Vandag se sportnuus

sportnuus-attoohInternasionale Krieket

Nieu-Seeland het die tweede eendagwedstryd teen die Proteas met ses lopies gewen.

Suid- Afrika het eerste veldwerk gedoen. Die swart pette het 289/4 (50 bb) aangeteken, met Taylor wat 102 nun geslaan het. Dwaine Pretorius het 2 paatjies vir 40 lopies platgetrek. Suid-Afrika is uiteindelik tot 283/9 beperk.

Die vergete snelbouler Morne Morkel en die draaier Aaron Phangiso is onder die spelers waaruit die Suid-Afrikaanse groep gekies gaan word vir die IKR se Kampioene-Trofee in Juniemaand.

Die derde eendagkragmeting tussen Afghanistan en Zimbabwe is in Harare gespeel.

Zimbabwe 129 (32.4/50 bb)

Afghanistan 126 (29.3/50 bb)

Zimbabwe wen met 3 lopies.

Australië speel vandag teen Sri Lanka in sy derde T20-wedstryd in Adelaide. Sri Lanka loop voor in die reeks met 2-0.

Vrouekrieket

By die Vrouetoernooi in Colombo het Suid-Afrika teen Indië in die eindstryd van die Wêreldbeker-kwalifiseringstoernooi gespeel.

Suid-Afrika 244 (49.4/50 bb)

Indië 245/9 (50 bb) en wen met 1 paaltjie vanaf die laaste bal.

Beide spanne sal later vanjaar by die Wêreldbeker in aksie wees.

Plaaslike krieket

In die Momentum Eendagreeks word daar een wedstryd vandag gespeel.

sport1

Superrugby

Die losvoorspeler van die Stormers, Siya Kolisi, is as kaptein van die Stormers aangewys vir 2017. Die slot Eben Etzebeth is sy onderkaptein.

Varsityrugby

CUT en Kovsies het mekaar gister in Bloemfontein gepak en Kovsies het met 22-13 geseëvier. Hulle was rustyd met 13-9 agter.

Gholf

In die Europese reeks slaan die spelers more af in die Joburg Ope. Die toernooi word by die Royal Johannesburg en Kensington-golfklub gespeel.

In die Amerikaanse reeks begin die Honda Classic op Palm Beach Gardens in Florida more.

Op die vrouegholf-front begin die Sonskyn Toer se Vroue Classic vandag op die Glendower Golfbaan. Die toernooi word oor 54 putjies beslis, wat oor 3 dae strek.

Tennis

Van die uitslae by die Dubai-kampioenskappe sluit in:

10 C. Wozniacki klop V. Golubic met 6-4 en 6-2

4 A. Radwańska reken af met E. Mertens 6-3 en 6-2

Sokker

In die EUFA kampioeneliga is 2 wedstryde gisteraand afgehandel.

Bayer Leverkusen   2 – 4    Atlético Madrid

Manchester City       5 – 3    Monaco

Vanaand speel

Porto              v          Juventus

Sevilla            v          Leicester City

In die Plaaslike Premierliga is gisteraand een wedstryd gespeel.

Platinum Stars 1 – 2 Mamelodi Sundowns

Vanaand speel SuperSport United teen Maritzburg United en Wits teen Baroka FC.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.