Vandag se sportnuus

Tennis

  • Die Franse Ope het gister sy vyfde dag op Roland Garros in Parys beleef.
    • In die mansenkelspel was daar gister oorwinnings vir (1) Rafael Nadal asook (3) Marin Čilić.
    • Suid-Afrika se (6) Kevin Anderson het in die ronde van 64 teen Pablo Cuevas op die baan gestap. Anderson het vier stelle nodig gehad om na die ronde van 32 deur te dring. Die telling was 6-3, 3-6, 7-6 en 6-4.
    • In die dubbelspel het (10) Raven Klaasen en Micheal Venus vir Hugo Nys en Jonathan Eysseric van Frankryk met 7-6 en 6-3 uitgeskakel.
    • In die vroue-afdeling het (1) Simona Halep en (3) Garbiñe Muguruza na die laaste 32 deurgedring. 

Atletiek

  • Die vierde byeenkoms in die Diamantliga-reeks is gister in Rome aangebied. In die verspring vir mans het die twee Suid-Afrikaners, Luvo Manyonga en Rushwal Samaai, uitstekend gevaar. Manyonga het met die goue medalje weggestap en boonop die beste afstand in die wêreld vir 2018 behaal. Manyonga se wensprong was 8.58 m. Dit is 2 cm beter as sy vorige beste afstand die jaar. Ruswahl Samaai het die bronsmedalje verower met ʼn sprong van 8.34 m. In die 100 m vir mans het Suid-Afrika se Akani Simbine vyfde geëindig in 10.13 sekondes. 

Bokrugby

  • Die Springbokke speel môre in hul eerste wedstryd van 2018 teen Wallis in Amerika. Die wedstryd begin om 23:00 Suid-Afrikaanse tyd. 

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke se voorlaaste toernooi in die wêreldreeks begin môre op Twickenham in Londen. Die Bokke is in Groep D en speel môre teen Rusland (10:52), Kanada (13:58) en Samoa (17:04). Die Bokke het voorheen al 21 wedstryde teen Rusland gewen. Teen Kanada het hulle 45 gewen en net 5 verloor en hulle het Samoa 45 keer geklop en was 21 keer aan die verloorkant. 

Superrugby

  • Vyf wedstryde is vir die naweek geskeduleer.

Vandag

9:35 Highlanders teen Hurricanes

Môre  

7:15 Blues teen Rebels
9:35 Chiefs teen Crusaders
11:45 Reds teen Waratahs

Sondag

8:05 Brumbies teen Sunwolves

Junior Bokke

  • Die Wêreld-o.20-kampioenskap se tweede ronde word Sondag gespeel en al 12 spanne sal weer in aksie wees.

14:00

Frankryk teen Georgië
Australië teen Japan
Skotland teen Argentinië

16:30

Nieu-Seeland teen Wallis

Suid-Afrika teen Ierland

Engeland teen Italië

Motorwedrenne

  • Die Moto GP van Italië word Sondag gejaag. Marc Marques is 36 punte voor sy naaste teenstander. Die wegspring is Sondag om 11:00 vir Moto3, 12:20 vir Moto2 en 14:00 vir Moto GP. 

Gholf

  • In Europa is die eerste ronde van die Italiaanse Ope afgehandel.

1 Robert Rock -8
Richard Sterne -8
Laurie Canter -8
4 Erik van Rooyen -6
Thorbjørn Olesen -6
Charlie Ford -6
Danny Willett -6
Thomas Pieters -6
Matt Wallace -6

  • In Amerika het die Memorial Toernooi in Ohio ook gister begin.

1 Abraham Ancer -7
Joaquin Niemann -7
Hideki Matsuyama -7
4 Beau Hossler -6
9 Branden Grace -3

  • Die Amerikaanse Ope vir vroue se eerste ronde is op Shoal Creek in Alberta voltooi.

1 Ariya Jutanugarn -5
Jane Smith -5
Jeongeun Lee -5    
44 Ashleigh Buhai +1 

Netbal

  • Die Brutal Fruit Premierliga word vandag by Tukkies se binnenshuise sentrum hervat.

Vrydag

16:00: Fireballs vs. Baobabs
18:00: Flames vs. Jaguars

Saterdag

11:00: Diamonds vs. Sunbirds
13:00: Baobabs vs. Kingdom Stars
15:00: Jaguars vs. Aloes
17:00: Stings vs. Fireballs
19:00: Flames vs. Crinums

Sondag

08:00: Diamonds vs. Aloes
10:00: Kingdom Stars vs. Sunbirds
12:00: Stings vs. Crinums

Krieket

  • Die tweede en laaste toets tussen Engeland en Pakistan begin vanoggend op Headingley in Leeds. 

Sokker

  • Twee wedstryde is gister in die toernooi om die Cosafa-beker

Mosambiek 2-1 Seychelle
Madagaskar 1-0 Comore

Suid-Afrika speel Sondagmiddag om 15:00 in sy eerste wedstryd by die toernooi teen Madagaskar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.