Vandag se sportnuus

Bokrugby

  • Suid-Afrika het ná sy oorwinning oor Engeland met twee plekke op die jongste wêreldranglys verbeter.
  1. Nieu-Seeland
  2. Ierland
  3. Wallis
  4. Australië
  5. Suid-Afrika
  6. Engeland
  7. Skotland
  • Intussen blyk dit dat Rassie Erasmus vier tot vyf veranderinge aan die Bokspan gaan aanbring vir die derde toets Saterdag teen Engeland in Kaapstad. Die weer sal ook bepalend wees oor hoe die Bokke se spelpatroon sal lyk.

Gholf

  • Ná die Amerikaanse Ope op Shinnecock Hills in New York is Dustin Johnson steeds die wêreld se voorste speler.

1 Dustin Johnson
2 Justin Thomas
3 Justin Rose
4 Brooks Koepka
33 Louis Oosthuizen
34 Branden Grace

Sokker

  • Drie wedstryde is gister in Fifa se Wêreldbeker-toernooi in Rusland gespeel.

Tunisië 1 – 2 Engeland
België 3 – 0 Panama
Swede 1 – 0 Republiek van Korea 

Vandag se bepalings:

Colombia 14:00 Japan
Pole 17:00 Senegal
Rusland 20:00 Egipte 

Motorwedrenne

  • Die Moto GP van Catalunya is Sondag in Barcelona gejaag en Marc Marques is steeds gemaklik voor op die punteleer. Marques spog met 115 punte. Valentino Rossi (Movistar Yamaha) is met 88 punte tweede en Maverick Vinales (Movistar Yamaha) derde met 77 punte. Johann Zarco is vierde op sy Monster Yamaha Tech 3 met 73 terwyl Danilo Petrucci vyfde is op sy Alma Pramac Racing met 71 punte. 

Tennis

  • Op die jongste mansranglys verskyn Kevin Anderson se naam agtste.
  1. Roger Federer (SWE)
  2. Rafael Nadal (SPA)
  3. Alexander Zverev (DUI)
  4. Juan Martin del Potro (ARG)
  5. Grigor Dimitrov (BUL)
  6. Marin Cilic (KRO)
  7. Dominic Thiem (OOS)
  8. Kevin Anderson (RSA)
  9. David Goffin (BEL)
  10. John Isner (VSA)
  • Die week se aksie is by die Queens Klub-toernooi. Gister was daar oorwinnings vir Stan Wawrinka en Gilles Muller. Andy Murray maak vandag sy terugkeer na kompeterende tennis nadat hy ʼn heupoperasie ondergaan het. Murray speel vandag teen Nick Kyrgios.

Netbal

  • Die Brutal Fruit- premierliga van 2018 se eindstryd is deur die Gauteng Jaguars gewen. Die Jaguars het die kompetisie onoorwonne afgesluit toe hulle in die eindstryd met Western Cape Southern Stings afgereken het. Die telling was 49-47. 

Krieket

  • Engeland en Australië se derde eendagkragmeting word vandag op Trent Bridge gespeel. Engeland loop met 2-0 voor in die reeks van vyf wedstryde.
  • Die tweede toets tussen Sri Lanka en die Wes-Indiese Eilande het gister ten einde geloop en het onbeslis geëindig.

Sri Lanka 253 & 342
Windies 300 & 147/5

Intussen het Sri Lanka se kaptein, Dinesh Chandimal, onskuldig gepleit op bewerings dat hy met die bal gepeuter het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.