Vandag se sportnuus

Tennis

  • Die Franse Ope het gister sy 11de dag beleef en reën het verhoed dat al die kwarteindstryde afgehandel kon word.
    • In die mansenkelspel het (1) Rafael Nadal die eerste stel teen Diego Schartzman verloor (3-6) en Nadal was met 5-3 voor in die tweede stel toe die reën begin uitsak. Die telling in die eerste stel tussen (3) Marin Cilic en (6) Juan Martin del Potro was ses elk toe spel gestaak is.

 

  • In die vroue-afdeling het (1) Simona Halep vir (12) Angelique Kerber in drie stelle geklop. Die telling was 6-7, 6-3 en 6-2. (3) Garbine Mugaruza het Maria Sharapova met 6-2 en 6-1 uitgeskakel.

In vandag se twee halfeindstryde sal die twee Amerikaners (10) Sloan Stephens en (13) Madison Keys kragte meet. (1) Simona Halep speel teen (3) Garbine Mugaruza vir ʼn plek in die eindstryd.

Bokrugby

  • Die Springbokspan wat Saterdag in die eerste toets teen Engeland in Johannesburg uitdraf, word vandag bekendgemaak. Intussen het Bismark du Plessis (haker) en Frans Steyn (senter) hulle as gevolg van beserings aan die Springbokgroep vir die reeks onttrek. Die wedstryd begin Saterdag om 17:05 en Nieu-Seeland se Ben O’Keeffe sal in beheer wees van die wedstryd. Romain Poite en Glen Jackson is die assistent-skeidsregters.
  • Saterdag om 9:35 speel Nieu-Seeland teen Frankryk in Wellington.
  • Om 12:05 pak Australië en Ierland mekaar in Brisbane onder die wakende oog van Marius van der Westhuizen.
  • Argentinië en Wallis speel in San Juan in Argentinië teen mekaar. Jaco Peyper en Maruis Jonker is onder die beamptes.

Sewesrugby

  • Die laaste toernooi van die wêreldreeks word komende naweek in Parys gespeel. Dis veral Groep A en D wat sterk spanne het.

Groep A: Fidji, Nieu-Seeland, Kenia, Samoa

Groep B: Suid-Afrika, Kanada, Rusland, Skotland

Groep C: Ierland, Australië, Wallis, Spanje

Groep D: Engeland, VSA, Argentinië, Frankryk 

Junior Bokke

  • Die Wêreld-o.20-kampioenskap se laaste groepwedstryde word vandag in Frankryk gespeel. Daar is ses veranderinge aan die Bokspan gemaak vir vanaand se kragmeting. Wandisile Simelane sal op vleuel uitdraf en Lubabalo Dobela op losskakel. Manuel Rass sal senter speel, PJ Steenkamp is op flank, Ruan Vermaak op slot en Schalk Erasmus is die haker.

18:30

Italië teen Argentinië

Wallis teen Japan

Ierland teen Georgië

21:00

Engeland teen Skotland

Suid-Afrika teen Frankryk

Nieu-Seeland teen Australië

Motorwedrenne

  • Die Kanadese Formule Een Grand Prix word Sondagaand gejaag. Die wedren word op die Gilles Villeneuve-baan in Montreal afgehandel. Die eerste oefenrondes vind môre plaas waarna die kwalifisering Saterdag afgehandel word.

 

Gholf

  • Die Sun City-uitdaging se tweede ronde is gister op die Gary Player-baan gespeel.

139 – Jbe’ Kruger 75 64

142 – Louis de Jager 70 72

143 – Justin Harding 69 74, Wallie Coetsee 71 72, Neil Schietekat 71 72, Ulrich van den Berg 72 71

  • In Amerika begin die Jude Classic vandag in Memphis, Tennessee. Van die Suid-Afrikaners wat hulle stokke sal swaai is Charl Schwartzel en Retief Goosen.
  • In Europa slaan die spelers vanoggend af in die Shot Clock Meesters in Oostenryk. Justin Walters en Zander Lombard is onder die Suid-Afrikaners wat hul staal sal toon.

Netbal

  • Die Brutal Fruit Premierliga word Vrydag in Pretoria voortgesit wanneer twee wedstryde gespeel word. Saterdag word daar drie wedstryde gespeel.

15:00: Sunbirds teen Flames

17:00: Stings teen Baobabs

19:00: Fireballs teen Diamonds

Krieket

  • Dag een van die eerste toets tussen Sri Lanka en die Wes-Indiese Eilande is in Trinidad afgehandel. Die Windies het die loot gewen en na dag een was hulle op 246/6 (84 bb)

 

  • Stephen Cook, wat die kaptein van die Highveld Lions in die een dag- en meerdagreekse was, het uit sy pos bedank. Cook sal egter nog vir die Highveld Lions as speler beskikbaar wees.

Sokker

  • In die toernooi om die Cosafa-beker is die twee halfeindstryde gister in Polokwane gespeel.
    • Zimbabwe het Lesotho met 3-1 in ʼn doeluitskietstryd geklop om deur te dring na die eindstryd.

Zambië het op hul beurt Madagaskar met 1-0 geklop om die eindstryd te haal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.