Vandag se sportnuus

Atletiek

  • Rikenette Steenkamp (Tuks) het ʼn splinternuwe Suid-Afrikaanse rekord in die 100 m hekkies vir vroue in Praag opgestel. Rikenette het ʼn tyd van 12,91 sekondes aangeteken. Corien Botha se rekord van 12,94 sekondes het 21 jaar lank gestaan. 

Tennis

  • Die Franse Ope het gister sy tiende dag beleef en die eerste kwarteindstryde is afgehandel.
    • In die mansenkelspel het (7) Dominic Thiem vir (2) AlexanderZverev in drie stelle uitgestof. Die telling was 6-4, 6-2 en 6-2. Marco Cecchinato het vir (20) Novak Djokovic in vier stelle uitgeskakel om die halfeind te bereik. Vandag speel (1) Rafael Nadal teen Diego Schartzman en (3) Marin Cilic teen (6) Juan Martin del Potro.
  • In die vroue-afdeling het (10) Sloan Stephens sowel as (13) Madison Keys in skoon stelle na die halfeind deurgedring. (1) Simona Halep speel vandag teen (12) Angelique Kerber en (3) Garbine Mugaruza teen Maria Sharapova. 

Bokrugby

  • Die Springbokke speel Saterdag teen Engeland in Johannesburg in die eerste van drie toetse. Die Bokspan vir die kragmeting sal môre aangekondig word. 

Sewesrugby

  • Die laaste toernooi van die wêreldreeks word komende naweek in Parys gespeel. Die Blitsbokke het nog ʼn buitekans om weer die wêreldkroon te dra. Suid-Afrika is in groep B ingedeel.

Groep A: Fidji, Nieu-Seeland, Kenia, Samoa
Groep B: Suid-Afrika, Kanada, Rusland, Skotland
Groep C: Ierland, Australië, Wallis, Spanje
Groep D: Engeland, VSA, Argentinië, Frankryk 

Junior Bokke

  • Die Wêreld-o.20-kampioenskap se derde ronde (laaste groepwedstryde) word môre in Frankryk gespeel. Ses wedstryde is geskeduleer.

18:30

Italië teen Argentinië
Wallis teen Japan
Ierland teen Georgië

21:00

Engeland teen Skotland
Suid-Afrika teen Frankryk
Nieu-Seeland teen Australië

Motorwedrenne

  • Die aksie verskuif die week na Formule Een. Die Kanadese Grand Prix word Sondagaand Suid-Afrikaanse tyd gejaag. Lewis Hamilton is die voorloper op die punteleer.

1 Lewis Hamilton Mercedes 110
2 Sebastian Vettel Ferrari 96
3 Daniel Ricciardo Red Bull 72
4 Valtteri Bottas Mercedes 68
5 Kimi Raikkonen Ferrari 60

Gholf

  • Die Sun City-uitdaging se eerste ronde is gister op die Gary Player-baan gespeel.

1          Riekus Nortje             -4
2          Justin Harding            -3
Estiaan Conradie        -3
4          Louis de Jager            -2
Christiaan Basson      -2

  • In Amerika begin die Jude Classic môre in Memphis, Tennessee. 
  • In Europa slaan die spelers môre af in die Shot Clock Meesters in Oostenryk. 

Netbal

  • Die Brutal Fruit Premierliga word Vrydag in Pretoria voortgesit wanneer twee wedstryde gespeel word.

16:00: Jaguars teen Kingdom Stars
18:00: Aloes teen Crinums

Krieket

  • David Miller het hom weer by die span van die Dolphins aangesluit vir die komende seisoen wat oor vier maande begin. Miller het die afgelope twee jaar vir die Knights gespeel. 
  • Sri Lanka en die Wes-Indiese Eilande se eerste toets begin vandag op die Queen’s Park Ovaal in Port of Spain, Trinidad. 

Sokker

  • In die toernooi om die Cosafa-beker is die twee halfeindstryde van die plaatkompetisie gister gespeel. Bafana Bafana het vir Namibië met 4-1 verinneweer. Botswana het op hul beurt vir Swaziland met 2-0 geklop wat beteken Suid-Afrika en Botswana sal mekaar in die plaatfinaal pak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.