Vandag se sportnuus

Sokker

Die tweede grootste sportskouspel ter wêreld, Fifa se Wêreldbeker-sokkertoernooi, begin môre in Rusland. Die eerste wedstryd word tussen Rusland en Saoedi-Arabië gespeel. Altesaam 32 lande het gekwalifiseer om aan die toernooi deel te neem wat oor ʼn tydperk van vyf weke plaasvind. 

Vrydag

Egipte 14:00 Uruguay
Marokko 17:00 Iran
Portugal 20:00 Spanje 

Saterdag

Frankryk 00:00 Australië
Argentinië 15:00 Ysland
Peru 18:00 Denemarke
Kroasië 21:00 Nigerië 

Gholf

  • Die Amerikaanse Ope begin môre op Shinnecock Hills in New York. Die groeperings vir die eerste twee dae is bekend gemaak. Tiger Woods sal saam met die wêreld se twee top-spelers, Justin Thomas en Dustin Johnson, afslaan. Patrick Reed, Zach Johnson en Charl Schwartzel speel saam. Die ander vyf Suid-Afrikaners wat in aksie sal wees, is Branden Grace, Dylan Frittelli, Louis Oosthuizen, Dean Burmester en Ernie Els. 

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke het gister in Kaapstad geland nadat hulle die wêreldreeks verower het. Nou lê die Wêreldbeker vir sewes in Julie in San Francisco voor. Cecil Afrika en Kyle Brown is albei beseer en sal nie aan die toernooi deelneem nie. 

Bokrugby

  • Die Springbokspan wat Saterdag in die tweede toets teen Engeland in Bloemfontein speel word môre bekend gemaak. Beast Mtawarira sal in sy 100ste wedstryd vir die Bokke speel. Daar is nog kaartjies beskikbaar vir die toets wat om 17:00 afskop.

Junior Bokke

  • Die Wêreld-o.20-kampioenskap se halfeindstryde is gisteraand afgehandel. Suid-Afrika het teen Engeland te staan gekom en pak gekry. Engeland het met 32-31 gewen. Nieu-Seeland en Frankryk het swaarde gekruis in die ander halfeind en die Franse het die eindstryd bereik met ʼn 16-7-oorwinning. Die toernooi loop Sondag ten einde. 

Superrugby

  • Die program vir aanstaande jaar se reeks is gister bekend gemaak. Die eerste wedstryd in Suid-Afrika is op 16 Februarie (Pretoria) wanneer die Bulle en die Stormers kragte meet. Daar sal weer drie konferensies wees met vyf spanne elk. Die toernooi eindig op 6 Julie 2019. 

Motorwedrenne

  • Die aksie verskuif dié week na motorfietswedrenne. Die Moto GP van Catalunya vind Sondag in Barcelona plaas. 

Krieket

  • Suid-Afrika se vroue het gister in hul tweede eendagwedstryd teen Engeland in Brighton gespeel.

Engeland 331/6
Suid-Afrika 262/9 (50 bb)

Engeland wen met 69 lopies om die reekstelling nou een elk te maak.

  • Australië se kriekettoer deur Engeland skop vandag af. Die eerste eendagkragmeting vind in Londen plaas.
  • Die tweede toets tussen Sri Lanka en die Wes-Indiese Eilande begin môre.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.