Vandag se sportnuus

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke het die laaste toernooi van die wêreldreeks gewen en hulle het daarmee hul titel as Wêreldkampioen behou. Die Blitsbokke kom vanoggend net ná 10:00 op Kaapstad se Internasionale lughawe aan.

Op die finale punteleer het Suid-Afrika net twee punte voor Fidji geëindig.

  1. Suid-Afrika – 182 punte
  2. Fidji – 180
  3. Nieu-Seeland – 150
  4. Australië – 123
  5. Engeland – 122 

Bokrugby

  • Die Springbokke speel Saterdag in die tweede toets teen Engeland in Bloemfontein. Intussen is Schalk Brits (haker) in die Bokgroep opgeneem vir die res van die reeks teen Engeland. Op die jongste wêreldranglys is Suid-Afrika steeds sewende.

1 Nieu-Seeland 93.99
2 Ierland 88.05
3 Australië 86.56
4 Engeland 85.19
5 Wallis 85.13
6 Skotland 83.83
7 Suid-Afrika 83.81
8 Frankryk 79.10
9 Fidji 77.93
10 Argentinië 77.13

Junior Bokke

  • Die Wêreld-o.20-kampioenskap se halfeindstryde word vandag gespeel. Suid-Afrika speel om 19:00 teen Engeland en Nieu-Seeland kom om 21:00 teen Frankryk te staan. Daar is ses veranderinge aan die Bokkies se span aangebring. Dit sluit in dat David Coetzer op losskakel sal uitdraf, Phendulani Buthelezi op flank, Tiaan van der Merwe speel haker en Alulutho Tshakweni stut. 

Tennis

  • Ná die Franse Ope is Rafael Nadal eerste op die wêreldranglys terwyl Kevin Anderson na die agtste posisie teruggesak het.

1 Rafael Nadal
2 Roger Federer
3 Alexander Zverev
4 Juan Martin del Potro
5 Marin Čilić
6 Grigor Dimitrov
7 Dominic Thiem
8 Kevin Anderson

  • Simona Halep beklee die eerste plek op die vroueranglys gevolg deur Caroline Wozniacki en Garbiñe Muguruza. 

Motorwedrenne

  • Ná die Kanadese Formule Een Grand Prix is Sebastian Vettel (Ferrari) die nuwe voorloper op die punteleer.

1 Sebastian Vettel Ferrari 121
2 Lewis Hamilton Mercedes 120
3 Valtteri Bottas Mercedes 86
4 Daniel Ricciardo Red Bull 84
5 Kimi Räikkönen Ferrari 68
6 Max Verstappen Red Bull 50
7 Fernando Alonso McLaren 32 

Gholf

  • Die Amerikaanse Ope begin Donderdag en Dustin Johnson is weer die voorste speler op die wêreldranglys.

1 Dustin Johnson
2 Justin Thomas
3 Justin Rose
4 Jordan Spieth
5 Jon Rahm
33 Louis Oosthuizen
34 Branden Grace
44 Charl Schwartzel 

Kanovaart

  • Hank McGregor van Suid-Afrika sal nie sy wêreldtitel in K1 by die Wêreldmarathon-kampioenskap verdedig nie. Hy het verlede jaar sy 10de goue medalje by die marathon-kampioenskap in Pietermaritzburg gewen. McGregor sal wel aan die K2 deelneem.

Krieket

  • Die Proteas speel aanstaande maand teen Sri Lanka in twee toetse. Dale Steyn is terug in die span terwyl daar drie draaiers in die groep van 15 spelers ingesluit is.
  • Suid-Afrika se vroue speel vandag in hul tweede eendagwedstryd teen Engeland in Brighton.
  • Australië se kriekettoer deur Engeland skop môre af met die eerste eendagkragmeting.
  • Die tweede toets tussen Sri Lanka en die Wes-Indiese Eilande begin Donderdag.

Sokker

  • Fifa se Wêreldbekertoernooi begin Donderdag in Rusland. Daar is 32 lande wat in agt groepe ingedeel is wat sake sal uitspook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.