Vandag se sportnuus

Bokrugby

  • Die Springbokke speel aanstaande naweek in hul eerste internasionale kragmeting van die jaar teen Wallis in Amerika. Die Bokke sal in Junie ook in drie toetse teen Engeland te staan kom. Rassie Erasmus sal môreaand sy Bokgroep vir die vier wedstryde bekend maak. 

Superrugby

  • Sewe wedstryde word die naweek afgehandel.

Vandag

09:35 Crusaders teen Hurricanes
11:45 Rebels teen Sunwolves
21:40 Jaguares teen Sharks

Môre

09:35 Chiefs teen Waratahs
11:45 Reds teen Highlanders
15:05 Bulls teen Brumbies
17:15 Stormers teen Lions 

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke speel aanstaande naweek in die negende toernooi van die Wêreldreeks in Londen. Die gereelde kaptein, Philip Snyman, asook Seabelo Senatla is terug in die span. Branco du Preez, Justin Geduld en Ruhan Nel is ook weer in die span opgeneem.
  • Die Afrika-toernooi vir vroue word môre en Sondag in Botswana gespeel. Tien spanne sal in aksie wees.

Junior Bokke

  • Die Wêreld-o.20-kampioenskap begin volgende week. Die Junior Bokke is in groep C ingedeel, saam met Frankryk, Georgië en Ierland.

Pro14

  • Die Scarlets en Leinster pak mekaar môre in die eindstryd van die Pro14-kompetisie in Die wedstryd se afskop is om 19:00. 

Tennis

  • Die Franse Ope begin komende Sondag in Parys.
  • In die mansenkelspel sal alle oë op Rafael Nadal wees. Nadal is weer nommer een in die wêreld en ook eerste gekeur vir die toernooi. Suid-Afrika se Kevin Anderson is sesde gekeur.
  • In die vroue-enkelspel is daar ses vroue wat ʼn kans staan om die voorste plek op die wêreldranglys in te neem ná afloop van die toernooi in Parys. Indien die huidige topspeler in die wêreld, Simona Halep, die halfeind haal, sal sy steeds die eerste plek beklee.

Atletiek

  • Die derde Diamantliga-byeenkoms word die naweek in die VSA aangebied. By die vorige twee byeenkomste is twee nuwe Suid-Afrikaanse rekords opgestel. 

Motorwedrenne

  • Die sesde wedren in vanjaar se Formule Een-reeks word Sondag gejaag. Die Monaco Grand Prix begin Sondag skuins ná 15:00. Lewis Hamilton (Mercedes) sal poog om sy voorsprong oor Sebastian Vettel (Ferrari) verder te vergroot. 

Gholf

  • In Amerika is die eerste ronde van die Fort Worth Uitnodigingstoernooi in Texas voltooi.

Kevin Na -8
Charley Hoffman -7
Rory Sabbatini -4
Louis Oosthuizen -3
Tyrone Van Aswegen -3

  • In Europa is die eerste ronde van die PGA Kampioenskap op Wentworth afgehandel en twee Suid-Afrikaners is goed geplaas.

Lucas Bjerregaard -7
Darren Fichardt -6
Dean Burmester -6
Matthew Fitzpatrick -5
Sam Horsfield -5
Richard Bland -5
Rory Mcilroy -5

Netbal

  • Die Brutal Fruit Premierliga word die naweek voortgesit. Vandag word daar twee wedstryde gespeel. Môre sal nog vyf afgehandel word en Sondag ʼn verdere drie wedstryde.

Krieket

  • In die Indiese Premierliga word die tweede uitklopwedstryd vandag gespeel.

Die Kolkata Knight Riders kom te staan teen die Sunrisers Hyderabad. 

  • Ná dag een van die eerste toets tussen Engeland en Pakistan op Lords in Londen is Pakistan in ʼn goeie posisie.

Engeland 184
Pakistan 50/1 (23 bb)

Uitskeityd: Pakistan is 134 lopies agter met nog 9 paaltjies staande in die eerste beurt. 

Sokker

  • Die UEFA Kampioeneliga se eindstryd word môre tussen Real Madrid en Liverpool gespeel.
  • Die toernooi om die Cosafa-beker begin Sondag in Polokwane met twee wedstryde wat afgehandel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Reet ·

Berig bietjie oor die netball toe ? Vra bietjie vir Netbal SA om vir julle hulle nuus aan te stuur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.