Vandag se sportnuus

Tennis

Die Franse Ope het gister sy derde dag op Roland Garros in Parys beleef en reën het weer groot vertragings meegebring.

  • In die mansenkelspel het (1) Rafael Nadal, (3) Marin Čilić en (7) Dominic Thiem almal die tweede ronde bereik.
      • Suid-Afrika se (6) Kevin Anderson het teen Paolo Lorenzi van Italië gespeel. Anderson het in drie stelle geseëvier en ook 18 kishoue gemoker. Die telling was 6-1, 6-2 en 6-4.
      • In die dubbelspel het (10) Raven Klaasen en Micheal Venus maklik na die ronde van 32 deurgedring toe hulle vir Denolly en Muller gemaklik met 6-3 en 6-3 geklop het.
      • In die vroue-afdeling het (3) Garbine Muguruza deurgedring na die tweede ronde. 

Bokrugby

      • Die Springbokke speel komende naweek in Washington teen Wallis. Die daaropvolgende drie Saterdae speel die bokke tuis teen Engeland in drie toetse. Die Bokspan wat Saterdag diens sal doen, word vandag bekend gemaak. 

Sewesrugby

      • Die Blitsbokke speel komende naweek in die tweede laaste toernooi van die wêreldreeks in Londen. Die Bokke beklee die tweede plek op die punteleer en is net vier punte agter Fidji. Die Fidjiane het egter die laaste drie toernooie in ʼn ry gewen. 

Superrugby

      • Al vier Suid-Afrikaanse spanne geniet komende naweek ʼn loslootjie. Daar is egter verskeie spanne uit Nieu-Seeland en Australië wat in aksie sal wees. 

Junior Bokke

      • Die Wêreld-o.20-kampioenskap skop vandag in Frankryk af. Die losskakel, Damian Willemse, is een van sewe spelers in die span wat verlede jaar ook aan die kampioenskap deelgeneem het.

18:30

Suid-Afrika teen Georgië
Engeland teen Argentinië
Skotland teen Italië

21:00

Nieu-Seeland teen Japan
Australië teen Wallis
Frankryk teen Ierland

Atletiek

      • Die vierde byeenkoms in die Diamantliga-reeks word môre in Rome aangebied. Caster Semenya spog reeds met drie goue medaljes in die drie afgehandelde byeenkomste. Daar is egter nie een van Semenya se twee items op môre se program nie. 

Motorwedrenne

      • Die fokus verskuif dié week na Moto GP. Die sesde wedren van die seisoen word in Italië gejaag. Marc Marquez is na vyf wedrenne gemaklik voor op die punteleer.
PosJaerMotorfietsPunte
1Marc MarquesHonda95
2Maverick VinalesYamaha59
3Johann Zarco Yamaha58
4Valentino Rossi Yamaha56
5Danilo Petrucci Ducati54

Gholf

      • In Europa slaan die spelers môre af in die Italiaanse Ope.
      • In Amerika is die fokus op die Memorial-toernooi wat op Muirfield Village in Ohio gespeel word. 
      • Die voorbereidings vir die Amerikaanse Ope vir vroue is deur baie reën in die wiele gery. Die Shoal Creek-baan in Alberta is gesluit en nog reën word verwag. 

Netbal

      • Die Brutal Fruit Premierliga word die naweek voortgesit. Die aksie is in die Universiteit van Pretoria se binnenshuise stadion. Die Fireballs speel in die eerste wedstryd teen die Aloes.

Krieket

      • Michael Neser wat in Pretoria gebore is, is ingesluit in die Aussies se Eendagspan vir hul toer na Engeland. Die veelsydige Neser vervang die beseerde Josh Hazlewood. 

Sokker

      • Twee wedstryde is gister in die toernooi om die Cosafa-beker

Seychelle 1-1 Madagaskar
Mosambiek 3-0 Comore

    • Percy Tau (Mamelodi Sundowns) is gisteraand tydens die PSL se toekennings as Speler van die seisoen aangewys asook die spelers se Speler van die seisoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.