Vandag se sportnuus

Tennis

  • By die Madrid Ope het Suid-Afrika se (6) Kevin Anderson die ongekeurde Mikhail Kukushkin in drie stelle geklop. (1) Rafael Nadal het sy wedstryd teen Gaël Monfilss gemaklik met 6-3 en 6-1 gewen. (2) Andre Zverev het deurgedring na die laaste 16 toe hy Evgeny Donskoy met 6-2 en 7-5 geklop het. 

In die dubbelspel sal Suid-Afrika se Raven Klaasen en Michael Venus vandag in die ronde van 16 in aksie wees. 

In die vroue-enkelspel het die topgekeurde speler deurgedring na die kwarteind. (1) Simon Halep klop vir Kristyna Pliskova met 6-1 en 6-4. Die groot skok van die dag was toe (2) Caroline Wozniacki deur die ongekeurde Kiki Bertens met 6-2 en 6-2 uitgeskakel is.

Netbal

  • Die Brutal Fruit Premierliga begin môre by die Ellispark Arena in Johannesburg. Twee wedstryde is vir môre geskeduleer.

16:00: Kindgom Stars speel teen die Diamonds.
18:00: Crinums kom teen die Sunbirds te staan. 

Hokkie

Ná die eerste vier rondes van die Varsitybeker vir vroue is Tuks en Maties die voorlopers op die punteleer. Rondes vyf tot agt word komende naweek by Tukkies gespeel.

  1. UP Tuks        12
  2. Maties            12
  3. Wits                6
  4. UCT               6
  5. UJ                  6
  6. NWU Puk     3
  7. Kovsies         3
  8. Madibaz        0 

Superrugby

  • Die Bokke en die Lions het die slegte nuus verneem dat Malcom Marx vir ses weke op die kantlyn sal wees ná sy dyspierbesering die afgelope naweek. Marx sal dus nie teen Wallis of Engeland in aksie wees nie. 

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke is goed geloot vir die volgende toernooi in die Wêreldreeks. Die negende toernooi word op 2 en 3 Junie in Londen afgehandel en die Blitsbokke is in Groep D saam met Samoa, Kanada en Rusland. In die kwarteind sal die Bokke teen een van die volgende spanne in groep A speel. Fidji, Nieu-Seeland, Skotland of Argentinië. 

Junior Bokke

  • Suid-Afrika speel môre in sy derde opwarmingswedstryd ter voorbereiding van die o.20-Wêreldkampioenskap teen Engeland. Die Bokkies het reeds vir Wallis met 41-5 geklop en vir Skotland met 41-3. 

Motorwedrenne

  • Die Spaanse Formule Een Grand Prix word Sondag gejaag. Die eerste oefenrondes word môre afgehandel terwyl die kwalifisering Saterdag afgehandel word. Die afgelope paar wedrenne was Sebastian Vettel die renjaer wat die pap dik aangemaak het om ʼn goeie plek op die wegspringrooster te verseker. Vettel is net vier punte agter Lewis Hamilton op die punteleer. 

Gholf

  • Die Spelerskampioenskap begin vandag op TPC Sawgrass in Florida. Die uitstaande groeperings vir die eerste twee dae is Rory McIlroy, Justin Thomas en Jordan Spieth wat op dag een die meeste aandag in die oggendveld sal trek. Die middagveld se fokus sal op Tiger Woods, Phil Mickelson en Rickie Fowler wees wat saam sal afslaan.
  • In Europa begin die Rocco Forte Ope vandag op die eiland van Sicilië in Italië.
  • Op die plaaslike front het die Royal Swazi Ope gister begin. Ná die eerste ronde is die voorlopers op die gewysigde Stableford-formaat:

17 – Combrinck Smit en Daniel van Tonder
15 – Mark Williams, Riekus Nortje
13 – Hennie Otto, Benjamin Follett-Smith
12 – Andre de Decker, Peter Karmis, Andre Nel, Hennie du Plessis
10 – Jason Froneman, Justin Harding, George Coetzee, Jaco Ahlers, Duane Keun, Jean Hugo

Krieket

  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga

Mumbai Indians 210/6 (20 bb)
Kolkata Knight Riders 108 (18.1/20 bb)

Mumbai Indians wen met 102 lopies.

Vandag word daar een wedstryd afgehandel.

Delhi Daredevils speel teen die Sunrisers Hyderabad. 

  • Suid-Afrika se vroue het gister in hul derde eendagwedstryd teen Bangladesj op Kimberley gespeel. Die Proteas het met 9 paaltjies geseëvier en sodoende ook die reeks verower.

Bangladesj 71 (36.5/50 bb)
Suid-Afrika 72/1 (14.2/50 bb)

Suid-Afrika wen met 9 paaltjies met 214 balle oor en loop nou met 3-0 voor in die reeks van vyf wedstryde. 

Sokker

  • Die FA-beker se eindstryd word komende Saterdag gespeel. Chelsea en Manchester United pak mekaar om 18:15 op die Wembley Stadion in Londen.
  • Gisteraand se Premierliga-uitslae lyk só:

Tottenham Hotspur 1–0 Newcastle United
Leicester City 3–1 Arsenal
Chelsea 1–1 Huddersfield Town
Manchester City 3–1 Brighton & Hove Albion

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.