Vandag se sportnuus

Bokrugby

  • Die Springbokke het Saterdag in hul eerste wedstryd van 2018 teen Wallis in Amerika gespeel en verloor. Die eindtelling was 22-20 in Wallis se guns. Die Bokke was rustyd reeds met 14-3 agter. 

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke het gister die eindstryd van die Londen-toernooi van die wêreldreeks gehaal. Die Blitsbokke het eerste in afdeling D geëindig en toe in die kwarteind vir Nieu-Seeland met 14-5 geklop. In die halfeind was die Bokke weer aan die wenkant toe hulle Engeland met 29-19 oorrompel het. Die Bokke het in die eindstryd teen Fidji te staan gekom en net-net verloor. Die telling was 21-17 in Fidji se guns. 

Superrugby

  • Vyf wedstryde is dié naweek gespeel.

Brumbies 41-31 Sunwolves
Reds 41-52 Waratahs
Blues 10-20 Rebels
Chiefs 20-34 Crusaders
Highlanders 30-14 Hurricanes

Junior Bokke

  • Die Wêreld-o.20-kampioenskap se tweede ronde is gister in Frankryk gespeel.

Suid-Afrika 30-17 Ierland
Nieu-Seeland 42-10 Wallis
Engeland 43-5 Italië
Australië 54-19 Japan
Skotland 13-29 Argentinië
Frankryk 24-12 Georgia

Motorwedrenne

  • Die sesde Moto GP van die seisoen is gister in Italië gejaag. Jorge Lorenzo (Ducati) het die wedren oor 23 rondes gedomineer en gemaklik gewen met sy spanmaat Andrea Dovizioso tweede. Valentino Rossi (Yamaha) het derde geëindig. Marc Marques (Repsol Honda), die voorloper op die punteleer, het 16de oor die eindstreep gejaag.

Gholf

  • In Europa is die Italiaanse Ope afgehandel.

1 Thorbjørn Olesen -22
2 Francesco Molinari -21
3 Lee Slattery -20
8 Jacques Kruyswijk -15

  • In Amerika het die Memorial-toernooi in Ohio ook gister ten einde geloop.

1 Bryson DeChambeau -15
2 Byeong Hun An -15
Kyle Stanley -15
13 Louis Oosthuizen -10

  • Die Amerikaanse Ope vir vroue is op Shoal Creek in Alberta voltooi.

1 Ariya Jutanugarn -11
2 Hyo-joo Kim -11
3 Carlota Ciganda -7 

Tennis

  • Die Franse Ope het gister sy agtste dag op Roland Garros in Parys beleef.
    • In die mansenkelspel het (2) Alexander Zverev vyf stelle nodig gehad om die kwarteind te bereik. (7) Dominic Thiem het op sy beurt in vier stelle na die kwarteind deurgedring terwyl (20) Novak Djokovic ook die kwarteind bereik het.
    • Suid-Afrika se (6) Kevin Anderson speel vandag teen Diego Schwartzman vir ʼn plek in die kwarteind.
    • In die vroue-afdeling sal Caroline Wozniacki se wedstryd teen Daria Kasatkina vandag afgehandel word. Sy het die eerste stel verloor. 

Netbal

  • Die Brutal Fruit Premierliga is gister in Tukkies se binnenshuise sportsentrum voortgesit.

Die Western Cape Stings klop die Free State Crinums met 59-36.
Eastern Cape Aloes klop die Northern Cape Diamonds 46-43.

Krieket

  • Die tweede en laaste toets tussen Engeland en Pakistan het gister op Headingley in Leeds ten einde geloop.

Pakistan 174 & 134 (46 bb)
Engeland 363

Engeland wen met ʼn beurt en 55 lopies en die reeks eindig een elk. 

Sokker

  • Bafana Bafana het gister in die toernooi om die Cosafa-beker

Suid-Afrika en Madagaskar het in die kwarteind met 0-0 gelykop gespeel waarna Madagaskar die doeluitskietstryd met 4-3 gewen het. Zimbabwe het Botswana ook in ʼn doeluitskietstryd met 4-1 geklop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.