Vandag se sportnuus

Sokker

  • FIFA se Wêreldbekertoernooi het gister in Rusland afgeskop. In die openingswedstryd het Rusland en Saoedi-Arabië kragte gemeet. Rusland het vroeg reeds hul eerste doel van die toernooi aangeteken en die wedstryd uiteindelik gemaklik met 5-0 gewen. 
  • Vandag word daar drie wedstryde gespeel:

Egipte 14:00 Uruguay
Marokko 17:00 Iran
Portugal 20:00 Spanje

Gholf

  • Die Amerikaanse Ope het gister op Shinnecock Hills in New York begin. Die spelers moes hard werk in sterk wind en tellings onder baansyfer was skaars.

1 Russell Henley -1
Dustin Johnson -1
Scott Piercy -1
Ian Poulter -1
5 Jason Dufner E
37 Louis Oosthuizen +4
46 Dean Burmester +5 

Van die bekendes wat gesukkel het, sluit in Bubba Watson +7, Phil Mickelson +7, Tiger Woods + 8, Jason Day +9 en Rory McIlroy +10. 

Bokrugby

  • Die Springbokspan wat Saterdag in die tweede toets teen Engeland in Bloemfontein speel is bekend gemaak. Beast Mtawarira word die sesde Springbok wat in 100 toetse sal speel. Twee veranderinge is aan die beginspan gemaak. Frans Malherbe vervang vir Wilco Louw op vasskop en Pieter-Steph du Toit neem die nommer sewe-trui oor by Jean-Luc du Preez.
  • Eddie Jones het ook net twee veranderinge aan Engeland se voorspelers aangebring vir die toets.
  • Ses internasionale wedstryde word die naweek gespeel:

Saterdag

Japan 07:00 Italië
Nieu-Seeland 09:35 Frankryk
Australië 00:00 Ierland
Suid-Afrika 17:05 Engeland
Argentinië 21:40 Wallis

Sondag

VSA 02:00 Skotland

Junior Bokke

  • Die Wêreld-o.20-ampioenskap loop komende Sondag ten einde. Suid-Afrika speel om 16:30 teen Nieu-Seeland vir die brons medalje. Frankryk en Engeland sal om 19:00 sake uitspook om die goue medalje. 

Motorwedrenne

  • Die Moto GP van Catalunya word Sondag in Barcelona gejaag. Die oefenrondes begin vandag, terwyl die kwalifisering môre afgehandel sal word. Die wedrenne begin Sondag om 11:00 vir Moto3, 12:20 vir Moto2 en 14:00 vir MotoGP. 
  • Die Le Mans-24-uur-uithouwedren word dié naweek gejaag. Fernando Alonso sal in aksie wees en probeer om nader te beweeg aan die groot driekuns in motorwedrenne. Alonso het die Monaco F1 Grand Prix reeds gewen, maar verlede jaar 24ste in die Indy 500 oor die eindstreep gejaag. Die derde been van die driekuns is Le Mans se 24-uur-uithouwedren. 

Tennis

  • By die Mercedes-beker in Stuttgart het die vier topgekeurde spelers almal na die kwarteind deurgedring. Hulle is (1) Roger Federer, (2) Lucas Pouille, (3) Tomas Berdych asook (4) Nick Kyrgios. 

Netbal

  • Die Brutal Fruit Premierliga se uitspeelwedstryde word vandag in Pretoria voortgesit.

Flames (Punteleer Pos. 3) 16:00 Kingdom Stars (Punteleer Pos. 6)
Crinums (Punteleer Pos. 4) 18:00 Fireballs (Punteleer Pos. 5) 

Krieket

  • Suid-Afrika se vroue speel vandag in die derde en finale eendagwedstryd teen Engeland in Canterbury. Die reekstelling is een elk.
  • Engeland en Australië se tweede eendagkragmeting word môre in Cardiff gespeel.
  • Die tweede toets tussen Sri Lanka en die Wes-Indiese Eilande het gister begin. Sri-Lanka het eerste gekolf en was almal uit vir 253. Aan die einde van dag een was die Windies op 2/0 (2 bb).
  • Indië en Afganistan se toets het ook gister in Bengaluru begin. Indië het die loot gewen en eerste gekolf. Aan die einde van dag een was Indië op 347/6 (78 bb).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.