Vandag se sportnuus

Atletiek

  • Die vyfde byeenkoms in die Diamantliga-reeks is gisteraand in Oslo Caster Semenya het eerste in die 800 m geëindig in ʼn tyd van 1:57.25 sekondes. Carina Horn was sesde in die 100 m in ʼn tyd van 11.22 sekondes.
  • Die 2018 Comrades-marathon word Sondag gehardloop. Vanjaar is dit ʼn af-wedloop van Pietermaritzburg na Durban.

Tennis

  • Die Franse Ope het gister sy 12de dag beleef en al die kwarteindstryde is nou afgehandel.
    • In die mansenkelspel het (1) Rafael Nadal in vier stelle met Diego Schartzman afgereken terwyl (5) Juan Martin del Potro vir (3) Marin Cilic uitgeskakel het om die halfeind te bereik.
  • In die vroue-afdeling is die twee halfeindstryde voltooi.

(10) Sloan Stephens het met (13) Madison Keys afgereken. Die telling was 6-4 en 6-4. (1) Simona Halep het die eindstryd gehaal deur (3) Garbine Mugaruza met 6-1 en 6-4 te klop.

Bokrugby

  • Die Springbokspan vir die eerste toets teen Engeland is bekend gemaak. Daar is drie nuwelinge in die span, naamlik die twee vleuels, S’busiso Nkosi en Aphiwe Dyantyi, asook die slot, RG Snyman. Die wedstryd begin môre om 17:05 in Johannesburg.

Sewesrugby

  • Die laaste toernooi van die wêreldreeks begin môre in Parys. Die Bokke se drie wedstryde in die groepfase word môre gespeel.

10:06 Suid-Afrika teen Skotland

13:02 Suid-Afrika teen Rusland

18:30 Suid-Afrika teen Kanada

Junior Bokke

  • Die Wêreld-o.20-kampioenskap se laaste groepwedstryde is gisteraand in Frankryk gespeel. Die Bokkies het veral in die eerste helfte swak gespeel en hulle het ʼn groot loesing van 46-29 teen die Franse op die lyf geloop. Suid-Afrika speel Dinsdag teen Engeland in die een halfeind en Nieu-Seeland kom teen Frankryk te staan in die ander halfeind.

Motorwedrenne

  • Die Kanadese Formule Een Grand Prix word Sondagaand gejaag. Die uitstaande aspek van die Gilles Villeneuve-baan is die stadige draaie en hoëspoed-pylvakke wat aan die baan die bynaam gegee het van die rembreker. Die pylvakke is lank genoeg om die topsnelheid te bereik, maar nie lank genoeg om die remme te laat afkoel nie.

Gholf

  • Die Sun City-uitdaging is gister op die Gary Player-baan afgehandel.

210 – Neil Schietekat 71 72 67

211 – Louis de Jager 70 72 69

212 – Jbe’ Kruger 75 64 73

213 – Ulrich van den Berg 72 71 70

  • In Amerika is die eerste ronde van die Jude Classic Memphis voltooi.

1 Seamus Power -5

2 Brooks Koepka -4

Phil Mickelson -4

Stuart Appleby -4

13 Retief Goosen -3

  • In Europa het die Shot Clock Meesters ook gister in Oostenryk begin.

1 Oscar Lengden -6

2 Miguel Ángel Jiménez -5

Peter Hanson P -5

Tapio Pulkkanen -5

5 Justin Walters -4

Netbal

  • Die Brutal Fruit Premierliga word vandag in Pretoria voortgesit wanneer twee wedstryde gespeel word. Môre word drie wedstryde afgehandel.

15:00: Sunbirds teen Flames

17:00: Stings teen Baobabs

19:00: Fireballs teen Diamonds

Krieket

  • Dag twee van die eerste toets tussen Sri Lanka en die Wes-Indiese Eilande is in Trinidad afgehandel.

Windies 414/8 verklaar aangeteken.

SL 31/3 (10 bb)

Sri Lanka is 383 lopies agter met 7 paaltjies staande.

Sokker

  • In die toernooi om die Cosafa-beker speel Bafana Bafana vandag in die plaateindstryd teen Botswana. Die wedstryd begin om 17:00 in Polokwane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.