Vandag se sportnuus

Tennis

  • Die Franse Ope het gister sy vierde dag op Roland Garros in Parys beleef.
    • In die mansenkelspel het (2) Alexander Zverev en (4) Grigor Dimitrov albei vyf stelle nodig gehad om die ronde van 32 te haal.
    • Suid-Afrika se (6) Kevin Anderson speel vandag in die ronde van 64 teen Pablo Cuevas.
    • In die dubbelspel sal (10) Raven Klaasen en Micheal Venus teen Hugo Nys en Jonathan Eysseric van Frankryk speel.
    • In die vroue-afdeling het (4) Elina Svitolina deurgedring na die ronde van 32. Die eerste gekeurde Simona Halep het drie stelle nodig gehad om haar eersterondewedstryd te wen. 

Bokrugby

  • Daar is sewe nuwe Bokke in die span wat Saterdag teen Wallis speel. Hulle is Travis Ismaiel (vleuel), Makazole Mapimpi (vleuel), Andre Esterhuizen (senter), Ivan van Zyl (skrumskakel), Kwagga Smith (flank), Jason Jenkins (slot) en Ox Nche (stut). 
  • Die span van Engeland vlieg die naweek na Suid-Afrika vir drie toetse. Drie veranderinge is aan hul finale groep van 34 aangebring. Piers Francis (Northampton Saints), Nathan Hughes (Wasps) en Jason Woodward (Gloucester Rugby) is ingesluit in die groep. 

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke speel die naweek in die tweede laaste toernooi van die wêreldreeks op Twickenham in Londen. Die Bokke speel in die groepfase teen Rusland (10:52), Kanada (13:58) en Samoa (17:04). 

Superrugby

  • Vyf wedstryde word die naweek afgehandel.

Môre

09:35 Highlanders teen Hurricanes

Saterdag

07:15 Blues teen Rebels
09:35 Chiefs teen Crusaders
11:45 Reds teen Waratahs

Sondag

08:05 Brumbies teen Sunwolves

  • Gloucester het bekend gemaak dat hulle die dienste van die twee

Lions, Franco Mostert en Ruan Dreyer, bekom het.

Junior Bokke

  • Die Wêreld-o.20-kampioenskap het gister in Frankryk afgeskop. Die Junior Bokke het baie foute in hul openingswedstryd begaan en Georgië net-net geklop. 

Suid-Afrika 33-27 Georgië
Frankryk 26-24 Ierland
Nieu-Seeland 67-0 Japan
Australië 21-26 Wallis
Engeland 39-18 Argentinië
Skotland 26-27 Italië

Die volgende wedstryde word Sondag afgehandel.

Atletiek

  • Die vierde byeenkoms in die Diamantliga-reeks word vanaand in Rome aangebied. In die verspring vir mans gaan die twee Suid-Afrikaners, Luvo Manyonga en Rushwal Samaai, poog om goud te wen. Onder die spoedvrate wat in die 100 m vir mans in die blokke gaan sak, is Suid-Afrika se Akani Simbine. 

Motorwedrenne

  • Die fokus verskuif die week na Moto GP. Die oefenrondes begin môre terwyl die kwalifisering Saterdag sal plaasvind. Die hoofwedrenne word Sondag vir Moto3, Moto2 en MotoGP afgehandel. 

Gholf

  • In Europa word die eerste ronde van die Italiaanse Ope vandag gespeel. Twaalf Suid-Afrikaners sal in aksie wees.
  • In Amerika sal vyf Suid-Afrikaners aan die Memorial Toernooi in Ohio deelneem. Hulle is Ernie Els, Louis Oosthuizen, Rory Sabatini, Branden Grace en Charl Schwartzel.
  • Die Amerikaanse Ope vir vroue begin vandag op Shoal Creek in Alberta. Suid-Afrika word verteenwoordig deur Ashleigh Buhai en Paula Reto. 

Netbal

  • Die Brutal Fruit Premierliga word die naweek voortgesit. Môre word daar twee wedstryde gespeel, Saterdag vyf en Sondag drie.

Krieket

  • Die tweede en laaste toets tussen Engeland en Pakistan begin môre. Pakistan het die eerste toets met nege paaltjies gewen. 

Sokker

  • Twee wedstryde is gister in die toernooi om die Cosafa-beker

Botswana 1-1 Malawi
Angola 1-0 Mauritius

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.