Vandag se sportnuus

Motorwedrenne

  • Ná die vierde Moto GP van die seisoen is Marc Marquez die nuwe voorloper op die punteleer:
    1. Marc Marquez (Honda) 70 punte
    2. Johann Zarco (Yamaha Tech3) 58
    3. Maverick Vinales (Yamaha) 50
    4. Andrea Iannone (Suzuki) 47
    5. Andrea Dovizioso (Ducati) 46
    6. Valentino Rossi (Yamaha) 40
    7. Cal Crutchlow (LCR Honda) 38
    8. Jack Miller (Ducati Pramac) 36 

Superrugby

      • Ná die naweek se ses wedstryde is die Lions steeds eerste in die Suid-Afrikaanse Konferensie.
PosSpanneGWGeVPvPtPverDvDtPte
1Emirates Lions1160536230656544031
2Jaguares11605257304-47314124
3Cell C Sharks104152962897363823
4DHL Stormers11506294315-21364422
5Vodacom Bulls10406258263-5363420

Pro14

      • Die Cheetahs is die naweek in die uitspeelfase van die kompetisie uitgeskakel. Die twee halfeindstryde word komende naweek afgehandel. Vrydag speel Leinster om 20:45 teen die Llanelli Scarlets. Saterdag pak die Glasgow Warriors vir Munster om 16:15.

Junior Bokke

      • Suid-Afrika speel vandag in sy tweede opwarmingswedstryd voor die o.20-Wêreldkampioenskap teen Wallis. Daar is ses veranderinge aan die span aangebring wat maklik met Skotland afgereken het. Net een daarvan was noodgedwonge weens ʼn besering en die ander veranderinge is om meer spelers tyd op die veld te gun voor die kampioenskap afskop. 

Atletiek

    • Die tweede van 14 Diamantliga-byeenkomste word Saterdag in China aangebied. Die reeks byeenkomste strek tot in Augustus. 

Tennis

  • By die Madrid Ope het Suid-Afrika se (6) Kevin Anderson ʼn loslootjie in die ronde van 64. Van gister se uitslae sluit in dat (10) Novak Djokovic vir Kei Nishikori met 7-5 en 6-4 geklop het. Richard Gasquet het op sy beurt vir Tomas Berdych met 6-4 en 6-2 uitgeskakel. 

In die dubbelspel sal Suid-Afrika se Raven Klaasen vandag saam met Michael Venus teen Feliciano en Marc Lopez speel. 

In die vroue-enkelspel was daar in die ronde van 32 oorwinnings vir (2) Caroline Wozniacki asook die ongekeurde Mara Sharapova. 

Hokkie

  • Die Varsitybeker se vierde ronde is gister by Wits voltooi. Vier wedstryde is gespeel:

NWU Puk 5 – 6 Maties
Kovsies 0 – 5 UCT
Madibaz 1 – 6 Tuks
Wits 4 – 2  UJ

Die toernooi word komende naweek by Tukkies voortgesit. 

Gholf

  • Vandeesweek word die Spelers-kampioenskap op TPC Sawgrass in Florida gespeel. Ná sy oorwinning die naweek het Jason Day na die sewende plek op die wêreldranglys verbeter.
  1. Dustin Johnson 9.22
  2. Justin Thomas 9.14
  3. Jon Rahm 8.37
  4. Jordan Spieth 8.35
  5. Justin Rose 7.36
  6. Louis Oosthuizen 3.15
  7. Branden Grace 3.00

Krieket

  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga

Sunrisers Hyderabad 146 (20 bb)

RCB 141/6 (20 bb)
Sunrisers Hyderabad wen met vyf paaltjies. 

Vandag word daar een wedstryd gespeel.

Die Rajasthan Royals speel teen die Kings XI Punjab om 16:30. 

  • Suid-Afrika se vroue speel môre in hul derde eendagwedstryd teen Bangladesj op Kimberley. Die Proteas loop met 2-0 voor in die reeks van vyf wedstryde. 

Sokker

  • Een wedstryd word vanaand in die Engelse Premierliga gespeel:

Swansea City kom om 20:45 teen Southampton te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.