Vandag se sportnuus

Superrugby

  • Sewe wedstryde is die naweek gespeel en net een van die vier Suid-Afrikaanse spanne kon ʼn oorwinning behaal.

Bulls 39 – 33 Sharks
Stormers 9 – 15 Chiefs
Brumbies 24 – 27 Rebels
Highlanders 39 – 27 Lions
Crusaders 31 – 29 Waratahs
Sunwolves – 63 – 28 Reds
Blues 15 – 36 Hurricanes 

Junior Bokke

  • Suid-Afrika het Vrydag in sy derde en laaste opwarmingswedstryd ter voorbereiding van die o.20-Wêreldkampioenskap teen Engeland gespeel. Die wedstryd in Worcester is deur die Bokkies met 26 – 12 gewen. Suid-Afrika het vroeër ook vir Wallis en Skotland geklop. 

Tennis

  • By die Madrid Ope is Suid-Afrika se (6) Kevin Anderson in die halfeind deur (5) Dominic Thiem 6-4 en 6-2 uitgeskakel. Die eindstryd is deur (2) Andre Zverev gewen toe hy vir (5) Dominic Thiem met 6-4 en 6-4 geklop het.

Intussen het Rafael Nadal sy eerste plek op die wêreldranglys prysgegee nadat hy in die kwarteind uitgeskakel is. Roger Federer is nou weer eerste.

In die vroue-enkelspel het (10) Petra Kvitova het in die eindstryd met die ongekeurde Kiki Mertens afgereken om die titel te verower. Die telling was 7-6, 4-6 en 6-3.

Netbal

  • Die Brutal Fruit Premierliga het Vrydag by die Ellispark Arena in Johannesburg afgeskop. Gister se uitslae lyk só:

Flames 61 – 39 Baobabs
Jaguars 51 – 43 Stings
Fireballs 53 – 28 Aloes

Driekamp

  • By die Yokohama- been van die Wêreld Driekamp-kampioenskap kon Henri Schoeman nie die wedloop voltooi nie, Richard Murray was 25ste en Wian Sullwald 33ste. 

Hokkie

  • Die Varsitybeker vir vroue is die naweek in Pretoria voortgesit. Die sewende ronde is gister gespeel.

Maties 15 – 2 UJ
NWU Puk 4 – 0 UCT
Madibaz 2 – 7 Wits
UP Tuks 8 – 0 Kovsies

Vandag word ronde agt beslis. 

Motorwedrenne

  • Die vyfde Formule Een Grand Prix van die 2018-seisoen is gister in Spanje afgehandel. Die wedren oor 66 rondes op die Catalunya-baan is gemaklik deur Lewis Hamilton (Mercedes) gewen met sy spanmaat Valeterie Bottas (Mercedes) tweede en Max Verstappen (Red Bull) derde. Sebastian Vettel (Ferrari) kon net vierde oor die eindstreep jaag. 

Gholf

  • Die Spelerskampioenskap op TPC Sawgrass is in Florida afgehandel.

1 Webb Simpson -18
2 Charl Schwartzel -14
Jimmy Walker -14
Xander Schauffele -14
5 Jason Day -13
Jason Dufner -13

  • In Europa is die Rocco Forte Ope in Italië voltooi.

1 Joakim Lagergren -16
2 Mike Lorenzo-Vera -16
3 Andy Sullivan -15
Lucas Herbert -15
14 Jacques Kruyswijk -8
     Thomas Aiken -8 

  • Op die plaaslike front is die Royal Swazi Ope gespeel. Die wenner op die gewysigde Stableford formaat was Justin Harding met 47 punte.

Krieket

  • Twee wedstryde is gister in die Indiese Premierliga

Sunrisers Hyderabad 179/4 (20 bb)
Chennai Super Kings 180/2 (19/20 bb)
Chennai Super Kings wen met 8 paaltjies met 6 balle oor.

Mumbai Indians 168/6 (20 bb)
Rajasthan Royals 171/3 (18/20 bb)

Rajasthan Royals wen met 7 paaltjies met 12 balle oor.

Vandag speel die Kings XI Punjab teen RCB. 

  • Suid-Afrika se vroue het hul vierde eendagwedstryd teen Bangladesj Vrydag op Kimberley gewen. Die vyfde en laaste wedstryd word vandag in Bloemfontein afgehandel. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga het Manchester City die seisoen op ʼn allemintige 100 punte afgesluit. Die laaste wedestryde van die seisoen is gister gespeel.

Swansea City 1 – 2 Stoke City
Huddersfield Town 0 – 1 Arsenal
Southampton 0 – 1 Manchester City
Newcastle United 3 – 0 Chelsea
West Ham United 3 – 1 Everton
Crystal Palace 2 – 0 West Bromwich Albion
Manchester United 1 – 0 Watford
Burnley 1 – 2 AFC Bournemouth
Liverpool 4 – 0 Brighton & Hove Albion
Tottenham Hotspur 5 – 4 Leicester City

  • In die plaaslike Premierliga was al sestien spanne Saterdag in aksie. Mamelodi Sundowns, die 2018 kampioene, het in hul laaste wedstryd met 0-0 gelykop gespeel teen Bloemfontein Celtic.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.