Vandag se sportnuus

Tennis

  • By die Italiaanse Ope in Rome het (7) Kevin Anderson teen die ongekeurde Aljaž Bedene gespeel en was met een stel teenoor nul agter toe hy onttrek het as gevolg van ʼn bobeenbesering. Die eerste gekeurde Rafael Nadal het vir Damir Džumhur gemaklik met 6-1 en 6-0 geklop. Daar was gister ook oorwinnings vir (2) Alexander Zverev, (5) Juan Martín del Potro asook (11) Novak Djokovic. Van die gekeurde spelers wat hul tassies moes pak, sluit in (3) Gregor Dimitrov en (6) Dominic Thiem. 
  • In die dubbelspel is Raven Klaasen en Michael Venus in skoon stelle deur (5) Jamie Murry en Bruno Soares uitgeskakel.
  • In die vroue-enkelspel was daar gister oorwinnings in die ronde van 32 vir (1) Simona Halep en (2) Caroline Wozniacki. (3) Gabine Muguruza is egter uitgeskakel. 

Superrugby

  • Die Bulls en Bokke se slot Lood de Jager het gister gehoor hy sal ʼn operasie vir sy borsbesering moet ondergaan en dat hy vir ses maande op die kantlyn sal wees.
  • Sewe wedstryde word die naweek Môre is daar een wedstryd en Saterdag nie minder nie as ses.

Môre

Hurricanes 9:35 Reds

Saterdag

7:15 Sunwolves – Stormers
9:35 Blues – Crusaders
11:45 Waratahs – Highlanders
15:05 Sharks – Chiefs
17:15 Lions – Brumbies
23:40 Jaguares – Bulls 

Pro14

  • Die twee halfeindstryde van die kompetisie word die naweek beslis.
    • Môre speel Glasgow om 20:45 teen die Scarlets.
    • Saterdag pak Leinster en Munster mekaar om 16:15 in Dublin.

Motorwedrenne

  • Die Franse Moto GP word Sondag op Le Mans gejaag. Die eerste oefenrondes vind môre plaas terwyl die kwalifisering Saterdag afgehandel word. Marc Marquez loop met 12 punte voor op die punteleer. Die wegspring is Sondag om 11:00 vir Moto3, 12:20 vir Moto2 en 14:00 vir die groot kanonne in Moto GP. 

Kanovaart

  • Vier Suid-Afrikaners sal die naweek aan die eerste van twee Wêreldbeker-byeenkomste Die eerste byeenkoms begin môre in Hongarye. Louis Hattingh, Chrisjan Coetzee, Kayla de Beer en Esti van Tonder sal aan verskeie wedrenne deelneem. 

Gholf

  • In Amerika verskuif die aandag vandeesweek na die AT&T Byron Nelson Classic wat in Texas gespeel word. Vier Suid-Afrikaners sal hul stokke in dié toernooi swaai: Rory Sabbatini, Tyrone Van Aswegen, Branden Grace en Ernie Els.
  • In Europa word die Belgiese uitklopkompetisie in Antwerpen afgehandel. Drie van die plaaslike sterre sal ook aan die kompetisie deelneem. Hulle is Thomas Pieters, Nicolas Colsaerts en Thomas Detry.
  • In die Sonskynreeks begin die Lombard Classic môre by die Royal Swazi Spa in Swaziland.

Krieket

  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga

Mumbai Indians 186/8 (20 bb)
Kings XI Punjab 183/5 (20 bb)

Mumbai Indians wen met 3 lopies.

Vandag speel die Sunrisers Hyderabad teen RCB.

  • Suid-Afrika se vroue speel vandag in die eerste van drie T20-wedstryde teen Bangladesj. Die wedstryd begin om 13:00 op Kimberley.

Sokker

  • Gisteraand het Barcelona in Suid-Afrika teen Sundowns gespeel en gemaklik met 3-1 gewen. Die ster Lionel Messi het in die tweede helfte ook vir Barcelona diens gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.