Vandag se sportnuus

sportnuus-attoohInternasionale krieket

Die Proteas het gister slae gekry teen Nieu-Seeland in die tweede eendagkragmeting van die huidige reeks in Christchurch. Die swart pette het 289/4 (50 bb) aangeteken, Ross Taylor het 102 nun geslaan en is ook as speler van die wedstryd aangewys. Die Proteas kon net antwoord met 283/9 (50.0 ov) wat ses lopies kort was. Quiton de Kock het 57 lopies bygedra.

Die reekstelling is nou een elk.

Australië het teen Sri Lanka in hul derde T20-wedstryd in Adelaide teenmekaar gespeel.

Australië 187/6 (20 bb)

Sri Lanka 146 (18/20 bb)

Australië seëvier met 41 lopies maar Sri Lanka wen die reeks met 2-1

En in Pune begin die eerste kriekettoets tussen Australië en Indië vandag.

Plaaslike krieket

In die Momentum-eendagreeks is daar gister een wedstryd gespeel.

Oos-Londen

Cape Cobras   319/6 (50 bb)

Warriors         262 (44.2/50 bb)

Cape Cobras wen met 57 lopies

Môre word twee wedstryde afgehandel:

sport1 

Superrugby

Die 2017 seisoen skop vandag af en daar is ʼn rits wedstryde dié naweek:

sport2  

Sewesrugby

Cecil Afrika, die Blitsbok wat spog met die meeste punte nóg in sewesrugby vir Suid-Afrika, is terug in die groep van 13 vir die volgende twee toernooie in die Wêreldreeks. Die Las Vegas-toernooi is van 3 tot 5 Maart en die Kanadese toernooi die naweek daarna.

Varsityrugby

Op die jongste punteleer staan sake so:

sport3

Gholf

In die Europese reeks het die spelers vanoggend begin afgeslaan in die Joburg Ope. Die toernooi word by die Royal Johannesburg en Kensington Golf Klub gespeel.

In die Amerikaanse Reeks begin die Honda Classic op Palm Beach Gardens in Florida later vandag.

Op die Vrouegholffront is die tweede ronde van die Sonskyn Toer se Vroue Classic op die Glendower-gholfbaan voltooi.

sport4 

Tennis

Van die uitslae op die Dubai-kampioenskap sluit in:

1 A. Kerber klop vir M. Puig met 6-2 en 6-3

En by die Delray Beach Ope het Juan Martin Del Potro, Suid-Afrika se Kevin Anderson met 6-4 en 6-4 uitgeskakel.

Sokker

In die EUFA-kampioenliga is twee wedstryde gisteraand afgehandel.

Porto               0 – 2     Juventus

Sevilla             2 – 1     Leicester City

In die plaaslike Premierliga is gisteraand twee wedstryde gespeel.

Bidvest Wits                5 – 0     Baroka FC

SuperSport United      4 – 1     Maritzburg United

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hans ·

Plaas asb die volgende logs ook:
Varsity Young Guns
Noodelikebonde Assupol Reekse 1ste, 2de en 0/21 reeks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.