Vandag se sportnuus

Bokrugby

  • Die Springbokspan het Saterdag in die tweede toets teen Engeland in Bloemfontein gespeel en ʼn uitstekende oorwinning van 23-12 behaal en ook die reeks gewen. Die derde en laaste toets word eerskomende naweek gespeel.
  • Vyf ander internasionale wedstryde is die naweek afgehandel:

VSA 30 – 29 Skotland
Argentinië 12 – 30 Wallis
Australië 21 – 26 Ierland
Nieu-Seeland 26 – 13 Frankryk
Japan 22 – 25 Italië

Junior Bokke

  • Die Wêreld-o.20-kampioenskap het gister ten einde geloop. Frankryk het Engeland in die eindstryd met 33 – 25 geklop om as die kampioen gekroon te word. Suid-Afrika het op sy beurt vir Nieu-Seeland met 40-30 geklop om die brons medalje te wen. 

Gholf

  • Die Amerikaanse Ope het op Shinnecock Hills in New York ten einde geloop. Brooks Koepka was die wenner ná ʼn finale ronde van 68 houe.

1 Brooks Koepka                 +1
2 Tommy Fleetwood           +2
3 Dustin Johnson               +3
16 Louis Oosthuizen        +10
25 Branden Grace                         +12 

Sokker

  • Fifa se Wêreldbeker-toernooi het gister sy vierde dag beleef. Van die belangrike uitslae die naweek lyk só:

Brasilië 1 – 1 Switserland
Duitsland 0 – 1 Mexiko
Costa Rica 0 – 1 Serwië
Kroasië 2 – 0 Nigerië
Peru 0 – 1 Denemarke
Argentinië 1 – 1 Ysland
Frankryk 2 – 1 Australië 

Vandag

Swede 14:00 Republiek van Korea
België 17:00 Panama
Tunisië 20:00 Engeland 

Motorwedrenne

  • Die Moto GP van Catalunya is gister in Barcelona gejaag. Die wedren is gemaklik deur Jorge Lorenzo (Ducati) gewen met Marc Marquez (Repsol Honda) tweede en Valentino Rossi (Movistar Yamaha) derde. Dit was Lorenzo se tweede oorwinning in ʼn ry. 
  • Die Le Mans 24 uur-uithouwedren is die naweek afgehandel. Fernando Alonso het saam met sy Toyota-spanmaats die wedren gewen. Daarmee het hy een stap nader aan die driekuns in motorwedrenne beweeg. Alonso het reeds die Monaco F1 Grand Prix gewen en nou ook Le Mans se uithouren. Nou moet Alonso net die Indy 500 nog wen om die driekuns te verseker. 

Tennis

  • Die Mercedes-beker is in Stuttgart (1) Roger Federer het (7)

Milos Raonic in die eindstryd met 6-4 en 7-6 geklop. 

Netbal

  • Die Brutal Fruit Premierliga se uitspeelwedstryde is die naweek in Pretoria voortgesit. Die Western Cape Southern Stings het die Free State Crinums in die halfeind met 23 doele geklop. Die Jaguars het op hul beurt die North West Flames met 56 – 45 uitgeskakel. 

Krieket

  • Suid-Afrika se vroue het Vrydag in die derde en finale eendagwedstryd teen Engeland in Canterbury gespeel. Engeland het die wedstryd gemaklik met 7 paaltjies gewen en die reeks daarmee met 2-1 ingepalm.
  • Engeland het Australië se tweede eendagkragmeting is in Cardiff gespeel.

Engeland het met 38 lopies geseëvier.

  • Die tweede toets word tussen Sri Lanka en die Wes-Indiese Eilande

Sri Lanka 253 & 334/8 (89 bb)
Windies 300

Dag 4: Sri Lanka loop met 287 lopies voor met 2 paaltjies staande.

  • Indië het Afganistan in Bengaluru met ʼn beurt en 262 lopies in hul enkel toets geklop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rupert Ashford ·

Arme Toyota. Uiteindelik “wen” hulle by Le Mans…?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.