Vandag se sportnuus

Tennis

  • By die Italiaanse Ope in Rome het die eerste gekeurde Rafael Nadal in die eindstryd teen die tweede gekeurde Alexander Zverev uitgestap. Nadal het sy profiel as die koning van die kleibaan gestand gedoen en met 6-1, 1-6 en 6-3 gewen.
  • In die vroue-enkelspel het (4) Elina Svitolina haar kroon suksesvol verdedig en (1) Simona Halep met 6-0 en 6-4 geklop.
  • Die Franse Ope begin komende Sondag in Frankryk.

Superrugby

  • Sewe wedstryde is die naweek afgehandel. Twee Suid-Afrikaanse spanne het hul plaaslike wedstryde gewen terwyl twee spanne hul wegwedstryde verloor het.

Hurricanes 38 – 34 Reds

Jaguares 54 – 24 Bulls

Lions 42 – 24 Brumbies

Sharks 28 – 24 Chiefs

Waratahs 41 – 12 Highlanders

Blues 24 – 32 Crusaders

Sunwolves 26 – 23 Stormers

Pro14

  • Die twee halfeindstryde van die Pro14-kompetisie is die naweek beslis.
    • Glasgow 13 – 28 Scarlets
    • Leinster 16 – 15 Munster

Motorwedrenne

  • Die vyfde Moto GP van die seisoen is Sondag op Le Mans in Frankryk voor 105 000 toeskouers gejaag. Johann Zarco (Monster Yamaha Tech 3) en Andrea Dovizioso (Ducati) het albei geval en hul kanse verbrou om punte in te samel. Marc Marquez (Repsol Honda) het die wedren oor 27 rondes oorheers en sy derde oorwinning agtereenvolgens behaal. Danilo Pertrucci (Alma Pramac Ducati) was tweede en Valetine Rossi (Yamaha) derde.

Gholf

  • In Amerika is die AT&T Byron Nelson Classic in Texas gespeel. Branden Grace het 62 in die laaste ronde aangeteken om gesamentlik derde te eindig.

Aaron Wise     -23

Marc Leishman -20

Branden Grace -19

J.J. Spaun -19

Keith Mitchell -19       

  • In Europa is die Belgiese uitklopkompetisie in Antwerpen afgehandel.

Joakim Lagergren -16

Mike Lorenzo-Vera -16

Andy Sullivan -15

Jacques Kruyswijk -8

Thomas Aiken -8

  • In die Sonskynreeks is die Lombard Classic by die Royal Swazi Spa in Swaziland voltooi.

Jake Roos -20

Justin Harding -20

Jaco Ahlers -18

Netbal

  • Die Brutal Fruit Premierliga is die naweek in die Ellispark Arena in Johannesburg voortgesit.

Gister se uitslae lyk só:     

Gauteng Golden Fireballs 39 – 31 KZN Kingdom Stars

Free State Crinums 76 – 22 Northern Cape Diamonds

Hokkie

  • Die Varsitybeker se eindstryd word vanaand op Stellenbosch gespeel. Die spanne van Maties en Tukkies sal sake uitspook om as vanjaar se kampioenspan gekroon te word.

Boks

  • Hekkie Budler van Suid-Afrika het in Tokio vir Ryoichi Taguchi van Japan met punte oor 12 rondes verslaan om die WBA en IBF se junior vlieggewigkampioen te word.

Krieket

  • Twee wedstryde is gister in die Indiese Premierliga

Delhi Daredevils 174/4 (20 bb)

Mumbai Indians 163 (19.3/20 bb)

Delhi Daredevils wen met 11 lopies.

Kings XI Punjab 153 (19.4/20 bb)

Chennai Super Kings 159/5 (19.1/20 bb)

Chennai Super Kings wen met 5 paaltjies met 5 balle oor.

  • Suid-Afrika se vroue het die derde T20-wedstryd teen Bangladesj met 23 lopies gewen om skoonskip in die reeks te maak.

Sokker

  • Die eindstryd van die FA-beker is Saterdag op die Wembley Stadion gespeel.

Chelsea is as die kampioen gekroon toe die span Manchester United  met 1-0 geklop het.

  • In Suid-Afrika het Free State Stars vir Maritzburg United met 1-0 in die eindstryd van die Nedbank Uitdaag-trofee

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.