Vandag se sportnuus

Tennis

  • By die Italiaanse Ope in Rome sal (7) Kevin Anderson vandag in die ronde van 32 teen die ongekeurde Aljaž Bedene in aksie wees. Daar was gister oorwinnings vir (9) David Goffin en (14) Diego Schwartzman. Twee van die gekeurde spelers wat hul tassies moes pak, is (15) Thomas Berdych en (13) Jack Sock.
  • In die dubbelspel is Raven Klaasen ook vandag in die ronde van 16 in aksie saam met sy speelmaat Michael Venus.
  • In die vroue-enkelspel was daar gister oorwinnings in die ronde van 32 vir (5) Jelena Ostapenko en (4) Elina Svitolina asook Maria Sharapova.

Superrugby

  • Sewe wedstryde word die komende naweek gespeel en al vier Suid-Afrikaanse spanne is in aksie.

Vrydag

9:35 Hurricanes – Reds

Saterdag

7:15 Sunwolves – Stormers

9:35 Blues – Crusaders

11:45 Waratahs – Highlanders

15:05 Sharks – Chiefs

17:15 Lions – Brumbies

23:40 Jaguares – Bulls

Pro14

  • Suid-Afrika se Stuart Berry sal die fluitjie hanteer in die een halfeind van die Pro14-kompetisie wat Saterdag tussen Leinster en Munster in Dublin gespeel word. John Lacey sal Vrydag die ander halfeind tussen Glasgow en die Scarlets hanteer.

Netbal

  • Die Brutal Fruit Premierliga word die naweek voortgesit. Vrydag se bepalings in die Ellispark Arena in Johannesburg lyk só:

Vrydag

16:00: Jaguars teen Baobabs

18:00: Stings teen Sunbirds

Saterdag

11:00: Crinums teen Kingdom Stars

13:00: Sunbirds teen Baobabs

15:00: Aloes teen Stings

17:00: Fireballs teen Jaguars

19:00: Flames teen Diamonds

Motorwedrenne

  • Die week verskuif die aandag van Formule Een na Moto GP. Die Franse Moto GP word Sondag gejaag en alle oë sal op die voorloper op die punteleer, Marc Marquez, wees wat met ʼn voorsprong van 12 punte spog.

1 Marc Marquez (Repsol Honda) 70

2 Johann Zarco (Monster Yamaha Tech 3) 58

3 Maverick Vinales (Movistar Yamaha) 50

4 Andrea Iannone (Suzuki Ecstar) 47

5 Andrea Dovizioso (Ducati Team) 46

  • Die Le Mans-24-uur-uithouren sal vanjaar amptelik deur die tennisspeler Rafael Nadal afgesit word. Dit sal die 86ste keer wees dat die wedren (datum: 16 Junie) gejaag word.

Gholf

  • In Amerika verskuif die aandag vandeesweek na die AT&T Byron Nelson Classic wat in Texas gespeel word.
  • In Europa word die Belgiese uitklopkompetisie in Antwerpen afgehandel.
  • In die Sonskynreeks begin die Lombard Classic Vrydag by die Royal Swazi Spa in Swaziland.

Krieket

  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga

Rajasthan Royals 142 (19/20 bb)

Kolkata Knight Riders 145/4 (18/20 bb)

Kolkata Knight Riders wen met 6 paaltjies met 12 balle oor.

Vandag speel die Mumbai Indians teen die Kings XI Punjab.

Sokker

  • 2018 se Fifa Wêreldbeker begin oor minder as 30 dae in Rusland. Sedert 1970 spook die spanne sake uit om ʼn nuwe trofee genaamd die Fifa Wêreldbeker-trofee. Hierdie trofee word egter nie ʼn permanente besitting van die wenland nie. Dit bly ʼn wisseltrofee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet ·

In die tennisberig word die spelers se rangorde in hakies vóór hulle name aangedui. Hoekom vóór die die naam? Dis verwarrend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.