- Die Springbokke speel komende naweek in Washington teen Wallis en Pieter Steph-du Toit sal die kaptein wees. Siya Kolisi sal op sy beurt as kaptein uitdraf in die drie toetse teen Engeland. Dit sal albei spelers se eerste wedstryde as kaptein wees. Die 26 spelers wat Saterdag in aksie sal wees, vertrek môre na die VSA.
Sewesrugby
- Die Blitsbokke speel komende naweek in die tweede laaste toernooi van die wêreldreeks in Londen. Van die groot name wat terug is in die span is Philip Snyman, Seabelo Senatla, Branco du Preez, Justin Geduld en Ruhan Nel.
Superrugby
- Ná die naweek se wedstryde is die Lions algeheel tweede op die punteleer.
1 Crusaders (K) 50
2 Lions (K) 40
3 Waratahs (K) 31
4 Hurricanes 45
5 Chiefs 37
6 Highlanders 36
7 Jaguares 34
8 Rebels 30
9 Sharks 28
10 Stormers 25
11 Bulls 24
12 Brumbies 20
13 Reds 19
14 Blues 17
15 Sunwolves 10
- Intussen is die Sharks se kaptein, Ruan Botha, vir vier weke geskors nadat hy ʼn rooikaart teen die Jaguares gekry het.
- Die Stormers se senter, JJ Engelbrecht, is op sy beurt vir een week geskors terwyl die vleuel, Raymond Rhule, vir drie weke geskors is.
Junior Bokke
- Die Wêreld-o.20-kampioenskap begin môre in Frankryk. Daar word ses wedstryde gespeel.
18:30
Suid-Afrika teen Georgië
Engeland teen Argentinië
Skotland teen Italië
21:00
Nieu-Seeland teen Japan
Australië teen Wallis
Frankryk teen Ierland
Tennis
- Die Franse Ope het gister sy tweede dag op Roland Garros in Parys beleef.
- In die mansenkelspel het die voormalige kampioen, Novak Djokovic, in skoon stelle deurgedring na die tweede ronde. Nog ʼn voormalige kampioen, Stan Wawrinka, is egter in vyf stelle deur Guillermo Garcia-Lopez uitgeskakel.
- Suid-Afrika se (6) Kevin Anderson sal vandag teen Paolo Lorenzi van Italië uitdraf.
- In die dubbelspel sal (10) Raven Klaasen en Micheal Venus ook vandag in aksie wees.
- In die vroue-afdeling het die tweede gekeurde Caroline Wozniacki maklik na die tweede ronde deurgedring.
Atletiek
- Die vierde byeenkoms in die Diamantliga-reeks word Donderdag in Rome aangebied.
- Suid-Afrika se Luvo Manyonga was die naweek by die Taiwannese Ope in aksie en het die verspring vir mans met ʼn sprong van 8,40 m gewen.
Motorwedrenne
- Ná die Monaco Formule Een Grand Prix is Lewis Hamilton (Mercedes) nou 14 punte voor Sebastian Vettel ( Ferrari).
Pos | Renjaer | Span | Punte |
1 | Lewis Hamilton | Mercedes GP | 110 |
2 | Sebastian Vettel | Ferrari | 96 |
3 | Daniel Ricciardo | Red Bull | 72 |
4 | Valtteri Bottas | Mercedes GP | 68 |
5 | Kimi Räikkönen | Ferrari | 60 |
Gholf
- Branden Grace het op die jongste wêreldranglys na die 31ste plek verbeter.
1 Justin Thomas
2 Dustin Johnson
3 Justin Rose
31 Branden Grace
33 Louis Oosthuizen
43 Charl Schwartzel
Netbal
- Tien wedstryde is die naweek in die Brutal Fruit Premierliga Die span van die Gauteng Jaguars is die enigste onoorwonne span in die kompetisie.
1 Gauteng Jaguars 12
2 North West Flames 10
3 Cape Southern Stings 8
4 Free State Crinums 8
5 Gauteng Golden Fireballs 6
6 KZN Kingdom Stars 4
7 Limpopo Baobabs 4
8 Mpumalanga Sunbirds 0
9 Eastern Cape Aloes 0
10 Northern Cape Diamonds 0
Krieket
- Die Internasionale Krieketraad sê hy sal definitief die aantygings van korrupsie teen Australiese kolwers ondersoek nadat dit in ʼn TV dokumentêre program geopper is. Die wedstryd onder die soeklig is in Maart 2017 tussen Australië en Indië gespeel.
Sokker
- Twee wedstryde is gister in die toernooi om die Cosafa-beker
Mauritius klop Malawi met 1-0.
Botswana klop Angola met 2-1.
Die Superrugby punteleer lyk soos die Bokspan se samestelling:
2 Lions, 9 Sharks, 10 Stormers ……