Vandag se sportnuus

Tennis

  • Die Franse Ope het gister sy agtste dag op Roland Garros in Parys beleef.
    • In die mansenkelspel het (1) Rafael Nadal maklik na die kwarteind deurgedring. Suid-Afrika se (6) Kevin Anderson het in sy wedstryd teen Diego Schwartzman die eerste twee stelle verspot maklik gewen, maar daarna drie stelle verloor om sodoende uitgeskakel te word.
    • In die vroue-afdeling het (1) Simona Halep maklik met Elise Mertens afgereken om die kwarteind te bereik. (2) Caroline Wozniacki is egter uitgeskakel. Serena Williams het haarself kort voor die kragmeting teen Maria Sharapova onttrek as gevolg van ʼn besering. 

Bokrugby

  • Die Springbokke speel Saterdag in Johannesburg teen Engeland in die eerste van drie toetse. 
  • Intussen is al vier Britse Rugbyunies asook Nieu-Seeland en Australië bo Suid-Afrika op die wêreldranglys.
  1. Nieu-Seeland 93.99
  2. Ierland 89.11
  3. Engeland 86.23
  4. Australië 85.49
  5. Wallis 84.45
  6. Skotland 83.83
  7. Suid-Afrika 82.77
  8. Frankryk 79.10
  9. Argentinië 78.22
  10. Fidji 77.93 

Sewesrugby

  • Ná die Londen-toernooi van die wêreldreeks is Fidji nou sewe punte voor die Blitsbokke.
  1. Fidji 167
  2. Suid-Afrika 160
  3. Nieu-Seeland 133
  4. Australië 118
  5. VSA 105

Die laaste toernooi in die wêreldreeks word komende naweek in Parys gespeel. Intussen is Dewald Human en Mfundo Ndhlovu opgeroep om die beseerde Cecil Afrika en Branco du Preez te vervang. 

Superrugby

  • Ná die naweek se wedstryde is die Crusaders steeds eerste op die punteleer.
  1. Crusaders (K) 54
  2. Lions (K) 40
  3. Waratahs (K) 35
  4. Hurricanes 45
  5. Highlanders 40
  6. Chiefs 37
  7. Jaguares 34
  8. Rebels 34
  9. Sharks 28
  10. Stormers 25
  11. Brumbies 25
  12. Bulls 24
  13. Reds 19
  14. Blues 17
  15. Sunwolves 10

Junior Bokke

  • Die Wêreld-o.20-Kampioenskap se derde ronde word Donderdag in Frankryk gespeel. Suid-Afrika speel om 21:00 teen Frankryk. Intussen sal David Coetzer en Phendulani Buthelezi hulle vandag by die Bokkies aansluit as plaasvervangers vir Damian Willemse en Muller du Plessis wat beseer is.

Motorwedrenne

  • Ná die sesde Moto GP van die seisoen in Italië is Marc Marques steeds gemaklik voor op die punteleer.
1Marc MARQUEZHondaSPA95
2Valentino ROSSIYamahaITA72
3Maverick VIÑALESYamahaSPA67
4Andrea DOVIZIOSODucatiITA66
5Johann ZARCOYamahaFRA64

Gholf

  • George Coetzee het sy deelname aan vanjaar se Nedbank Uitdaagtoernooi bevestig. Die toernooi word van 8 tot 11 November in die Pilanesberg gespeel.
  • Die Sun City-uitdaging begin vandag as deel van die Sonskynreeks.
  • Op die jongste wêreldranglys is Bryson DeChambeau nou 22ste ná sy oorwinning die naweek.
  1. Justin Thomas
  2. Dustin Johnson
  3. Justin Rose
  4. Jon Rahm
  5. Jordan Spieth
  6. Bryson DeChambeau
  7. Louis Oosthuizen
  8. Branden Grace
  9. Charl Schwartzel 

Netbal

  • Op die Brutal Fruit Premierliga se jongste punteleer is die Gauteng Jaguars die enigste onoorwonne span.
  1. Gauteng Jaguars 14
  2. Western Cape Stings 10
  3. North West Flames 10
  4. Free State Crinums 10
  5. Gauteng Golden Fireballs 8

Sokker

  • In die toernooi om die Cosafa-beker speel Suid-Afrika vandag teen Namibië in die plaatkompetisie se halfeindstryd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.