Vandag se sportnuus

Sokker

Drie wedstryde is gister in FIFA se Wêreldbeker-toernooi in Rusland gespeel. Die eerste ronde is na gister se eerste twee wedstryde voltooi, wat beteken al 32 spanne het ʼn wedstryd agter die rug.

Colombia 1 – 2 Japan
Pole 1 – 2 Senegal

Die opskudding van die eerste ronde was natuurlik Duitsland se pakslae wat hulle op die lyf geloop het teen Mexiko. Duitsland, wat die huidige wêreldkampioen is, is met 1-0 deur Mexiko oorrompel.

Onder die vyf groot gunstelinge het net Frankryk ʼn oorwinning behaal. Brasilië, Spanje en Argentinië het in die eerste ronde gelykop gespeel terwyl Duitsland verloor het.

Die tweede ronde is ingelyf deur die wedstryd tussen Rusland en Egipte. Rusland het met 3-1 geseëvier. 

Vandag se bepalings:

Portugal 14:00 Marokko
Uruguay 17:00 Saoedi-Arabië
Iran 20:00 Spanje 

Bokrugby

  • Die Nieu-Seelandse skeidsregter Glen Jackson sal Saterdag die fluitjie tussen Suid-Afrika en Engeland in die derde toets op Nuweland in Kaapstad hanteer. Romain Poite (Frankryk) en Ben O’Keeffe (Nieu-Seeland) is die assistent-skeidsregters en Simon McDowell (Ierland) is voor die TV.
  • Die Engelse oefen weer in Umhlanga en hul afrigter, Eddie Jones, sê sy span het die afgelope naweek beter gespeel en gaan komende naweek in Kaapstad nóg beter wees.

Gholf

  • Hierdie week val die kollig in Europa op die BMW Internasionale Ope wat in Pulheim, Duitsland, gespeel word.
  • In die VSA slaan die spelers môre af in die Travelers Kampioenskap. Dié toernooi word in Cromwell, Connecticut, afgehandel.

Tennis

  • Dié week se aksie is by die Queens Klub-toernooi. Gister was daar oorwinnings vir (1) Marin Cilic en (2) Grigor Dimitrof. (3) Kevin Anderson van Suid-Afrika het sy wedstryd in die eerste ronde teen Leonardo Mayer in drie stelle verloor. Andy Murray het sy eerste wedstryd in ʼn jaar gespeel en Nick Kyrgios het Murray in drie stelle verslaan.

Motorwedrenne

  • Die Formule Een Grand Prix van Frankryk word Sondag gejaag. Die voorloper op die punteleer (na sewe wedrenne) is Sebastian Vettel (Ferrari) met 121 punte. Lewis Hamilton (Mercedes) is tweede met 120 punte en Valtteri Bottas (Mercedes) beklee die derde plek met 86 punte. Daniel Ricciardo (Red Bull) is vierde met 84 en Kimi Raikkonen (Ferrari) vyfde met 68.
  • Intussen het Red Bull ʼn ooreenkoms met Honda geteken om vir die volgende twee jaar enjins aan Red Bull te verskaf.

Krieket

  • Engeland en Australië se derde eendagkragmeting is gister op Trent Bridge gespeel. Engeland het ʼn splinternuwe wêreldrekord opgestel toe hulle 481/6 in 50 boulbeurte aangeteken het. Dit is 37 lopies meer as die vorige rekord van 444. Australië is vir net 239 uitgeboul wat aan Engeland ʼn oorwinning van 242 lopies gegee het. Engeland palm daarmee die reeks met 3-0 in met twee wedstryde wat oorbly.
  • Suid-Afrika se vroue speel vandag in twee T20-kragmetings teen onderskeidelik Nieu-Seeland en Engeland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.