Vandag se sportnuus

Tennis

  • Die tweede Grand Slam van die jaar, die Franse Ope, begin Sondag op Roland Garros in Parys. Vandeesweek se voorbereidingstoernooie is in Switserland en Frankryk. Die vroue speel in Straatsburg (Strasbourg) in Frankryk.Boks
  • Suid-Afrika se nuwe wêreldkampioen, Hekkie Budler, sal heel moontlik sy titels in Japan gaan verdedig. Budler het die naweek die WBA en IBF se junior vlieggewigtitels verower.

Atletiek

  • Die derde Diamantliga-byeenkoms word Saterdag in die VSA aangebied. Tydens die eerste twee byeenkomste is twee nuwe SA rekords opgestel en twee goue medaljes deur Suid-Afrikaners verower. 

Superrugby

  • Die Bokafrigter, Rassie Erasmus, gaan Saterdag sy groep van 40 spelers aanwys wat in Junie teen Wallis en Engeland gaan speel. Die Bokke speel op 2 Junie in die VSA teen Wallis en daarna in drie toetse teen Engeland in Suid-Afrika.

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke het goeie nuus ontvang voor die laaste twee toernooie van die Wêreldreeks. Seabelo Senatla is beskikbaar om in die negende en tiende toernooie vir Suid-Afrika uit te draf.
  • Botswana sal die gasheerland wees vir die Afrika-toernooi vir vroue wat Saterdag en Sondag aangebied word. Tien spanne sal in aksie wees. 

Junior Bokke

  • Die Junior Springbokspan speel aanstaande week in Frankryk in hul eerste wedstryd van die Wêreld-o.20-kampioenskap.

Pro14

  • Die Scarlets en Leinster pak mekaar Saterdag in die eindstryd van die Pro14-kompetisie in Stuart Berry van Suid-Afrika sal die fluitjie hanteer.

Motorwedrenne

  • Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer die Formule Een-spanne op Monaco toesak vir die mees bekende wedren van die seisoen. Vanjaar se Monaco Formule Een Grand Prix is die sesde wedren op die 2018-kalender. Dit is baie moeilik om mekaar in die straatren verby te steek weens die nou baan en skerp draaie. Die wedren begin Sondag skuins ná 15:00. 

Gholf

  • Dit gons in gholfkringe oor die nuwe Wêreldgholfreeks wat deur ʼn firma in Brittanje beplan word. Die reeks van 15 tot 20 toernooie per jaar gaan oor die wêreld heen aangebied word en sal spog met ʼn prysgeld van nagenoeg $20 miljoen per toernooi.

Netbal

  • Die Brutal Fruit Premierliga word die naweek voortgesit. Die kompetisie verskuif van Johannesburg na Pretoria. Die eerste wedstryd word Vrydagmiddag tussen die Jaguars en die Mpumalanga Sunbirds gespeel.
  • Die Proteas is steeds onder die toptien spanne in die wêreld. Suid-Afrika is tans vyfde op die ranglys. Australië is eerste en Nieu-Seeland tweede.

Krieket

  • In die Indiese Premierliga is die eerste kwalifiseringswedstryd gister tussen die Sunrisers Hyderabad en die Chennai Super Kings gespeel. Faf du Plessis was die uitblinker vir die Super Kings en het 67 van 42 balle gemoker.
    Sunrisers Hyderabad 139/7 (20 bb)
    Chennai Super Kings 140/8 (19.1/20 bb)
    Chennai Super Kings wen met 2 paaltjies met 5 balle oor en bespreek só hul plek in die eindstryd.

    Vandag speel die Kolkata Knight Riders teen die Rajasthan Royals in ʼn uitklopwedstryd.

Sokker

  • Die UEFA Kampioeneliga se eindstryd word Saterdag tussen Real Madrid en Liverpool gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.