Vandag se sportnuus

Tennis

  • By die Italiaanse Ope in Rome het die eerste gekeurde Rafael Nadal weer ʼn maklike oorwinning behaal toe hy in skoon stelle deurgedring het na die laaste agt. Daar was gister ook oorwinnings vir (2) Alexander Zverev asook (4) Marin Čilić. Een van die gekeurde spelers wat sy tassies moes pak was (5) Juan Martín del Potro.
  • In die vroue-enkelspel was daar gister oorwinnings in die ronde van 16 vir (1) Simona Halep, (2) Caroline Wozniacki, (4) Elina Svitolina asook (5) Jelena Ostapenko. (8) Venus Williams is egter uitgeskakel.

Superrugby

  • Die Stormers en Bokke se slot, Eben Etzebeth, is steeds beseer en hy sal nie aanstaande week teen die Lions kan speel nie. Die kanse word skraal dat hy in Junie vir die Bokke sal kan uitdraf.
  • Sewe wedstryde word hierdie naweek afgehandel:

Vandag

9:35 Hurricanes – Reds

Saterdag

7:15 Sunwolves – Stormers

9:35 Blues – Crusaders

11:45 Waratahs – Highlanders

15:05 Sharks – Chiefs

17:15 Lions – Brumbies

23:40 Jaguares – Bulls

Die Stormers se gereelde kaptein, Siya Kolisi, kry ʼn ruskans wanneer die Stormers môre in Hongkong teen die Sunwolves uitdraf. Chris van Zyl sal die leisels oorneem.

Die Sharks het drie veranderinge aangebring om die verswakte span van die Chiefs in Durban die stryd aan te sê. Philip van der Walt is terug op flank.

Daar is weer verskeie veranderinge aan die Lions se span aangebring wat die Brumbies in Johannesburg pak. Elton Jantjies speel in sy 100ste wedstryd vir die Lions. Daar is twee nuwe vleuels en Aphiwe Dyantyi sal buitesenter speel.

Die Bulls speel in Argentinië teen die Jaguares en daar is drie veranderinge asook drie verskuiwings in die span aangebring. Die losskakel vir die Bulls is die jong Manie Libbok.

Pro14

  • Die twee halfeindstryde van die kompetisie word die naweek beslis.
    • Vandag speel Glasgow teen die Scarlets om 20:45
    • Môre pak Leinster en Munster mekaar om 16:15 in Dublin.

Motorwedrenne

  • Die Franse Moto GP word Sondag op Le Mans gejaag. Die wegspringrooster sal môre bepaal word wanner die twee kwalifiseringsessies tussen 14:00 en 15:00 gejaag word.

Gholf

  • In Amerika is die eerste ronde van die AT&T Byron Nelson Classic in Texas gespeel.

Sam Saunders -6

Aaron Wise -6

Keith Mitchell -6

Abraham Ancer -6

Rory Sabbatini -5

Branden Grace -5

  • In Europa by die Belgiese uitklopkompetisie in Antwerpen is sewe spelers gesamentlik voor ná die eerste ronde.

Matthew Baldwin -4

Jorge Campillo -4

Thomas Detry -4

Gavin Green -4

Jeff Winther -4

Nico Geyger -4

Ryan Evans -4

Eric van Rooyen -2

  • In die Sonskynreeks begin die Lombard Classic vandag by die Royal Swazi Spa in Swaziland.

Netbal

  • Die Brutal Fruit Premierliga word vandag in die Ellispark Arena in Johannesburg voortgesit.

Vrydag

16:00: Jaguars teen Baobabs

18:00: Stings teen Sunbirds

Saterdag

11:00: Crinums teen Kingdom Stars

13:00: Sunbirds teen Baobabs

15:00: Aloes teen Stings

17:00: Fireballs teen Jaguars

19:00: Flames teen Diamonds

Krieket

  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga

RCB 218/6 (20 bb)

Sunrisers Hyderabad 204/3 (20 bb)

Royal Challengers Bangalore wen met 14 lopies.

Vandag speel die Delhi Daredevils teen die Chennai Super Kings

  • Suid-Afrika se vroue het gister in die eerste van drie T20-wedstryde teen Bangladesj op Kimberley gespeel. Die wedstryd is met 17 lopies deur die Proteas gewen.

Sokker

  • Die eindstryd van die FA-beker word môre om 18:15 tussen Manchester United en Chelsea in die Wembley Stadion gespeel.
  • In Suid-Afrika sal Free State Stars en Maritzburg United sake in Kaapstad uitspook in die eindstryd van die Nedbank-uitdaagtrofee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.