Botha (Ospreys, Wales) and Niel Marais (Jubilo, Japan). “

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.