Vandag se sportnuus

Superrugby

  • Sewe wedstryde word dié naweek gespeel.

Vrydag 11 Mei

9:35 Blues – Hurricanes

Saterdag 12 Mei

05:15 Sunwolves – Reds
07:15 Crusaders – Waratahs
09:35 Highlanders – Lions
11:45 Brumbies – Rebels
15:05 Stormers – Chiefs
17:15 Bulls – Sharks 

  • Die Lions het ses veranderinge onder die voorspelers aangebring vir hul wedstryd teen die Highlanders. Robbie Coetzee speel haker in die plek van die beseerde Malcolm Marx. 
  • Die Stormers het ʼn onveranderde span aangewys vir hul kragmeting met die Chiefs. 
  • Trevor Nyakane is terug as voorry in die Bulls se span vir hul wedstryd teen die Sharks.
  • Jacques Vermeulen vervang Philip van der Walt aan die kant van die skrum in die Sharks se span. 

Junior Bokke

  • Suid-Afrika speel vanaand om 20:30 in sy derde en laaste opwarmingswedstryd ter voorbereiding van die o.20-Wêreldkampioenskap teen Engeland. Daar is ses veranderinge aan die Bokspan aangebring vir die wedstryd in Worcester. 

Tennis

  • By die Madrid Ope het Suid-Afrika se (6) Kevin Anderson na die kwarteind deurgedring ná sy oorwinning van 6-3 en 7-6 oor die ongekeurde Philipp Kohlsschreiber. (1) Rafael Nadal en (2) Andre Zverev het ook maklik na die kwarteind deurgedring. Nadal het sy 50ste agtereenvolgende stel op klei gewen en daarmee John McEnroe se rekord verbeter. 

In die dubbelspel het Suid-Afrika se Raven Klaasen en sy spanmaat Michael Venus deurgedring na die kwarteind. 

In die vroue-enkelspel is die eerste gekeurde Simona Halep in die kwarteind deur (6) Karolína Plíšková in twee stelle uitgeskakel. Daar was ook oowinnings in die kwarteind vir (7) Caroline Garcia, (14) Petra Kvitova asook die ongekeurde Kiki Mertens.

Netbal

  • Die Brutal Fruit Premierliga begin vandag by die Ellispark Arena in Johannesburg. Twee wedstryde word vandag gespeel en môre sal vyf wedstryde afgehandel word. 

Hokkie

Die Varsitybeker vir vroue word dié naweek in Pretoria voortgesit. Rondes vyf tot agt word van vandag tot Maandag by Tukkies gespeel. 

Motorwedrenne

  • Die vyfde Formule Een Grand Prix van die 2018-seisoen word dié naweek in Spanje afgehandel. Die Catalunya-baan spog met 16 draaie en die renjaers sal 66 rondes op die 4,655 km lange baan voltooi. Die eerste oefenrondes word vandag afgehandel terwyl die kwalifisering môre sal plaasvind. Die hoofwedren begin Sondag om 15:10. 

Gholf

  • Die Spelerskampioenskap se eerste ronde is gisteraand op TPC Sawgrass in Florida voltooi. Daar is ses spelers op -6 (66).

Webb Simpson -6
Dustin Johnson -6
Alex Noren -6
Chesson Hadley -6
Matt Kuchar -6
Patrick Cantlay -6
Rory Sabbatini -5
Charl Schwartzel -4
Branden Grace -3

  • In Europa is die Rocco Forte Ope se eerste ronde in Italië afgehandel.

Lucas Bjerregaard -6
Ryan Evans R -6
Thomas Aiken -3
Trevor Fisher Jnr -2 

  • Op die plaaslike front het die Royal Swazi Ope gister sy tweede dag beleef. Die voorloper op die gewysigde Stableford-formaat is Mark Williams van Zimbabwe.

Mark Williams 27
Oliver Bekker 21
Hennie du Plessis 21
Andre Nel 21
Jean Hugo 21

Krieket

  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga gespeel.

Delhi Daredevils 187/5 (20 bb)
Sunrisers Hyderabad 191/1 (18.5/20 bb)
Sunrisers Hyderabad wen met 9 paaltjies (met 7 balle oor)

Vandag word speel die Rajasthan Royals teen die Chennai Super Kings. 

  • Suid-Afrika se vroue speel vandag in hul vierde eendagwedstryd teen Bangladesj op Kimberley. Die Proteas het die eerste drie wedstryde op ʼn drafstap gewen. 

Sokker

  • Een wedstryd is gisteraand in die Engelse Premierliga gespeel.

Man United het seker gemaak hulle eindig tweede in die Premierliga toe hulle met 0-0 gelykop gespeel het teen Wes Ham.

  • In die plaaslike Premierliga is al 16 spanne môre in agt wedstryde in aksie. Die wedstryde begin almal om 15:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.