Vandag se sportnuus

Tennis

  • Ná die Italiaanse Ope in Rome is Rafael Nadal weer die voorste tennisspeler in die wêreld. Dit was Nadal se agtste titel wat hy in Rome verower het. Roger Federer beklee die tweede posisie op die wêreldranglys. 
  • Die Franse Ope begin Sondag op Roland Garros en twee Suid-Afrikaners het reeds hul plek in die hoofloting bespreek. Kevin Anderson en Raven Klaasen sal by die toernooi in aksie wees terwyl Lloyd Harris die week gaan probeer kwalifiseer. Rafael Nadal is eerste gekeur vir die toernooi en Kevin Anderson sesde. 
  • Onder die vroue is Simona Halep steeds eerste op die ranglys. Caroline Wozniacki is tweede en Garbiñe Muguruza derde.

Boks

  • Suid-Afrika se nuwe wêreldkampioen, Hekkie Budler, kom vandag in die land aan nadat hy in Japan die WBA en IBF se junior vlieggewigkampioen geword het.

Superrugby

  • Op die jongste punteleer is die Crusaders die voorloperspan.

1   Crusaders (K) 46
2   Lions (K) 36
3   Waratahs (K) 31
4   Hurricanes 45
5   Chiefs 32
6   Highlanders 32
7   Jaguares 29
8   Sharks 28
9   Rebels 25
10 Bulls 24
11 Stormers 24
12 Reds 18
13 Blues 17
14 Brumbies 16
15 Sunwolves 10

Junior Bokke

  • Die Junior Springbokspan berei die week in Stellenbosch voor en vertrek Vrydag na Frankryk vir die Wêreld-o/20-kampioenskap wat aanstaande week begin.

Pro14

  • Die twee halfeindstryde van die Pro14-kompetisie is die naweek beslis. Die Scarlets en Leinster sal mekaar in die eindstryd pak.

Motorwedrenne

  • Die vyfde Moto GP van die seisoen is Sondag op Le Mans in Frankryk afgehandel. Marc Marquez (Repsol Honda) is nou nog verder voor op die punteleer en spog met 95 punte. Maverick Vinales (Movistar Yamaha) is tweede met 59 punte en Johann Zarco (Monster Yamaha Tech 3) derde met 58 punte. Valetine Rossi (Yamaha) beklee die vierde plek met 56 punte. 

Gholf

  • Op die jongste wêreldranglys is Branden Grace die voorste Suid-Afrikaner.

1 Justin Thomas
2 Dustin Johnson
3 Jordan Spieth
4 Jon Rahm
5 Justin Rose
33 Branden Grace
36 Louis Oosthuizen
43 Charl Schwartzel
57 Dylan Frittelli

Netbal

  • In die Brutal Fruit Premierliga is die Gauteng Jaguars die voorloperspan op die punteleer.

1          Gauteng Jaguars                8
2          Free State Crinums             8
3          Southern Stings                  6
4          North West Flames             6
5          Gauteng Golden Fireballs 6
6          KZN Kingdom Stars                       4
7          Limpopo Baobabs               2
8          Mpumalanga Sunbirds      0
9          Eastern Cape Aloes           0
10       Northern Cape Diamonds 0

Hokkie

  • Die Varsitybeker se eindstryd is gister op Stellenbosch gespeel. Die spanne van Maties en Tukkies het sake uitgespook en dit was die span van Pretoria wat met 5-0 geseëvier het om as vanjaar se kampioenspan gekroon te word. 

Krieket

  • In die Indiese Premierliga het die Sunrisers Hyderabad boaan die punteleer geëindig.

1 Sunrisers Hyderabad      18
2 Chennai Super Kings    18
3 Kolkata Knight Riders     16
4 Rajasthan Royals                        14
5 Mumbai Indians               12
6 Challengers Bangalore  12
7 Kings XI Punjab               12
8 Delhi Daredevils              10

Vandag word die eerste kwalifiseringswedstryd om 15:30 tussen die Sunrisers Hyderabad en die Chennai Super Kings gespeel.

Sokker

Mamelodi Sundowns se Hlompho Kekana en Percy Tau is saam met Maritzburg United se Siphesihle Ndovu genomineer as sokkerspeler van die seisoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.