Vandag se sportnuus

Bokrugby

  • Die Springbokgroep vir die vier toetse in Junie is Saterdagaand bekend gemaak. Daar is 43 spelers in die groep van wie 17 vir die eerste keer in die Springbokgroep opgeneem is. Vyf van hulle is oorsese spelers.

Superrugby

  • Sewe wedstryde is die naweek afgehandel.

Stormers 23 – Lions 26

Bulls 28 – Brumbies 38

Jaguares 29 – Sharks 13

Crusaders 24 – Hurricanes 13

Rebels 40 – Sunwolves 13

Chiefs 39 – Waratahs 27

Reds 15 – Highlanders 18

Sewesrugby

  • Die Afrika-toernooi vir vroue het gister in Botswana ten einde geloop. Kenia het Uganda in die eindstryd met 22-7 geklop.

Junior Bokke

  • Die Wêreld-o.20-kampioenskap begin Woensdag in Frankryk. Die Bokke speel in hul eerste wedstryd teen Georgië.

Pro14

  • Die Llanelli Scarlets en Leinster het mekaar Saterdag in die eindstryd van die Pro14-kompetisie in Dublin getakel. Leinster het die titel verower met ʼn oorwinning van 40-32 oor die Scarlets.

Tennis

  • Die Franse Ope het gister op Roland Garros in Parys begin.

Die verdedigende kampioen, Jelena Ostapenko, is in die eerste ronde uitgeskakel. Kateryna Kozlova het haar met 7-5 en 6-3 geklop.

Atletiek

  • Die derde byeenkoms in die Diamantliga-reeks is Saterdag in Eugene, in die VSA, aangebied. Caster Semanya het haar derde goue medalje van die reeks verower toe sy goud vir Suid-Afrika in die 800 m gewen het. Caster het die vinnigste tyd dié jaar behaal toe sy die wenstreep in 1 minuut 55.92 sekondes oorgesteek het.

Motorwedrenne

  • Die Monaco Formule Een Grand Prix is gister gejaag. Die wenner was Daniel Ricciardo (Red Bull) wat van die begin tot einde voorgejaag het. Sebastian Vettel het tweede in sy Ferrari geëindig terwyl die huidige wêreldkampioen en voorloper op die punteleer, Lewis Hamilton (Mercedes), derde was. Kimi Räikkönen (Ferrari) was vierde en Valtteri Bottas vyfde.

Gholf

  • In Amerika is die Fort Worth Uitnodigingstoernooi in Texas voltooi.

1 Justin Rose -20

2 Brooks Koepka -17

3 Emiliano Grillo -16

4 Kevin Na -14

5 Louis Oosthuizen -10

  • In Europa is die PGA Kampioenskap op Wentworth afgehandel.

1 Francesco Molinari -17

2 Rory Mcilroy -15

3 Lucas Bjerregaard -14

Alex Noren -14

5 Branden Grace -13

Kiradech Aphibarnrat -13

7 Darren Fichardt -12

  • Die Sonskyntoer het aangekondig dat die Alfred Dunhill Kampioenskap weer in Desember op Leopard Creek gespeel gaan word. Die toernooi vorm deel van die Europese Reeks en sal van 13 tot 16 Desember afgehandel word.

Netbal

  • Die Brutal Fruit Premierliga is die naweek voortgesit. Gister is drie wedstryde gespeel.
    • Die Free State Crinums het hul onoorwonne status behou toe hulle die Gauteng Fireballs met 44-43 geklop het.
    • Die Western Cape Stings het die Northern Cape Diamonds met 81-27 verinneweer.
    • Die Limpopo Baobabs het ʼn suksesvolle naweek afgesluit met ʼn oorwinning van 50-40 oor die Eastern Cape Aloes.

Krieket

  • In die Indiese Premierliga is die eindstryd gister gespeel.

Sunrisers Hyderabad 178/6

Chennai Super Kings 181/2 (18.3/20 ov, teiken 179)

Die Super Kings wen met 8 paaltjies met 9 balle oor.

Shane Watson het 117 lopies van net 57 balle gemoker.

  • Die eerste toets tussen Engeland en Pakistan is op Lords in Londen afgehandel. Pakistan het gemaklik met 9 paaltjies geseëvier.

Engeland 184 & 242

Pakistan 363 & 66/1 (12.4 bb, teiken was 64)

Sokker

  • Die UEFA Kampioeneliga se eindstryd is Saterdag tussen Real Madrid en Liverpool gespeel. Real Madrid het die trofee vir ʼn derde keer agtereenvolgens verower toe hulle met 3-1 geseëvier het.
  • Die toernooi om die Cosafa-beker het gister in Polokwane begin.
    • Madagaskar klop Mosambiek met 2-1.
    • Comore en die Seychelle speel gelykop met 1-

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.