Vandag se sportnuus

Tennis

  • By die Madrid Ope speel Suid-Afrika se (6) Kevin Anderson vandag teen die ongekeurde Mikhail Kukushkin. Rafael Nadal is ook vandag in aksie. Gister was daar ʼn oorwinning vir (4) Juan Martin del Potro, maar (3) Grigor Dimitrov is uitgeskakel.

In die dubbelspel het Suid-Afrika se Raven Klaasen en Michael Venus deurgedring na die ronde van 16. Kevin Anderson en Max Mirnyi is egter uitgeskakel.

In die vroue-enkelspel het Simona Halep maklik met Elise Mertens afgereken. Die telling was 6-0 en 6-3. Halep speel in die ronde van 16 teen Kristyna Pliskova. Vroeër het (10) Petra Kvitova vir Monica Puig in twee stelle uitgeskakel. 

Netbal

  • Die Brutal Fruit Premierliga begin komende Vrydag 11 Mei en sal vir ses weke duur. Die eerste twee weke se aksie is by die Ellispark Arena. Vrydag word daar reeds twee wedstryde gespeel.

16:00: Kindgom Stars speel teen die Diamonds.

18:00: Crinums kom teen die Sunbirds te staan. 

Toetsrugby

  • Wallis het ʼn verswakte span gekies vir die toets op 2 Junie teen die Springbokke in Washington. Die Bokke speel ʼn week later in hul eerste van drie toetse teen Engeland in Suid-Afrika. 

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke sal sonder twee van hul topvoorspelers, Kyle Brown (knie-operasie) en Tim Agaba (armbesering), wees wanneer hulle Maandag op Stellenbosch aanmeld om voor te berei vir die laaste twee toernooie van die Wêreldreeks. Die negende toernooi word op 2 en 3 Junie in Londen afgehandel en die laaste toernooi van 8 tot 10 Junie in Frankryk. 

Junior Bokke

  • Suid-Afrika het gister in sy tweede opwarmingswedstryd ter voorbereiding van die o.20-Wêreldkampioenskap teen Wallis gespeel. Die Bokkies het gemaklik met 41-5 gewen nadat hulle Skotland Vrydag ook met 41-3 verinneweer het. Die Bokkies speel Vrydag in hul volgende wedstryd teen Engeland. 

Motorwedrenne

  • Die fokus verskuif die week na Formule Een. Die Spaanse Formule Een Grand Prix word Sondag gejaag. Lewis Hamilton (Mercedes) is tans die voorloper op die punteleer.
PosRenjaerSpanPte
1Lewis HamiltonMercedes GP70
2Sebastian VettelFerrari66
3Kimi RaikkonenFerrari48
4Valtteri BottasMercedes GP40
5Daniel RicciardoRed Bull37

Gholf

  • Die Spelerskampioenskap begin môre op TPC Sawgrass in Florida. Die toernooi word deur baie mense as die sogenaamde vyfde Major gesien. Net vyf Suid-Afrikaners sal afslaan. Hulle is Branden Grace, Rory Sabbatini, Charl Schwartzel, Louis Oosthuizen en Tyrone van Aswegen.
  • Op die plaaslike front begin die Royal Swazi Ope ook vandag. George Coetzee en Dean Burmester is terug uit die buiteland en sal ook in aksie wees.

Krieket

  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga

Rajasthan Royals 158/8 (20 bb)
Kings XI Punjab 143/7 (20 bb)

Rajasthan Royals wen met 15 lopies. 

Vandag word daar een wedstryd afgehandel.

Kolkata Knight Riders speel teen die Mumbai Indians. 

  • Suid-Afrika se vroue speel vandag in hul derde eendagwedstryd teen Bangladesj in Kimberley. Die wedstryd begin vanoggend om 09:45. 

Sokker

  • Een wedstryd is gisteraand in die Engelse Premierliga

Swansea City 0–1 Southampton

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.